Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
EOH: Korttermyn-terugsakking kom
5 November 2020
Foto: Argief

EOH, ’n Suid-Afrikaanse tegnologie-en-kommunikasietegnologiediensverskaffer in Afrika, was in 2015 die mark se gunsteling toe hy ’n algehele hoogtepunt by 18 000c per aandeel getoets het.

Maar die stygmomentum het die volgende jaar omgeswaai en in 2017 aansienlik gedaal weens nuus van onetiese praktyke. EOH het verlede jaar 50 sakevennote in ’n korrupsie-ingryping op ’n swartlys geplaas.

Die groep het ’n ouditfirma aangestel om die ampsoortredings te ondersoek. Dit volg op Microsoft se besluit om sy verhouding met EOH te beëindig nadat ’n verklikker ’n klag by die Amerikaanse Securities and Exchange Commission ingedien het oor ’n bedenklike tender met ’n programmatuurlisensiëringsooreenkoms met die SA departement van verdediging.

Sy aandeelprys het tot 465c geval – wat laas in 2006 voorgekom het. Die aandeelprys verhandel sywaarts nadat dit in April vanjaar deur die weerstandstendenslyn van sy langtermyn-daaltendens gebreek het.

EOH se aandeelprys het op 23 Oktober met byna 17% gestyg nadat die tegnologiegroep aangekondig het dat hy die verlies vir die volle jaar aansienlik verklein het deur sy bedrywighede te verminder en te stabiliseer.

EOH se aandeelprys het met byna 17% gestyg nadat die groep aangekondig het dat hy die verlies vir die volle jaar aansienlik verklein het.

Hoe om dit te verhandel:

EOH verhandel sedert Augustus vanjaar sywaarts tussen 410c en 495c. Dit het op 23 Oktober deur weerstand by 495c gebreek – en ’n koopsein gegee. Met die driedaagse indeks van relatiewe sterkte (3D RSI) tans oorkoop, is ’n terugsakking op kort termyn op pad. Neem ’n lang posisie in as steun by 495c behou word, want ’n styging na 630c sal dan moontlik wees. Neem lang posisies bo dié vlak in omdat EOH verder na volgende weerstand by 800c kan styg.

* Stuur 'n boodskap aan terugvoer@finweek.co.za


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.