Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Die belang van ons onderwysers
6 Desember 2018

Die meeste van ons het ’n gunsteling-onderwyser gehad. Hulle het moontlik bykomende moeite gedoen om ingewikkelde konsepte te verduidelik, het jou onverdiende lof toegeswaai en erkenning gegee, of was gaaf en ondersteunend tydens ’n moeilike tyd.

Dalk het hulle iets spesiaal in die jong jou raakgesien wat jy nog nie self ontdek het nie: hulle het meer van jou verwag as wat jou prestasie regverdig het.

Nuwe navorsing toon dat ons dié onderwysers dankbaar moet wees. Drie Amerikaanse ekonome, in ’n referaat van die nasionale buro van ekonomiese navorsing (NBER) toon dat onderwysverwagtings saak maak om student se onderwysuitkomste te verklaar.

Die gedagte dat onderwysers ’n sterk invloed op hul studente het, is natuurlik nie nuut nie. Die duidelike of subtiele boodskappe wat onderwysers aan studente gee oor hulle potensiaal behoort, teoreties gesproke, ’n groot en langdurige uitwerking te hê; ’n student wat gereeld hoor sy is vrot met wiskunde, sal hoogs waarskynlik baie swakker in ’n toets vaar vergeleke met ’n student van die dieselfde vermoë wat gereeld positiewe aanmoediging kry.

Dit was altyd moeilik om dié skakel tussen onderwyserverwagtings en studente-uitkomste kousaal te bewys. Miskien kon die onderwyser wiskundepotensiaal heel vroeg identifiseer en het net aan die twee studente hulle verwagte voordele en nadele aangedui. Die drie outeurs het egter ’n unieke manier gevind om te toon dat onderwyserverwagtinge tog saak maak. Hulle gebruik ’n nasionaal verteenwoordigende monster van onderwysverwagtings om eerstens te toon dat hulle dikwels ooroptimisties is oor die leerpotensiaal. Hulle toon dan aan dat dié optimisme vrugte dra.

Omdat twee onderwysers hulle verwagtings vir elke student in die datastel aandui, kan die outeurs die variasie in die onderwysers se evaluasie gebruik as ’n manier om die uitwerking van onderwyserverwagtings kousaal te meet. Die studente wat ’n hoër gradering van onderwysers ontvang, gekontroleer vir ander waarneembare faktore en die ander onderwyser se gradering, blyk ook hoër akademiese uitkomste te bereik: dit is meer waarskynlik dat hulle byvoorbeeld universiteit toe sal gaan.

Onderwyserverwagtings, sê die outeurs, word ’n selfvervullende professie. ’n Te optimistiese gradering, gegewe die student se inherente vermoë, kan hom aanspoor om bo sy “veronderstelde” vlak te presteer. Daar is ook ’n donker kant hieraan verbonde.

Meer realistiese verwagtings van student se onderwysvooruitsigte kán teenproduktief wees. ’n Student wie se onderwyser voorspel dat dit onwaarskynlik is dat hy sy hoërskoolloopbaan sal voltooi is meer geneig om dit nie te voltooi nie as een met soortgelyke eienskappe, maar ’n meer optimistiese voorspelling. Dit kan tot diskriminasie lei omdat mansonderwysers minder optimistiese voorspellings vir vrouestudente mag hê, en wit onderwysers kan minder optimistiese voorspellings vir swart student hê. Hoe om hierdie (dikwels onuitgesproke) vooroordele op te los, is ’n moeilike vraag.

’n Te optimistiese gradering, gegewe die student se inherente vermoë, kan hom aanspoor om bo sy “veronderstelde” vlak te presteer.

Een antwoord kan wees om te fokus op aanstellings vanuit ’n meer diverse onderwyserpoel. Om onderwysers uit dieselfde sosio-ekonomiese of etniese agtergrond te hê kan ook ander positiewe gevolge hê. ’n Tweede NBER-referaat, wat onlangs deur ’n span van vyf outeurs gepubliseer is, toon dat swart studente in die Tennessee-skoolstelsel wat lukraak in graad 3 tot ’n swart onderwyser toegewys is 7% meer waarskynlik hoërskool suksesvol sal voltooi, en 13% meer waarskynlik universiteit toe sal gaan as hulle klasmaats wat aan ’n wit onderwyser toegewys is. Hulle skryf dit toe aan die “rolmodeleffek”.

Swart onderwysers, voer hulle aan: “voorsien ’n kritieke teken wat swart student hulle aannames oor opbrengs op poging laat hersien”. Met ander woorde, deur die blote feit dat hulle in die klaskamer is, toon swart onderwysers aan swart studente wat moontlik is.

Johan Fourie

In ’n reeks twiets, bevraagteken Trevon Logan, ekonomie-professor aan die Ohio-staatsuniversiteit, dié “rolmodel”-vertolking. Die referaat se bevindings behels dat die optrede van die onderwyser of die leerling geen invloed op die uitkoms kan hê nie. Die aanname is dat om bloot voor ’n klas met ’n graad te staan is genoeg om ’n student se optrede te verander.

“Swart onderwysers bring vaardighede en pedagogiese benaderings werk toe. Om onderwyseroptrede te negeer keer ons om te kyk na wat onderwysers aan en vir studente doen. Dit ontken ook uitgebreide literatuur in swart onderwysstudies oor unieke strategieë wat swart onderwysers gebruik.

En dit behels dat wit onderwysers nie nodig het om te verbeter wat swart studente aanbetref nie.” Logan is inderdaad korrek dat daar meervoudige redes kan wees waarom onderwysers wat dieselfde sosio-ekonomiese of etniese agtergrond het, meer geneig is om beter resultate uit hulle studente te kry.

Dit kan vanweë die “rolmodel-effek” wees, maar is waarskynliker ’n kombinasie van relevanter studiemetodes en groter belegging in tyd en aandag. Dit kan, soos die eerste referaat toon, ook net wees dat dié onderwysers hoër (selfs onrealistiese) verwagtinge vir dié studente het.

Dié resultate het in alle waarskynlikheid implikasies buite die klaskamer: vir universiteitsdosente, mensehulpbronkundiges, of groot spanne se leiers, veronderstel die resultate van dié studies dat ons studente of junior kollegas waarskynliker baat sal vind by ons optimistiese verwagtinge oor hulle vooruitsigte as ’n meer realistiese of selfs pessimistiese verwagting.

En dit is dalk hoog tyd om daardie laerskoolonderwyser te bedank wat oor-optimistiese verwagtinge van jou loopbaanvooruitsigte gehad het.

* Stuur 'n boodskap aan terugvoer@finweek.co.za

* Johan Fourie is medeprofessor in ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch.

Meer oor:  Finweek  |  Johan Fourie  |  Onderwys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.