Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele-mening: Famous Brands
6 Junie 2019
Moxima Gama word beskou as een van die vyf voorste tegniese ontleders in Suid-Afrika. Sy is al 10 jaar lank ’n tegniese ontleder wat vir BJM, Noah Financial Innovation en Standard Bank gewerk het as deel van die navorsingspan in die tesourie-afdeling van CIB.

Famous Brands is Afrika se grootste franchisegewer vir kits- en informele restaurante, met sy portefeulje wat handelsmerke soos Wimpy, Mugg & Bean, Vovo Telo, Steers, Debonairs en Fishaways, insluit.

Hy is ook betrokke by vervaardiging en logistiek, met die fokus op die besit en bestuur van die verskaffingsketting van sy restaurante. Famous Brands het in Oktober 2016 ’n ongeëwenaarde hoogtepunt van 18 655 sent per aandeel getoets ná laagtepunte van 1 200 sent in 2009.

Beleggersentiment het gedaal nadat die maatskappy Burger Kitchens (GBK) in die Verenigde Koninkryk en Ierland vir R2,2 miljard gekoop het, wat 75 restaurante in maatskapybesit toegevoeg het. Met toenemende verliese by GBK, voel aandeelhouers die verkryging was bloot te duur.

Die maatskappy het reeds die waarde van sy GBK-afdeling met meer as R1 miljard afgeskryf. Famous Brands se resultate vir die jaar tot 28 Februarie, vrygestel op 29 Mei met ter perse gaan van hierdie uitgawe van finweek, wys dat bedryfswins met 5% gedaal het tot R850 miljoen.

Vooruitsig:

Famous Brands het in Augustus 2017 deur die ondersteuningstendenslyn van sy langtermynbultendens gebreek en handel tans in ’n beertendens in die vorm van ’n wigpatroon. Ná swak resultate in Maart het die aandeelprys verder geval en deur sleutelsteun teen 9 050 sent per aandeel gebreek.

Op die grafiek:

Famous Brands staan op die randjie van sy wigpatroon se onderste helling, maar behou ondersteuning teen 7 500 sent per aandeel.

Gaan lank:

As steun stewig teen 7 500 sent per aandeel hou, sal die huidige wigformasie positief bo 9 050 sent per aandeel eindig – en dus ’n goeie koopgeleentheid bied. So ’n beweging kan daartoe lei dat Famous Brands in die mediumtermyn tot 10 670 sent herstel. Verwag dat daar bo dié vlak verdere wins tot 12 725 sent sal wees.

Gaan kort:

Deurbreking deur die laer helling van die wig, onder 7 500 sent per aandeel, kan verdere verkope veroorsaak – en moontlike verdere verliese vinnig deur 6 750 sent per aandeel verleng – tot 4 600 sent. 

Meer oor:  Finweek  |  Aandele-Mening  |  Beleggings  |  Famous Brands
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.