Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Dit is groen versus steenkool... al die pad tot in die howe
4 Julie 2019

Die stryd tussen die Sentrum vir Omgewingsregte en Atha-Africa Ventures oor laasgenoemde se ontwikkeling van ’n nuwe myn in die beskermde gebied van Mabola in Mpumalanga is nog glad nie gewonne nie.

Vir ’n demonstrasie van die “polemiek” wat volgens Gwede Mantashe, ons minister van minerale bronne, in die debat oor energie in Suid-Afrika gevoer word, hoef mens niks verder te soek as die geveg wat tans tussen die Centre for Environmental Rights (CER) en Atha-Africa Ventures (AAV) woed nie.

Msimango/City Press

Centre for Environmental Rights

In die groen hoek verteenwoordig CER verskeie groeperings nieregeringsorganisasies wat, ter wille van gemeenskapsgesondheid en die omgewing, verdere steenkoolmynontwikkelings wil stuit.

Atha-Africa Ventures

Bankvas in die ander hoek is AAV, ’n maatskappy afkomstig uit Indië, wat die Yzermyn-steenkoolmyn wil ontwikkel. Die myn is in die beskermde gebied van Mabola in Mpumalanga by die samevloeiing van die Vaal- en Pongolarivier geleë.

Praveer Tripathi, besturende direkteur van AAV, se sake-argument is dat steenkoolmyne werksgeleenthede en streekswelvaart meebring en ook help om die land se energiekrisis te verlig.

Ongelukkig is dit waar die duidelikheid eindig. Die regstryd tussen die twee kante is ingewikkeld én venynig.

Eerstens, die regsaspekte. Tripathi hou vol dat niks in AAV se pad staan om Yzermyn, wat na raming 2,5 miljoen ton termiese steenkool per jaar sal produseer, te ontwikkel nie.

Melissa Fourie, uitvoerende direkteur van die Centre for Environmental Rights

Hy beweer die maatskappy moes die afgelope twee jaar sedert die aankondiging oor die myn se ontwikkeling ’n rits regskundige struikelblokke hanteer wat CER in sy pad geplaas het. Al dié struikelblokke is oorkom. Nie waar nie, werp Melissa Fourie van die CER teë.

“Ons mag aktiviste wees, maar ons is ook regsmense,” sê sy in ’n telefoniese gesprek met finweek. Haar punt is dat AAV ’n berg regskundige papierwerk het om te hanteer, waaronder die uiters belangrike kwessie dat die appèlhof Yzermyn se mynreg afgekeur het.

Doodsklok vir Yzermyn

Tripathi bevestig dat AAV by die regterpresident van die appèlhof aansoek gedoen het dat die nietigverklaring van die mynreg herroep word, iets wat voorheen deur dié hof gekeer is. Dat dit die doodsklok vir Yzermyn beteken, soos CER beweer, is volgens hom egter onwaar.

“Die besluit is op appèl in die appèlhof en daarom bly die bedryfsdeel van die besluit opgeskort totdat die appèlhof na die een of ander kant toe besluit het. Die eerste vyf jaar se ontginning vind egter buite die beskermde omgewing plaas.

Praveer Tripathi, besturende direkteur van Atha-Africa Ventures

“Toestemming ingevolge artikel 48 van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur vir Beskermde Gebiede (NEMPAA) word slegs benodig wanneer die ondergrondse myn daardie plase bereik,” sê hy.

“Soos sake nou staan, val die konstruksiegebied en die eerste vyf jaar van die myn se lewe buite die Mabola beskermde omgewing.” Die vraag voor die hof is dus of die myn ’n ondergrondse myn kan wees, of ’n beperkte, vyf jaar lange oopgroefmyn.

Die vraag voor die hof is dus of die myn ’n ondergrondse myn kan wees, of ’n beperkte, vyf jaar lange oopgroefmyn.

Tweedens is daar die bitterheid, wat Mantashe se opmerkings oor die kloof tussen fossielbrandstofaanhangers se oortuigings en die groenes s’n so toepaslik maak.

Volgens Tripathi slaag die CER by uitstek daarin om die waarheid te verwring en is sy hele sakemodel daarop gebaseer om mense bang te praat en openbare skakelwerk te doen.

Die CER beskou die ontginning van steenkool geheel en al as iets uit die bose. Hy verwerp ook die gedagte dat skoon steenkooltegnologie ’n manier kan wees om die ontwikkeling van goedkoop fossielbrandstof te bestuur terwyl die oorgang na hernubare krag aan die gang is.

“’n Groot klomp gedingvoering wag nog,” sê Catherine Horsfield, CER se woordvoerder oor Yzermyn. “Nuwe goedkeurings word benodig waarvoor daar openbare deelname moet wees. Dit is glad nie die geval dat Atha nou in ’n posisie is om wettiglik te begin myn nie.” 

Meer oor:  Finweek  |  Steenkool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.