Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Deurkruis Kaap in dinamiese Gran Turismo-motor
20 Desember 2018
LED-kopligte met lense wat strek tot by die groot niervormige sierrooster.

'n Luukse prestasiemotor wat vir gerieflike langafstandritte ontwerp is, ’n gran turismo (of sommer GT onder vriende) wat lang afstande agter die stuur besonder bevredigend en moeiteloos maak.

Die weelderige en dinamiese BMW 6-reeks Gran Turismo was die perfekte keuse om die Wes-Kaapse kronkelpaaie aan die kus, die uitgestrekre draaie deur die berge en die lang ente oop paaie aan te durf.

Finweek het die rit aangepak in een van die twee BMW 6-reeks Gran Turismo-modelle wat in die land beskikbaar is; die dieselweergawe BMW 630d GT.

Elegante romp

Dié vierdeur-GT het die profiel van ’n koepee danksy ’n langer daklyn wat met ’n skerp hoek na sy agterkant strek wat 64mm laer as dié van sy voorganger is.

BMW se kenmerkend harmoniese ontwerp, sluit sy bekende niervormige sierrooster, LED-kop- en misligte voor in. Maar, die astrante, konkawe agterkant lyk ietwat teenstrydig met die res van die vloeiende vleuelrugontwerp.

Die BMW 630d GT se koepee-agtige profiel en drukvin wat outomaties na agter verstel.

Dié ontwerp en die drukvin, wat outomaties na agter verstel, getuig van ’n atletiese masjien, ’n voorkoms wat versterk word deur BMW se opsionele M Sport-pakket.

Dié pakket voeg baie binneruim- en eksterne kenmerke teen ekstra koste by. Die toetsmotor, wat uitgerus was met 20 duimPirelli-bande, groot, blou remknypers en M Sport-wapens, het oorgeloop van ratsheid.

Hierdie 6 reeks GT is 150 kg ligter as sy voorganger, maar is, teen 5 091 mm, 87 mm langer as die vorige geslag – die BMW 630d GT is dus nie ’n kleinding nie.

Kajuitgerief

Die kajuit is ontwerp vir genot en gerief en hou die bestuurder in gedagte met ’n leerstuur, ergonomiese, sagte Nappa-leersitplekke, ’n verhewe sitposisie en ’n panorama glassondak.

En ’n mens word verder vertroetel deur verhitte sitplekke en ’n masseerfunksie met agt stellings, wat teen bykomende koste beskikbaar is.

Die stuurinrigting en inligtingsvermaak-omgewing is doelontwerp vir BMW se iDrive-stelsel, wat deur middel van óf ’n 10,25”-gebruikersvriendelike raakskerm, ’n kontrole op die middelkonsole óf deur middel van stembeheer werk.

Die luukse bestuurspaneel met sy 10,25 duim infovermaak-raakskerm.

Gebaarbeheer kan as ’n opsionele ekstra bygevoeg word. Soos te verwagte in ’n luukse voertuig, is daar talle konnektiwiteits- en inligtingsvermaakaanbiedings soos satnav, intydse verkeersinligting, talle slimfoonkonnektiwiteitskenmerke, insluitend Apple CarPlay, Bluetooth- draadlose laai van slimfone, USB-poorte, ’n stereostelsel met ses luidsprekers en ’n DVD-speler.

Die jongste weergawes van geoutomatiseerde stuur is ook beskikbaar. BMW se Driving Assist-opsie sluit in aktiewe spoedbeheer met ’n stop-en-ry-funksie, stuur- en baanbeheerhulp, baanwisselhulp, baanverlaatwaarskuwing, botswaarskuwing en dwarsverkeerwaarskustelsel.

Parkering met afstandsbeheer deur middel van ’n BMW-vertoonsleutel kan ook bestel word (en ja, dit kos ekstra).

Die GT het ’n EuroNCAP 5-sterbotsgradering. Standaardveiligheidskenmerke sluit in talle lugsakke vir voor en agter, syslagbeskerming in die deure, en ’n botssensor wat nie net die lugsakke aktiveer nie maar wat ook die gevaarligte aanskakel, die deure oopsluit en die brandstofpomp deaktiveer.

Die BMW 630d GT is die volmaakte toermotor, een met talle kenmerke van BMW se voorste 7 Reeks. Dit is ’n prima motor; dis ligter, sportiewer en doeltreffender as sy voorganger.

Tradisionele GT-motors is gewoonlik tweedeurkoepees met twee sitplekke of ’n konfigurasie van twee sitplekke voor en twee agter, maar die vierdeur-BMW 630d GT, met sy drie volgrootte-sitplekke agter, bied met gemak sitplek aan vyf volwassenes.

Die beenruimte agter word net deur dié van die BMW 7 Reeks geëwenaar. Al is die voertuig 21 mm laer en sy daklyn ook laer, is sy kopruimte agter steeds ruim.

Skerms van tabletgrootte aan die agterkant van die voorste kopleunings is opsioneel, wat vermaak agter in die motor ’n werklikheid maak terwyl die standaard- outomatiese vensterskerms jou teen die son en nuuskierige verbygangers beskerm.

Dis nie nodig om min bagasie op ’n rit in dié GT saam te neem nie, want die bagasieruimte, wat reeds 610 liter is, kan tot 1 800 liter vergroot as jy die agtersitplekke wegvou met behulp van ’n afstandsbeheerde ontkoppelingstelsel in die kattebak.

