Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Die goue draad tussen DRDGold en Sibanye-Stillwater
12 September 2019
AngloGold Ashanti
AngloGold Ashanti

Tydens die onlangse aanbieding van DRDGold se resultate, het die uitvoerende hoof, Niël Pretorius, verduidelik dat die aankoop van die bates van Sibanye-Stillwater deur DRDGold dié mynmaatskappy in ’n posisie geplaas het om sy ruimte te “begin oorheers.

Die verbetering in die randwaarde van goud, het alle Suid-Afrikaanse goudaandele vleuels gegee, insluitend Sibanye-Stillwater. Die maatskappy se aandeelprys het op ’n 12-maande-grondslag met 132% gestyg.

Dit is ondanks die feit dat hy ook platinumgroepmetale (PGM’s) produseer, wat meer te doen het met nywerheidsvraag as die kwessies wat goud dryf – soos spanning in wêreldhandel en beleggings in ’n veilige hawe.

Dit is ondanks die feit dat hy ook platinumgroepmetale (PGM’s) produseer, wat meer te doen het met nywerheidsvraag as die kwessies wat goud dryf – soos spanning in wêreldhandel en beleggings in ’n veilige hawe.

Neem DRDGold as voorbeeld, wat Sibanye-Stillwater se aandeelprysstyging presies geëwenaar het; dit was 132% hoër met die skryf hiervan. Dus, toe die maatskappy se finansiële hoof, Riaan Davel, tydens DRDGold se aanbieding van sy jaarresultate aan die begin van September (vir die jaar geëindig 30 Junie) gepraat het van ’n platform vir ’n nuwe “Roodepoort Rocket” was dit maklik om die rede vir sy geesdrif te sien, veral omdat die styging in die goudprys duideliker ná Junie was.

’n Verwysing na die “Roodepoort Rocket” dui op die bemarkingsgeesdrif van die pas ontslape Mark Wellesley-Wood, die voormalige uitvoerende hoof van DRDGold se voorganger, Durban Roodepoort Deep.

Vorige dekade

Gedurende die vorige dekade het Wellesley-Wood die idee gevestig dat Durban Roodepoort Deep die beste aandeel was wanneer die goudprys styg. En daar was ’n klas belegger in die Amerikaanse kleinhandelsmark wat meegevoer was deur Wellesley-Wood se woorde. Onderkoop weens sy hoë bedryfsrisiko, het Durban Roodepoort Deep se myne geld soos bossies in ’n goue bullopie gemaak.

Meen Davel dus dat hierdie verskynsel terug is? Ja, en nee. Die resultate was opvallend weens die eerste bydrae van Far West Gold Recoveries (FWGR), bogrondse goudbates (mynhope of slikdamme) wat DRDGold in 2018 van Sibanye-Stillwater gekoop het.

Goudhefboomaspek

Die FWGR-bates is daar om die onbestendige goudhefboomaspek van die maatskappy se voormalige aantrekkingskrag te vervang en om ’n meer voorspelbare pad tot verdienstegroei te voorsien. In dié opsig sal aandele in DRDGold miskien nie weens klein volumes steier soos somtyds wel die geval is nie.

Dit is egter ironies dat DRDGold nie volkome van die hefboomwerking van die goudprys kan wegbreek nie. Dit word gedemonstreer in sy syfers vir die 2019- finansiële jaareinde. ’n Kontantuitvloei van R261 miljoen in die eerste helfte is vervang deur ’n invloei van R248 miljoen in die tweede van die finansiële jaar toe ’n wegholgoudprys posgevat het.

Niël Pretorius
Niël Pretorius

“Welkom by die eerste hoofstuk,” het DRDGold se uitvoerende hoof, Niël Pretorius, by die firma se aanbieding gesê. “Ná 130 jaar, is dit ’n nuwe hoofstuk,” het hy gesê van die “Roodepoort Rocket” se historiese plek in Suid-Afrika se goudbedryf.

Hy het bygevoeg dat DRDGold in ’n ideale posisie was om sy ruimte te “begin oorheers”, en het gesê dat die aankoop van Sibanye-Stillwater se bates die maatskappy in staat sou stel om dit te vermag. Maar hier is die angel.

DRDGold het hierdie mynhope gekoop deur 38% van sy aandele te gebruik en het Sibanye-Stillwater ook ’n tweejaar-opsie gegee om sy belang tot 51% te verhoog. “Daar’s ongeveer 12 maande oor vir ons om die opsie uit te oefen,” het James Wellsted, hoof van beleggersverhoudinge vir Sibanye-Stillwater, bevestig.

DRDGold het Sibanye-Stillwater se aandeelprys presies geëwenaar; dit was 132% hoër met die skryf hiervan.

Op ’n vraag of die maatskappy dit sal oorweeg om dit te doen, het hy gesê: “Ons het reeds DRDGold se syfers in ons rekeninge gekonsolideer en ons het dus reeds dié aanname gedoen.” “Dit is ’n kwessie van hoe ons dit doen,” het hy bygevoeg.

Een opsie is om die bogrondse goudafsettings van Mine Waste Solutions (MWS) te koop. Dit is een van die bates wat AngloGold Ashanti te koop aangebied het saam met Mponeng, ’n groot myn aan die Wes-Rand.

Mponeng is die buurman van Sibanye-Stillwater se Driefontein, en daar word gespekuleer dat Neal Froneman, uitvoerende hoof van Sibanye-Stillwater, in die beste posisie is om dit te koop. Dit is waarskynlik uit ’n sake-oogpunt vir Froneman beter om MWS te koop deur DRDGold as die medium te gebruik.

Die “eerste hoofstuk” waarvan Pretorius onlangs gepraat het, kan ’n toevallige verwysing wees, nie na ’n nuwe bladsy vir DRDGold nie, maar ’n nuwe boek, wat net deur Sibanye-Stillwater geskryf is.

Wellsted voer aan dat MWS lyk soos iets wat die verlore stukkie in die legkaart van bogrondse goud is. “Die West Rand Tailings-projek wat ons jare gelede beplan het, was om die bogrondse uitskotdienste van die streek te konsolideer, insluitend dié van AngloGold,” het hy gesê. “Dit maak volkome sin om dit in een medium te sit.”

Dit sal beduidende gevolge inhou vir DRDGold se minderheidsaandeelhouers, wat hulle nou sal word. Die “eerste hoofstuk” waarvan Pretorius onlangs gepraat het, kan ’n toevallige verwysing wees, nie na ’n nuwe bladsy vir DRDGold nie, maar ’n nuwe boek, wat net deur Sibanye-Stillwater geskryf is.

Stuur 'n boodskap na terugvoer@finweek.co.za

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.