Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Het Seriti sy oog op nog ’n kopie?
18 April 2019
Mike Teke, uitvoerende hoof van Seriti Resources

Seriti Resources is blykbaar een van vyf maatskappye op die kortlys om South African Energy Coal (SAEC) oor te neem, die steenkoolprodusent van 27 miljoen ton per jaar wat South32 wil verkoop.

Die ander, volgens bronne in die mark (en nog nie deur South32 of enige van die beweerde deelnemers bevestig nie), is Phuthuma Nhleko van Phembani Group in ’n gesamentlike onderneming met Robert Gumede van Gijima Technologies; Sibambene, ’n nuwe steenkooltoetreder met Vuslat Bayoglu as ’n aandeelhouer en wat in ’n gesamentlike onderneming met Mercuria is; Ichor Coal en ’n gesamentlike onderneming met Exxaro Resources en Wescoal Holdings.

Mike Teke, uitvoerende hoof van Seriti Resources, wil niks sê oor ’n moontlike aanbod aan South32 se SAEC nie, maar gee tog blyke van ’n belangstelling in die bates (watter steenkoolprodusent het nog nie?) asook ’n mate van irritasie. “Almal vra hoekom probeer julle elke ding koop,” sê hy tydens ’n onderhoud by die maatskappy se kantore in Rosebank.

In 2017 het Seriti aangekondig hy koop Anglo American se plaaslike steenkoolmyne vir R2,7mjd.

In 2017 het Seriti aangekondig hy koop Anglo American se plaaslike steenkoolmyne vir R2,7 miljard, ’n transaksie wat ’n jaar later afgehandel is. Dis gevolg deur die aankoop van New Largo vir R750 miljoen, ’n projek wat kritiek belangrik was om steenkool aan Eskom se Kusile-kragstasie te voorsien. Volgens Teke is dit egter heeltemal verstaanbaar dat ’n steenkoolprodusent met ’n betekenisvolle plaaslike teenwoordigheid ook uitvoerinkomste by die mengsel wil voeg.

Dit het opvallende sinergieë om vir die plaaslike én uitvoermark steenkool te produseer, maar die voordeel is die goeie sakesin wat uitvoerinkomste maak vir ’n onderneming wat aan die binnelandse mark voorsien, want as dit aan Eskom is, is dit dikwels op ’n koste-plus-grondslag, wat ’n vaste marge behels.

Nuttige jaargeld

Aan die ander kant maak ’n daling in die steenkooluitvoerprys, soos die daling van $30 per ton by die skryf hiervan, binnelandse inkomste ’n nuttige jaargeld. Dit sal in ’n handelsin dus onredelik wees om aan te neem Seriti wil slegs ’n plaaslike steenkoolmaatskappy wees.

Teke sê hy is tevrede met die Anglo-myne wat hy gekoop het, nou sowat ’n jaar reeds onder die Seriti-sambreel. Dié myne – New Vaal, New Denmark en Kriel – voorsien sowat 25 miljoen ton van die 120 miljoen ton per jaar wat Eskom verbruik.

Aan die ander kant maak ’n daling in die steenkooluitvoerprys, soos die daling van $30 per ton by die skryf hiervan, binnelandse inkomste ’n nuttige jaargeld. Dit sal in ’n handelsin dus onredelik wees om aan te neem Seriti wil slegs ’n plaaslike steenkoolmaatskappy wees.

“Hulle is bestendig, die oordrag vanaf Anglo American is meesal afgehandel, buiten die betaalstaatfunksies wat binnekort afgehandel sal wees, en die verhouding met Eskom is goed,” sê hy.

New Denmark kan egter beter doen.“Hy produseer tans 4 miljoen ton per jaar, maar ons wil dit graag tot 5 miljoen ton opstoot Dis ’n terrein wat voortgesette fokus vereis,” sê Teke. Of Seriti wel sy naam in die hoed het vir South32 se SAEC of nie, die maatskappy het ’n klompie groot transaksies om af te handel.

Een daarvan is die finansiering van New Largo, wat in vorige weergawes van die projek tussen 8 en 10 miljoen ton per jaar kan produseer – ’n enorme onderneming. “Ons bespreek tans die projek; ons probeer verstaan wat Eskom se behoefte is en of dit ’n 15-jaar- of 20-jaar-projek is.”

Steenkoolprys ’n demper op Minergy

Die daling in die prys van uitvoersteenkool, tans $68 per ton teenoor sowat $100 per ton aan die einde van verlede jaar, kon nie op ’n slegter tyd gekom het nie vir Minergy, ’n steenkoolontwikkelingsmaatskappy wat op Botswana se aandelebeurs genoteer is.

Sy uitvoerende hoof, Andre Bojé, voorheen uitvoerende hoof van Wescoal Holdings, het gevolglik voorlopig ’n projek opgeskort om Masame, die maatskappy se eiendom in Botswana, uit te brei.

Die projekvoorstel was om eers ’n myn van 1,2 miljoen ton per jaar op te rig wat streeksmarkte voorsien, onder meer Suid-Afrika, en dit byna onmiddellik met nog ’n miljoen ton uit te brei vir verkope aan uitvoergerigte handelaars.

Volgens Bojé sal die maatskappy dit nie oorweeg om Masama uit te brei voordat die uitvoerprys nie op sowat $80 per ton terug is nie. Mense was taamlik verbaas toe Bojé destyds Minergy se planne vir Masama aankondig, met minder as ’n jaar tussen die spit van die eerste sooi en produksie – nogal ’n ambisieuse tydlyn.

Bojé het gesê daar was vertragings met opdragte vir die maatskappy se verwerkingsaanleg, wat uit Suid-Afrika ingevoer moes word, totdat vertragings weens beurtkrag voorgekom het. Gewaste steenkool sal nou teen einde April beskikbaar wees om plaaslik te verkoop, pleks van in Februarie soos oorspronklik beplan is.

’n Notering op die AIM in Brittanje, ’n submark van die Londense aandelemark (LSE), is ook tot November pleks van Februarie uitgestel. Bojé gee Brexit die skuld vir instellings se algemene ongemak met aanvanklike openbare aanbiedings (AOA’s).

“Dit was die slegste kwartaal in jare vir AOA’s in Londen, maar dinge begin weer beter lyk,” sê hy. Minergy, waarvan die stigters in Australië gesetel is, beoog steeds om geld in te samel wanneer hy wel in Brittanje noteer. 

Meer oor:  Mynbou  |  Finweek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.