Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Curro: Nader koopvlakke
5 November 2020
Curro

Die aandeelprys van Curro, ’n private-onderwysmaatskappy wat deur PSG beheer word, het die afgelope vyf jaar met meer as 75% gedaal. Die maatskappy het in Junie ’n regte-uitgifte van R1,5 miljard aan aandeelhouers aangekondig om onder meer skuld te verminder. Dit was 85,3% volskryf.

PSG het die aanbieding onderskryf en die res van die nuwe aandele opgeneem, wat sy belang in die maatskappy van 55,4% voor die aanbieding tot 60% verhoog het.

Vooruitsigte:

Die aandeelprys begin weer binne sy groot daaltendens styg – ’n teken dat kopers stadig toeneem. Die styging het in Junie begin toe die regte-uitgifte aangekondig is.

Op die grafieke:

Curro is kort van die weerstandtendenslyn van die langtermyn-daaltendens. ’n Deurbraak deur dié tendenslyn sal die einde van pessimistiese sentiment en ’n toename in beleggersvertroue aandui – wat tot aandeelprysstygings sal lei.

Lang posisie:

Die weerstandtendenslyn sal bo 1 180c per aandeel oorgesteek word, en ’n positiewe uitbreking uit die daaltendens sal bo 1 520c bevestig word (’n sleutelsteunvlak wat van 2013 dateer). Neem dan ’n lang posisie in.

Met dié dat die drieweekse indeks van relatiewe sterkte (3W RSI) egter onlangs oorkoop was, kan Curro onder die tendenslyn omswaai namate die 3W RSI reggestel word. As steun bo 900c (655c) hou, kan ’n uitbreking kom.

Lang posisies kan bo 2 055c vergroot word omdat stygings ná die volgende weerstand by 2 925c (2 865c) dan kan volg.

Kort posisie:

’n Omswaai deur 730c (655c) sal bloot die huidige daaltendens verleng, en Curro kan weer sy algehele laagtepunt van 465c toets.

* Stuur 'n boodskap aan terugvoer@finweek.co.za

Meer oor:  Finweek  |  Curro  |  Beleggings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.