Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Comair: Sprei die winsvlerke wyer
21 Maart 2019

Comair se uitvoerende hoof, Erik Venter, is meer as twee dekades by dié maatskappy. Om die onderneming te laat groei, het die fokus verder as die lugdiensbedryf verskuif.

’n Vliegtuig van die laekoste-lugdiens Kulula by die internasionale lughawe OR Tambo in Johannesburg.

Dit was die kans van ’n gratis vliegtuigkaartjie wat Erik Venter na Comair gebring het. “ ’n Vriend van my pa het voorgestel dat ek by Comair aansoek om werk doen ... maar ek was op die punt om per bus na Harare te reis om ’n vriend te besoek,” sê Venter.

“Aangesien die werkaansoek ’n gratis vliegtuigkaartjie ingesluit het, het my rekenmeestersbrein besluit dis ’n goeie idee.”

Dit was 23 jaar gelede. Nadat hy sy graad by die Universiteit van Kaapstad behaal het, het Venter sy leerkontrak by KPMG voltooi. Hy het by Comair beging as finansiële bestuurder. Hy het in verskillende hoedanighede in die groep gewerk voordat hy in 2013 uitvoerende hoof geword het.

Sy lewe het verander

Natuurlik het die wêreld verander sedert Venter in die middel negentigerjare by die maatskappy aangesluit het. Miskien is die grootste enkele verandering dat Comair as ’n beleggingkeuse nie net op sy gevestigde lugvaartbedrywighede kan staatmaak nie.

Daarom het Venter drie jaar gelede ’n diversifikasiestrategie ingestel wat basies gemik is op voor- en návlugverbruikerservarings. Handelsmerke soos die SLOW- en SLOW in The City-sitkamers en Kulula.holidays is welbekende verbruikerservarings.

Die maatskappy het ook ’n voedselonderneming wat sy eindpuntsitkamers en dié van ander lugdienste bedien. Venter wil hê dit moet groei, veral op die vasteland. Maar dit is op die gebied van tegnologie waar nuwe geleenthede bestaan.

’n Nuwe aanlyn platform sal binnekort in werking tree en is gemik op die hoë buitelandse inkomstegroepe in die luukse reissektor, ’n deel van die toerismebedryf wat hulle geïdentifiseer het as ’n hoëgroeisektor. Comair het die afgelope drie jaar R26 miljoen aan dié inisiatief toegewys. “Die idee is om die platform op jou foon te kry, waar jy jou reisbesonderhede kan organiseer en aanbevelings kry oor plekke om te bly,” sê Venter.

Die strategie, wat drie jaar gelede as ’n vyfjaarplan ingestel is, is om nie-lugvaartbedrywighede te ontwikkel tot die punt waar dit die helfte van die hele Comair-aanbieding verteenwoordig, in vergelyking met sowat 23% van die totaal vandag.

Voorheen was Comair afhanklik van die sakenetwerk van, in die geval van Duitsland, ’n enkele reisagent. Dié benadering is vandag nie meer voldoende nie, en hoewel Venter twyfel of Suid-Afrika die infrastruktuur het om ’n groot toeriste-invloei te ondersteun soos Nieu-Seeland behaal het (met behulp van die Lord of the Rings-aanhangers) is luukse safari’s, byvoorbeeld, dalk ’n goeie begin.

Die strategie, wat drie jaar gelede as ’n vyfjaarplan ingestel is, is om nie-lugvaartbedrywighede te ontwikkel tot die punt waar dit die helfte van die hele Comair-aanbieding verteenwoordig, in vergelyking met sowat 23% van die totaal vandag. Daar is egter ’n verdere probleem, naamlik dat dié teiken bereik moet word sonder om lugvaart te benadeel, wat geposisioneer word vir wanneer daar weer groei plaasvind.

Die realiteit in die lugvaartbedryf is dat groei in passasiersyfers slegs plaasvind as die bruto binnelandse produk teen 2% of meer groei. Dit moet dus teleurstellend gewees het om te hoor hoe Tito Mboweni, die minister van finansies, vanjaar se groeivoorspelling tot 1,5% verlaag het (van vorige ramings van 1,7%).

BBP-groei van 2% word, op die vroegste, eers van 2021 verwag. “Sodra die BBP-groei onder 2% daal, sien ons net totale stagnasie in lugreisgroei,” sê Venter. “Ons sien al ’n tyd lank daar is baie beperkte groei in die Suid-Afrikaanse mark. Oor die afgelope agt jaar was groei ongeveer 4,5%, terwyl dit in die internasionale mark 5% per jaar was. So ons sit tans feitlik in ’n stagnante plaaslike mark, en dit is regtig wat ons ’n ruk gelede aangespoor het om na diversifikasie te begin kyk.

“Ons bly op die oomblik amper by in die lugdiensbedryf. Ons sê: ‘Wel, ons moet maar net vasbyt totdat ons weer ekonomiese groei sien.’ As dit die geval is, moet ons eenvoudig elders beter groei as net in die lugdiensbedryf vind,” sê hy. Dit is nie te sê daar is geen groei in die lugdiensbedryf nie.

