Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Die Eskom-steenkoolmoeras
11 Junie 2021
‘n Vragmotor met steenkool by Eskom se Grootvlei-kragstasie in Mpumalanga.

Seriti Resources het met ’n slim verhaal vorendag gekom nadat hy ’n steenkoolverkoopsooreenkoms (SVO) met Eskom gesluit het en gemeld het dat die Suid-Afrikaanse kragvoorsiener inderdaad talle voordele uit die transaksie sou trek.

Die SVO was verlede maand warm nuus omdat dit voorgekom het asof Eskom ingestem het tot ’n verdubbeling van die koste van steenkool vir sy Duvha-kragsentrale deur South32, ’n Australiese firma wat toe beplan het om die myn wat Eskom voorsien, te verkoop aan Seriti Resources, ’n SA firma in swart besit.

Doug Gain, finansiële hoof van Seriti

Die vraag het toe ontstaan hoe Eskom en die nasionale tesourie kon instem tot ’n toename van dié omvang terwyl die Zondo-kommissie nog druk besig was om sy weg te baan deur die moeras van staatskaping waarvan steenkoolvoorsiening aan die nutsmaatskappy ’n hoofelement van dié sameswering is?

Doug Gain, Seriti se finansiële hoof, het gedurende die aankondiging van Seriti se verkryging van die 91%-belang van South32 in South African Energy Coal (SAEC) gesê dat die maatskappy ingestem het om afstand te doen van sy reg op die infrastruktuur – in wese ’n vervoerband – van die myn (Ifalethu in Mpumalanga) as deel van die nuwe SVO. Dit beteken dat Eskom vrye teuels sal hê om termiese steenkool van enige ander leweransier na Duvha te vervoer nadat die SVO verstryk het, wat in 2024 sal wees.

Die oorspronklike SVO van Ifalethu aan Eskom sou vir ’n bykomende tien jaar duur, maar South32 het ingestem om dit vroeg te laat verstryk, gegrond op die hoër koste van die steenkool as deel van die skikking. Op slot van sake lyk dit na ’n billike transaksie vir Eskom, of soos Gain dit stel: “Eskom het nie die geleentheid laat verbygaan om sy sakevooruitsigte te verbeter nie.”

Die kwessie is egter dat kragsentrales soos Duvha doelgebou is langs die steenkoolmyne wat hulle van steenkool voorsien. Vervoerbande word gebou omdat die steenkool gerieflik naby geleë is. Dit is gedoen omdat dit ’n onomstootlike feit in die steenkoolsektor is dat vervoer ’n groot deel van die koste verteenwoordig. Die probleem vir Eskom is dat om steenkool van ander leweransiers te kry al lank reeds aan korrupsie verbind word. Die skorsing van ’n Eskom-verkrygingsbestuurder op 7 Mei onderstreep die omvang van dié probleem.

In talle gevalle is Eskom verbind tot SVO’s met junior mynmaatskappye wat glad nie ekonomiese sin maak nie. Dit is deels omdat die voorsiening saamgevoeg word met korrupte vervoertransaksies wat die steenkool onmededingend maak. Dit word dus bevraagteken of Eskom steenkool vir Duvha kan verkry wat kan meeding met die hoër Ifalethu-koste van R550 per ton teenoor sy oorspronklike koste van R280 per ton.

“Daardie maatskappy moet 25% van die wen van ’n kontrak aan die gemeenskappe gee en derhalwe finansier hulle die vragmotors.

Die stories van korrupsie by steenkoolvervoer is legio. Volgens ’n markbron: “ ... die steenkoolvervoerdrukgroep het homself baie slim wettig verklaar deur middel van transformasie in gemeenskappe. Jy het ’n maatskappy wat steenkool wil vervoer – dit behoort nie die geleentheid te hê om dié steenkool te vervoer nie omdat dit op ’n vervoerband behoort te wees – maar die kontrak gaan uit op tender en die maatskappy wen. “Daardie maatskappy moet 25% van die wen van ’n kontrak aan die gemeenskappe gee en derhalwe finansier hulle die vragmotors.

En dan, voordat jy jou oë kan uitvee, so oor ses maande, het jy 30 vragmotors wat steenkool vervoer en mense wat voorheen nie werk gehad het nie. Dit is die keersy van die munt: mense wat nie werk gehad het nie, het nou volhoubare klein sake met vragmotors wat steenkool vervoer en almal is swart en dikwels swart vroue, en alles word dan gewettig.”

Gain sê dat Seriti dit ernstig oorweeg om die maatskappy se New Largo-steenkoolprojek, wat vir R850 miljoen van Anglo American gekoop is in ’n uitvoermyn te omskep. Die myn is oorspronklik beplan om Eskom se Kusile-kragsentrale eksklusief te voorsien. Kusile word egter tans deur soveel tegniese probleme geteister en ook deur ’n horde junior mynmaatskappye voorsien dat daar geen ruimte is vir New Largo om Kusile te voorsien nie. New Largo is laat ontwikkel wat Eskom die kans gegee het om alternatiewe steenkoolvoorraad te kry. Dis Seriti se probleem, maar dis ook SA se probleem omdat New Largo se steenkool per vervoerband vervoer sou word en die goedkoopste opsie sou wees.

* Stuur 'n boodskap aan terugvoer@finweek.co.za

* Foto’s: Gallo Getty Images, www.masimong.com

Meer oor:  Finweek  |  Eskom  |  Kragkrisis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.