Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Dis-chem
18 April 2019
Moxima

Dis-Chem is Suid-Afrika se tweede grootste aptekerskleinhandelsketting. Sy uitbreidingsplan sluit in meer as een nuwe winkel per maand. Hy wil 151 winkels aan die einde van die finansiële jaar hê.

Op die kaarte: Dis-Chem wankel op sy hoofsteunlyn tussen 2 695 sent en 2 350 sent per aandeel. Nadat hy in Desember 2017 ’n nuwe hoogtepunt van 3 995 sent getoets het, het hy al sy winste terug na die hoofsteunlyn van sy primêre bultendens verloor.

Ná sy aankondiging verlede Mei van 13,3%-groepomsetgroei tot R19,6 miljard het Dis-Chem se aandeelprys in ’n enkele dag 9,9% gedaal weens spekulasie van binnehandel nadat die prys twee dae voor dié aankondiging skerp gedaal het. Handelaars was woedend. Dis-Chem sukkel sedertdien om van hierdie daling te herstel.

Gaan lank: Dis-Chem het deur die weerstandstendenslyn van sy korrektiewe beertendens gebreek wat in sy primêre beertendens gevorm is. ’n Bevestigde positiewe deurbreking bokant 2 695 sent per aandeel behoort aanleiding te gee tot die weerstandsvlak van 3 500 sent per aandeel.

Die onge- ewenaarde hoogtepunt van 3 995 sent sal weer getoets word ná voortgesette opwaartse potensiaal deur die boonste helling (swart tendensstippellyn). Gaan lank op enige vlak bo 2 695c per aandeel.

Gaan kort: Onder 2 350 sent per aandeel kan daar ’n deurbreking deur die hoofsteuntendenslyn van sy primêre bultendens wees. Steun teen 2 045 sent per aandeel kan dan weer getoets word. In hierdie geval, moet liefs nie lank gaan nie. 

Meer oor:  Dis-Chem  |  Finweek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.