Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Hoe beroemdes jou lewe kan red
21 Maart 2019

Masels het in 2018 die dood van 72 kinders en volwassenes in Europa veroorsaak. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO), was die aantal mense wat in 2018 deur die virus besmet is die hoogste dié dekade: drie keer die aantal wat in 2017 vermeld is en 15 keer die rekord-laagtepunt van mense wat in 2016 geraak is.

Dit het gebeur ten spyte van ’n hoër gemiddelde aantal immuniserings oor Europa heen. Volgens skattings van die WGO en Unicef het die aantal kinders in die streek wat ’n tweede dosis van maselbevattende inentings gekry het, gestyg van 73% in 2009 tot 90% in 2018.

Toename in maselgevalle

Nou hoe is dit moontlik dat meer inentings steeds kon lei tot die vinnige toename in maselgevalle? Die antwoord lê in die verspreiding van die inentings. Waar daar baie gemeenskappe is wat ten volle immuniseer, is daar sekere kolle in Europa wat dit nie doen nie.

Dit is in dié klein kolle wat die maseluitbrekings plaasvind. Een van dié dele is Italië, waar anti- immuniseringsgroepe met populistiese politici saamgewerk het en verlede jaar ’n wet afgeskaf het wat immuniserings verpligtend maak; net vir die wet om herroep te word ’n kort rukkie nadat voorvalle van masels die hoogte ingeskiet het.

Die bedreiging van masels is nou so ernstig dat die WGO immuniseringshuiwerigheid vir die eerste keer as een van die top-10-wêreldbedreigings van 2019 beskou.

Die bedreiging van masels is nou so ernstig dat die WGO immuniseringshuiwerigheid vir die eerste keer as een van die top10-wêreldbedreigings van 2019 beskou.

’n Mens kan dalk wonder waarom dit moontlik is vir een van die rykste streke in die wêreld om steeds te ly weens die gevolge van ’n siekte wat heeltemal voorkombaar is. Daar is verskeie redes waarom anti-immuniseerders verkies om nie hulle kinders te laat immuniseer nie.

Oppervlakkig beskou, lyk dit soos irrasionele steun vir pseudo-wetenskap, maar uiteindelik is die motiewe politiek, ekonomies of religieus. Maar in arm gemeenskappe is dit dikwels ’n blote gebrek aan inligting.

’n Voor die hand liggende vraag is wat om te doen in ’n gemeenskap waar immuniseringskoerse laag is omdat mense eenvoudig nie weet van die sosiale voordele van immunisering nie.

Beroemdes se Twitter

’n Nuwe navorsingsverslag van die Amerikaanse nasionale buro vir ekonomiese navorsing (NBER) toon die resultate van ’n groot studie wat getoets het of beroemdes se steun op Twitter vir ’n immuniseringsveldtog in Indonesië enige uitwerking op Twitter-gebruikers gehad het.

Indonesië is die perfekte land om dit te toets: dit het ’n groot, ongeïmmuniseerde bevolking, en dit is een van die grootste gebruikers van Twitter. Die resultate was diepgaande: beroemdes se ondersteuning maak saak, in hoe vinnig die inligting versprei én of dit werklik mense se gedrag verander.

Beroemdes se Twitter-ondersteuning van ’n inentingsveldtog het werklik meer mense hulle kinders laat immuniseer.

Die toets is as volg gedoen. Die outeurs het 46 hoëprofiel- beroemdes gewerf, wat saam meer as 7,8 miljoen volgelinge het, en wat ingestem het om hulle Twitterrekeninge vir die outeurs oop te stel en om lukraak ’n reeks twiets te stuur met die veldtoghutsteken #Ayolmunisasi (“Kom ons immuniseer”).

Die outeurs het toe getoets wat die waarskynlikheid is dat die twiets deur hierdie beroemdes meer hertwiet en van gehou van sal word en ’n groter gehoor sal bereik.

“Deur hierdie metode het ons gevind dat waar ’n individu ’n gegewe boodskap deur ’n hertwiet waarneem, en die boodskap aangepas is as dat dit geskryf is deur ’n beroemde vergeleke met ’n gewone individu, daar ’n 70%-toename in die aantal hou-van’s en hertwiete was, vergeleke met soortgelyke boodskappe waar die beroemde se identiteit geheim gehou is.”

Die outeurs het bepaal dat veelvuldige boodskappe van verskillende beroemdes ’n groter uitwerking het.

Johan Fourie is ’n medeprofessor in ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch.

“Wanneer mens van een tot twee boodskappe gaan, verhoog dit die waarskynlikheid van hertwiet tweevoudig, en wanneer dit verhoog van een tot drie, verhoog die waarskynlikheid 2,5 keer; daarna verminder die effek.”

Het dit gevolge in die regte wêreld? Om dit te bepaal, het die outeurs die studie in twee fases gedoen (Julie tot Augustus 2015 en November tot Februarie 2016).

Hulle het telefoononderhoude met Twitter-gebruikers gedoen en algemene-kennis-vrae en vrae oor inenting gevra. As laasgenoemde verskil het van diegene wat blootgestel was aan die Twitter-veldtog, maar nie eersgenoemde nie, kon die rol van die Twitter-veldtog as oorsaaklik vertolk word.

As 15 twiets of hertwiets in ’n respondent se Twitter-voer vir ’n maand verskyn het, is daar ’n 20%-toename in die waarskynlik dat hulle die hutsteken #Ayolmunisasi ken.

Een standaard afwykende toename in die veldtog het ook ’n 12%-toename in kennis veroorsaak dat die entstof plaaslik vervaardig word; belangrike inligting in Indonesië omdat hulle weet dat entstof wat plaaslik vervaardig word, halaal is.

Een standaard afwykende toename in die veldtog het ook ’n 12%-toename in kennis veroorsaak dat die entstof plaaslik vervaardig word; belangrike inligting in Indonesië omdat hulle weet dat entstof wat plaaslik vervaardig word, halaal is.

Dit maak saak, omdat dit ook hulle gedrag beïnvloed – en die gedrag van hulle naaste familielede. “Ons vind konsekwente getuienis dat in elke tipe netwerk – bure, familielede en vriende – van diegene wat aan die veldtog blootgestel is, diegene wat aan die Twitter-veldtog blootgestel is, dit waarskynliker is dat hulle sal berig dat hul kinders geïmmuniseer is.”

Ons kan dalk spot oor die aandag wat beroemdes oor sosiale media kry (en die uiterstes waartoe hulle gaan om dit te kry), maar soos wat dié navorsing toon, kan hulle invloed gevolge in die regte wêreld hê.

Om inligting te deel oor die voordele van immunisering kan lewens red. Nou moet ons Bonang en ander Suid-Afrikaanse beroemdes kry om kennis te neem . . . #LetsImmunise.

  • Stuur 'n boodskap na terugvoer@finweek.co.za
  • Johan Fourie is ’n medeprofessor in ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch.
Meer oor:  Finweek  |  Beroemdes  |  Masels
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.