Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele-mening: Coronation
9 Mei 2019

Toe Coronation* verlede jaar in die omgewing van net meer as 4 000 sent was, het ek gesê dat hy fantastiese waarde bied, met ’n historiese dividendopbrengskoers van sowat 10%.

Daar was beslis die risiko dat die verdienste kon terugsak, maar selfs al het dit met 20% gedaal, het dit steeds ’n opbrengskoers van 8% gebied. Die aandeelprys het intussen sterk gestyg en het by die skryf hiervan 6 000 sent genader.

Baie mense vra of dit tyd is om te verkoop, maar ek dink nie so nie. Die opbrengskoers is steeds sowat 7,5% en die bates onder bestuur vir die kwartaal tot Maart sal waarskynlik sowat R570 miljard bedra. Maar hier is wat werklik uitstaan: met die plaaslike mark sover vanjaar sowat 13% hoër sal sy wins vir die kwartaal ook groter wees.

Met die plaaslike mark sover vanjaar sowat 13% hoër sal sy wins vir die kwartaal ook groter wees.

Batebestuurders hef tariewe op die bates onder bestuur, en as markte styg, styg die waarde van die bates onder bestuur en gevolglik hul tariewe ook. As hulle dan prestasiegelde ook kan kry, beteken dit selfs meer wins.

Die aandeel kan by 6 000 tot 6 500 sent korttermyn- weerstand ondervind, maar ek dink steeds dit het heelwat stygpotensiaal sodra dit deur dié weerstand breek. *Die skrywer besit aandele in Coronation. 

Meer oor:  Coronation  |  Finweek  |  Aandele-Mening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.