Op die oop pad

Die GT is miskien ’n diesel, maar dis die stilste diesel wat ek nog ooit teëgekom het . . . en ek hét al baie bestuur.

Dis voorwaar besonder stil – binne én buite. Nog ’n pluspunt vir diegene wat nie van dieselmotors hou nie is sy enorme reisafstand – ver meer as 1 000 km – en ’n verlaging in brandstofverbruik en CO2-vrystellings vergeleke met sy voorganger.

Dan is daar natuurlik daardie wringkrag wat verbysteek – selfs op die steilste bulte – kinderspeletjies maak.

Om hierdie prestasie-GT te bestuur, is myle beter as om ’n hoëprestasiesportmotor op ’n lang rit te bestuur.

Die 630d GT is fyn afgewerk, maar ook dinamies. Hy baan sy weg moeiteloos deur verkeersknope danksy die halfoutonome bestuurskenmerke, tog kom hy tot sy reg op die oop pad waar hy, ondanks sy lengte, besonder vlugvoetig .

Dis ontwerp vir die lang pad, want sy fokus is op gerief met sy standaardlugvering agter wat hom outomaties waterpas hou. Lugvering op twee asse, dinamiese demperbeheer, aktiewe rolstabilisering en integrale aktiewe stuur is opsioneel.

Sportmodus

Die GT is lekker rats, en die sagte vering verstewig wanneer daar na die sportmodus oorgeskakel word. ’n Uitgestrekte, laeprofiel- aërodinamiese romp met aktiewe lugklapbeheer, lugskerms en -inlate skakel sleur- en windgeraas in die GT uit, terwyl die drukvin, wat outomaties verstel, die afwaartse druk agter verhoog om die stuurdinamika te optimaliseer en om die motor teen ’n hoë spoed stewig op die pad te hou.

’n Mens sou dink dat omdat die motor lank en slank is, hy sy agterlyf om draaie sal rondswaai, maar dis nie die geval nie want hy klou vas aan die teer.

Sit jou regtervoet in die hoek en die motor skiet vorentoe en spog met ’n indrukwekkende wieltol as hy wegspring.

Die grom van die dubbelchroomuitlaatpype brul kwaaier in sportmodus. Sit jou regtervoet in die hoek en die motor skiet vorentoe en spog met ’n indrukwekkende wieltol as hy wegspring.

Die outomatiese 8-gangratkas is foutloos, maar jy kan die omwentelings en prestasie opjaag deur die spane aan die stuur in te span.

Die GT het tonne krag, maar omdat dit so verfynd is, is die spoed bedrieglik – waaraan die opsionele voorruitvertoonpaneel in die toetsmotor my herhaaldelik herinner het. Om hierdie prestasie-GT te bestuur, is myle beter as om ’n hoëprestasiesportmotor op ’n lang rit te bestuur.

Die GT se 3.0 liter enjin het TwinPower Turbo-tegnologie.

Dit is glad nie vermoeiend nie, terwyl die bestuur van ’n hoëprestasiesportmotor nogal vermoeiend kan wees, veral op die lang pad. Die toetsrit het ons al die pad na die ouderwetse vissersdorpie van Arniston geneem waar vars vis volop is maar nie brandstof ni

Ek was nie bewus van dié feit nie en het die risiko geloop dat ek sonder diesel sou gaan staan. Dit was slegs die 630d se indrukwekkende brandstofverbruik en ’n bietjie besadigde bestuur wat dié vreeslike fout verhoed het.

Dit is nie ’n goedkoop motor nie, maar dan spog dié vierdeur-GT met luukses, gerief en ruimte, om nie te praat van prestasie en hantering nie.

Ek kon my nie indink dat om ’n lang pad in ’n groot motor aan te durf so ontspanne en genotvol sou wees nie, of dat dit glad nie my beursie sou skud nie.

Met ’n kombinasie van “energieke” bestuur, ’n gesonde dosis binne die spoedbeperkings, en nou en dan in die “eko”-modus wat tot op 120 km/h gebruik kan word, het die 630d GT ’n indrukwekkende 5,8 liter/100 km met ’n volgelaaide bagasiebak behaal.

Die BMW 630d GT is die perfekte toermotor, een met talle kenmerke van BMW se voorste 7 Reeks. Dit is ’n prima motor; dis ligter, sportiewer en doeltreffender as sy voorganger.

Dit is nie ’n goedkoop motor nie, maar dan spog dié vierdeur-GT met luukses, gerief en ruimte, om nie te praat van prestasie en hantering nie. 

  • Stuur 'n boodskap aan terugvoer@finweek.co.za

PADTOETS: BMW 630d Gran Turismo

Enjin: 3,0-liter-sessilinder- dieselenjin met TwinPower Turbo-tegnologie Transmissie: Agtgang- Steptronic-transmissie Krag/Wringkrag: 195 kW/620 Nm 0 – 100 km/h: 6,1 sekondes Topspoed: 250 km/h Bagasieruimte: 610 liter (vergroot tot 1 800 liter) Brandstoftenk: 66 liter Brandstofverbruik: (gekombineerde rit): 5,6 liter/100 km CO2-vrystelling: (gekombineerde rit): 147 g/km Veiligheid: EuroNCAP 5 sterre Motorplan: 5 jaar/100 000 km Prys: R1 127 316 (Sluit BTW en CO2-belasting in).
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.