Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Finansiële resultate: Kyk verder as dié syfers
6 Desember 2018
Foto: Gallo Getty Images/iStockphoto

Finansiële resultate is rye en rye syfers wat ons dikwels min op die oppervlak vertel, behalwe die stygings of dalings in onder meer inkomste en voorraad.

Daarom skep die beleggingsbedryf verhoudinge om die data beter te help verstaan. Hierdie verhoudinge bewerkstellig ook vergelykings tussen vorige tydperke, asook met eweknieë in die sektor.

Ons kyk tipies na die gewilde prys-tot-verdienste-verhouding (p/v), dividendopbrengs (DO) en wesensverdienste per aandeel (WPA) voordat ons dieper delf en na ander kyk soos opbrengs op ekwiteit (OOE) en skuld tot ekwiteit (SE). Bogenoemde dien beslis hulle doel, maar daar is ’n klomp ander verhoudinge wat ons kan oorweeg om te gebruik om ’n onderneming en sy vooruitsigte te verstaan. Die pasgemaakte verhoudinge kan heel dikwels sektorspesifiek wees.

Dit was juis ’n oefening soos dié een wat my uit Pick n Pay en in Shoprite* in die vroeë jare 2000 gekry het.

Byvoorbeeld in kleinhandel, wat van verkope per vierkante meter van kleinhandelruimte of per winkel? Dit sal dui op die geskiktheid van die ruimte wat gebruik word. Afslagkleinhandelaars kan ’n hoë koers van verkope per meter sien terwyl kleinhandelaars van meer eksklusiewe produkte ’n laer syfer kan hê.

Dié verhouding sal ons help om verkoopneigings per kleinhandelruimte te sien, maar kan ons ook ’n blik gee op kannibalisering wat kan gebeur namate die besigheid nuwe winkels open wat nie net nuwe klante sal lok nie, maar ook klante van bestaande winkels wegrokkel. ’n Verhouding waarvan ek baie hou, is inkomste per personeellid.

Dit werk nie net in kleinhandel nie, maar ook in ander sektore soos die bankwese. Dit gee ’n duidelike prentjie van die produktiwiteit van die personeel. Twee besighede in dieselfde sektor kan enorme verskillende verkope per personeellid hê. As al die ander verhoudinge gelyk is, sou dit daarop dui dat die een besigheid te veel personeel het en daarom heeltemal te veel aan salarisse bestee.

Nog ’n aanduiding van doeltreffendheid sal voorraadomset wees. Hoeveel keer per jaar het ’n besigheid ’n [totale] omset in sy voorraad? As ons nou verkope per vierkante meter, verkope per personeellid en voorraadomset bymekaargooi, gaan ons ’n baie goeie prentjie van die algehele doeltreffendheid kry, en nie net winsgroei nie.

Belegging gaan oor speurwerk en oor data. Ons moet die verskillende datapunte dophou wat ons help om ’n moontlike belegging beter te verstaan.

Dit help ontsaglik baie – nie net om die neigings binne die onderneming wat jy onder oë het te sien nie, maar help ons ook om dit te vergelyk met sy eweknieë (en selfs internasionale vergelykings kan van waarde wees). Dit was juis ’n oefening soos dié wat my uit Pick n Pay en in Shoprite* in die vroeë jare 2000 gekry het.

Vir dekades was Pick n Pay die uitblinker plaaslike voedselhandelaar en ek het aandele daarin besit. Maar toe ander verhoudinge soos WPA-groei en bedryfsmarges begin toon dat Shoprite die beste opsie was, het ek beging grou in die nisverhoudinge wat bevestig het dat Shoprite inderdaad ver voor Pick n Pay was wat algehele sakedoeltreffendheid betref.

Die moeilike deel hiervan is dat dié syfers nie normaalweg gepubliseer word deur die maatskappy of ons gewone bronne van grondliggende data nie. Ons sal die data self moet verwerk en dit is nie altyd maklik om al die syfers te kry nie. Jaarverslae is weer ’n nuttige bron van baie wat ons nodig het, maar sommige data, soos vierkante meter van kleinhandelruimte, is dalk eenvoudig nie beskikbaar nie.

Ons sal dus maar die syfers moet kraak en verkope per winkel gebruik – steeds ’n baie nuttige verhouding. Belegging gaan oor speurwerk en oor data. Ons moet die verskillende datapunte dophou wat ons help om ’n moontlike belegging beter te verstaan. 

* Stuur 'n boodskap aan terugvoer@finweek.co.za

* Die skrywer besit aandele in Shoprite.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.