Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Fonds wat wêreldwyd in Reits belê
21 November 2019

Wat sê die fondsbestuurder?

Fairtree se Global Real Estate Prescient Fund is daarop gemik om kliënte toegang te gee tot internasionale eiendomsbates van hoë gehalte met potensiële kapitaalgroei, en terselfdertyd gesonde dollar-gedenomineerde dividende.

Dit is ’n nuwe fonds, wat in Maart 2017 gestig is, en in sy eerste jaar ’n totale opbrengs van 3,38% gelewer het, ’n syfer wat verlede jaar met 6,4 persentasiepunte gestyg het.

Met net ’n maand oor, gaan die fonds die jaar weer op ’n hoë noot afsluit. Hy het nou ’n gemiddelde jaarlikse opbrengs van 26,79% vir 12 maande. Dit het alles gebeur ondanks ’n al hoe moeiliker kommersiële eiendomsmark.

Dit is ’n nuwe fonds, wat in Maart 2017 gestig is, en in sy eerste jaar ’n totale opbrengs van 3,38% gelewer het, ’n syfer wat verlede jaar met 6,4 persentasiepunte gestyg het.

Daarbenewens is die fonds gestig net toe die Amerikaanse president Donald Trump die amp aanvaar het, wat nie die maklikste tydperk was nie weens dié administrasie se besluite wat die wêreldwye handelsmarkte geskud het – insluitende die handelsomgewing vir eiendomsaandele.

Rob Hart, die fondsbestuurder, skryf die fonds se uitstekende prestasie vanjaar toe aan onder meer die styging in die TRNGLU-indeks.

“Dié indeks het in die jaar tot Oktober met 22,81% gestyg,” sê hy.

“Hy het goed presteer omdat wêreldwye rentekoerse gedaal het, terwyl die ekonomie redelik goed gebly het, wat die perfekte kombinasie vir eiendomsaandele is. Die eiendomsmarkte het steeds hoër beweeg, terwyl die effekte-opbrengs gedaal het. ”

Hy verduidelik dat die beter prestasie ook die gevolg was van hul strategie van “drie happe van die appel”, waar hulle probeer om die regte geografiese streek te kies, dan die regte wêreldsektor en laastens die regte aandeel.

“Dit het vir ons vanjaar goed uitgewerk, en ons het ’n beter prestasie ervaar uit al drie happe van die appel.” Met die jaar wat einde se kant toe staan, is die fonds versigtig in die mark vir die komende maande, want sy sterk prestasie onlangs het gelei tot waardasies wat onder druk is in verskillende geografiese streke en sektore. “

Ons dui dit aan deur meer verdedigende eiendomsektore te besit, soos driedubbele netto huurooreenkomste, en deur ons 7%-kontantbesit,” verduidelik Hart.

Waarom finweek dit sou oorweeg om hom by te voeg:

Die fonds bied blootstelling aan wêreldwye ondernemings wat betrokke is by aktiwiteite wat verband hou met die eiendomsbedryf. Hy is sektorgefokus en het die potensiaal om hoër opbrengste te genereer, hoewel hy ’n hoër risikoprofiel het as ’n gediversifiseerde multisektor-aandelefonds.

Oor die afgelope tien jaar het internasionale eiendom meer as twee keer die opbrengste in Amerikaanse dollars as Suid-Afrikaanse aandele gelewer, sê Hart. Hy wys daarop dat dit ’n sektor bly wat konsekwente opbrengste lewer, ’n goeie verskansing teen die rand bied en ’n 30% hoër dividend as wêreldaandele betaal.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.