Erik Venter, uitvoerende hoof van Comair

Comair het sy vloot gemoderniseer en doeltreffender vliegtuie gekoop, wat die lug- vaartafdeling in staat stel om meer effektief te wees, al beteken dit nie meer inkomste nie. “Maar dit kan nie vir ewig aanhou nie,” waarsku hy. “Dit is regtig waarom ons probeer om te verseker dat die groei van die ander ondernemings vinnig genoeg is om eintlik ’n soort hokkiestok-effek te bereik om te vergoed vir die feit dat ons nie voortdurend net vordering kan maak met doeltreffendheid nie.

“Ons weet nie wanneer ons weer enige betekenisvolle ekonomiese groei gaan kry nie. Ons hoop dat ons binne 24 maande dalk by 2% sal uitkom, maar niemand weet nie. Dit hang seker maar af van hoe positief die regering beskou sal word wat betref beleggersvriendelike beleid in die toekoms.

“Maar in die tussentyd moet ons ’n soort swakstegeval scenario aanvaar en bereid wees om ’n bietjie langer uit te hou.” Daar is ’n mate van troos vir maatskappye soos Kulula. ’n Mens sien hoe vinnig verbruikersvertroue kan terugkeer na die passasiersmark.

Toename in binnelandse reise

Toe die voormalige president, Jacob Zuma, in Februarie verlede jaar uitgetree het, was daar ’n maand lank ’n toename in binnelandse reise – ’n verwikkeling wat Venter toeskryf aan korporatiewe kliënte wat besluit het om voort te gaan met projekte wat vroeër uitgestel is.

“Ons het dit selfs met die vakansiegangersmark gesien: Mense het net die vertroue gehad om geld te bestee. Daar was dus ’n bietjie van ’n oplewing van mense wat by Fancourt gholf gaan speel het en dié soort ding.

Ons was verbaas om te sien hoe vinnig die mark gereageer het. Die regstreekse nuus van ons korporatiewe kliënte was dat hulle nou voortgaan met dinge wat vyf jaar of ses jaar lank uitgestel is. Ek dink dus die vraag is daar, maar dit moet die vertroue hê.”

Comair was lank trots om te sê hy het nooit oor ’n bedryfsverlies verslag gedoen nie, en die groep se onlangse tussentydse prestasie dui aan dié prestasie sal gehandhaaf word. Kontant het heelwat gedaal, maar beleggers was relatief optimisties. Trouens, die aandeelprys in die maatskappy het in Februarie met meer as ’n kwart gestyg ná ’n bevinding in die hooggeregshof waarin Comair R1,1 miljard in skadevergoeding toegeken.

Dit volg nadat die staatsbeheerde Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) skuldig bevind is aan onmededingende gedrag en gelas is om skadevergoeding te betaal. Die feit is egter dat die kontant oor drie jaar betaalbaar is en belasting eers betaal moet word. Dit is nie so ’n groot meevaller as wat dit aanvanklik gelyk het nie.

Lugvaartvaardighede is nie eens wêreldwyd beskikbaar nie, ten spyte van die feit dat baie Europese lugdienste onlangs gesluit het,” sê hy.

Die SAL en sy voortslepende bedryfsprobleme frustreer Venter baie. Hy verwag min van die regering se beloftes om ondernemings in staatsbesit te verbeter en dat dit tot strukturele veranderinge tot almal se voordeel sal lei. “Ek dink hulle grootste uitdaging is ’n massiewe vaardigheidstekort.

Lugvaartvaardighede is nie eens wêreldwyd beskikbaar nie, ten spyte van die feit dat baie Europese lugdienste onlangs gesluit het,” sê hy.

Hy verwys nie na vlieëniers en grondpersoneel nie, poste wat hy beskou as “generies” en relatief maklik om op te lei, hoewel dit duur is. Dit is eerder die gespesialiseerde finansiële en kommersiële funksies wat pryse, sitplekke en reëlings beheer; met ander woorde, inkomste-optimalisering en -integriteit, sowel as spesialishuur en -instandhouding.”

Daar is so baie gebiede waar jy eenvoudig nie ’n generiese persoon kan vat, hom in ’n pos plaas en verwag dat hy sal regkom nie,” sê hy. Venter sê daar is waarskynlik 200 tot 300 poste in die SAL wat spesialisvaardighede nodig het wat nie meer daar is nie. “Nou, hoe oorkom jy dit? Daar is nie ’n enkele raadgewende firma in die wêreld wat hulle ’n hele poel mense kan gee om dit te hanteer nie. En dit is die uitdaging. Dit help nie om ’n paar senior bestuurders te hê nie en niemand n die middelbestuur wat die vaardighede het nie.”

* Stuur 'n boodskap aan terugvoer@finweek.co.za

Meer oor:  Finweek  |  Erik Venter  |  Comair
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.