Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Dié fonds skrik nie vir fokus nie
6 Junie 2019

Mi-Plan IP Global Macro Fund is ’n aanpasbare multibatefonds wat hoofsaaklik in buitelandse markte belê.

Wat die fondsbestuurder sê:

Mi-Plan IP Global Macro Fund se doelwit is om op medium- tot lang termyn kapitaalgroei te behaal deur in internasionale prima aandele te belê, soos Procter & Gamble, Visa, Amazon, Apple, Microsoft, Nike, Coca-Cola en Mastercard – wat hy almal al sedert sy aanvang hou.

Die fonds se primêre fokus wanneer hy aandele ondersoek en gevolglik aandele vir die portefeulje kies, is die mate waarin die verdienstegroei die potensiaal het om groter as die mark se oorkoepelende verdienstegroei te wees.

Die fonds volg die benadering dat alfa geskep word deur die mate te bepaal waarin die verdienstegroei van huidige konsensusskattings van die verdienste verskil en toenemend in elke maatskappy se aandeelprys verdiskonteer word.

Die bestuurder gebruik sewe sleutelinsette om dit te bepaal: bedryf, X-faktor, handelsmerk, produk, posisie, prys, mense, verspreiding, ekonomiese hefboomwerking en opbrengs op kapitaalinvestering.

Deur elkeen van dié faktore vir elke maatskappy te bepaal, word ’n begrip gevorm wat ’n kwalitatiewe en kwantitatiewe bepaling bied van hoe die verdienstegroeikoers kan verander. Saam met dié benadering word die prentjie voltooi met ’n mate van afleiding van die mark se beoordeling van die verdienstegroeivooruitsigte.

Portefeuljesamestelling en risikoverkleiningbestuur speel ’n sleutelrol in die uiteindelike portefeuljesamestelling. Fokus en “bewys van konsep” is van die grootste probleme wat die fonds, wat nou R1,4 miljard bedra, sedert sy aanvang moes oorkom. Die versoeking bestaan dikwels om baie klein blootstellings aan baie markte te kry.

Die fokus

Die fokus van die portefeulje is om die beste geleenthede te kry en te sorg dat kliënte se geld in die proses op die hoogste vlak van fidusiêre verantwoordelikheid bestuur word. Met sy keuse van aandele soos Nvidia kyk hy vooruit, en die fondsbestuurder sê sy skyfieontwerp bied ’n mededingingsvoordeel in die snelontwikkelende wêreld van wolkrekenaardienste en speletjies.

“Ons probeer aandele só saamvoeg dat daar verskeie toetreepunte tot ’n bedryf is. In dié konteks pas Microsoft, Amazon en Nvidia goed saam. Nog ’n voorbeeld is die samevoeging van Visa, Mastercard en PayPal, wat almal basies in dieselfde bedryf betrokke is, maar verskillende inkomstemodelle het.”

Hoekom finweek dié fonds sal oorweeg:

Die fonds is op die oomblik gekonsentreerd in aandele wat ’n mate van annuïteitvloei in hul inkomsteskepping geniet of ’n identifiseerbare mededingingsvoordeel het wat die groei ondersteun.

Procter & Gamble het omtrent 21 produkte wat elke jaar meer as $1 miljard se inkomste oplewer; Microsoft en Adobe het ’n gevange kliëntebasis met annuïteitsinkomste, en Waste Management het ’n ongeëwenaarde oorheersende posisie wat betref besit van grondopvullings. Die fonds het drie jaar ná mekaar (2016, 2017 en 2018) die Raging Bull-toekenning as die beste internasionale, aanpasbare multibatefonds in Suid-Afrika gewen.

Meer oor:  Finweek  |  Fondse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.