Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele-mening: EOH
4 April 2019
Stephen van Coller, uitvoerende hoof van EOH. Foto’s: Gallo/Getty Images

EOH Holdings is ’n Suid-Afrikaanse verskaffer van inligting-en-kommunikasietegnologie- (IKT-) dienste wat oral in Afrika bedrywig is.

EOH se aandeelprys het op die grafieke kwaai slae gekry nadat hy die tweede keer nie deur sy algehele hoogtepunt by 18 000 sent per aandeel kon breek nie.

’n Dubbele bopunt is in Julie 2017 onder 11 745 sent gevorm. EOH het intussen ’n volledige terugswaai beleef en die langtermyn-teiken van sy daalomswaaipatroon op 1 250 sent bereik.

EOH het einde Maart aangekondig dat hy nie meer ’n herverkoper van Microsoft-programmatuurlisensies is nie. Dit ná ’n klag by die Amerikaanse Securities and Exchange Commission oor beweerde korrupsie. Daar is berig dat Microsoft nie die herinstelling van die vennootskap wou bespreek voordat die ondersoeke afgehandel is nie.

EOH bly egter ondanks die huidige probleme ’n stewige maatskappy met sterk onderliggende bates. Op die huidige vlakke is EOH dus moontlik ’n goeie aandeel om aan te peusel.

Asher Bohbot, stigter en langdurige uitvoerende hoof van EOH, het die mark vroeër vanjaar geskok toe hy uitgetree het. Stephen van Coller, nuwe uitvoerende hoof (sedert September verlede jaar in die pos), moes intussen baie maatskappyprobleme hanteer, waaronder kwessies wat met enige beweerde onreëlmatigheid verband hou.

EOH bly egter ondanks die huidige probleme ’n stewige maatskappy met sterk onderliggende bates. Op die huidige vlakke is EOH dus moontlik ’n goeie aandeel om aan te peusel. EOH se tussentydse resultate sou op 26 Maart uitgereik word, maar dis intussen tot 16 April uitgestel.

Hoe om dit te verhandel:

As die steun by 1 250 sent hou, kan EOH deur weerstand by 1 480 sent verhandel – en só ’n neutrale koopsein met potensiële herstel binne sy primêre daaltendens tot by 2 000 sent veroorsaak.

’n Positiewe uitbreking uit die daaltendens sal bo 2 335 sent bevestig word – vergroot lang posisies. Vermy lang posisies as die steun by 1 250 sent meegee. Vorige laagtepunte by 700 sent en 525 sent kan dan weer getoets word.

Stuur 'n boodskap na terugvoer@finweek.co.za

Meer oor:  Finweek  |  Eoh
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.