Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Hoe SA die draak moet melk
16 Januarie 2020

Namate China sy ambisieuse oorgang na ’n dienste- en verbruiksgedrewe ekonomie voortsit en in ’n handelsdispuut met Amerika, die wêreld se grootste produsent van goedere en dienste, gewikkel is, sal dit onvermydelik ’n uitwerking op Suid-Afrikaanse uitvoer hê.

Suid-Afrikaners het in 2018 goedere ter waarde van R1 247 miljard, of 25,5% van die nominale bruto binnelandse produk (BBP), uitgevoer.

In dieselfde jaar het die land goedere in dieselfde omvang ter waarde van R1 231 miljard, of 25,2% van die nominale BBP, ingevoer, volgens data van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en Statistieke Suid-Afrika.

Dié data toon ook dat goedere ter waarde van R956,26 miljard, of 25,4% van die nominale BBP, in die eerste drie kwartale van verlede jaar uitgevoer is, terwyl handelsware ter waarde van R953,75 miljard, of 25,3% van die nominale BBP, ingevoer is. Sien die bygaande tabelle in dié artikel vir ’n ontleding van Suid-Afrika se topuitvoerbestemmings en die oorspronge van invoer.

Vir só ’n oop ekonomie, of ’n ekonomie wat van handel afhanklik is, is dit wat in die wêreld se twee grootste ekonomieë gebeur belangrik, want dit het ’n regstreekse uitwerking op plaaslike ekonomiese uitset en gevolglik op werkskepping en die regering se belastinginkomste. En wanneer twee van SA se drie grootste handelsvennote stry, of in ’n “handelsoorlog” gewikkel is, soos party kommentators Amerika en China se tariefdispuut noem, moet plaaslike beleidsbepalers daarvan kennis neem.

China het in die eerste tien maande van verlede jaar goedere ter waarde van R198,9 miljard na SA versend. SA se uitvoer na China het altesame R116,6 miljard bedra, toon handelsdata van die SAID. Die wêreld se tweede grootste ekonomie het in die eerste tien maande van verlede jaar 18,5% van SA se invoer en 10,8% van sy uitvoer verteenwoordig.

Die meeste uitvoer na China bestaan uit mineraalprodukte, yster en staal, wat in dié tydperk R103,1 miljard, of 88,4%, van die uitvoer na dié land bedra het.

Die meeste uitvoer na China bestaan uit mineraalprodukte, yster en staal, wat in dié tydperk R103,1 miljard, of 88,4%, van die uitvoer na dié land bedra het. Maarten Ackerman, hoofekonoom van Citadel, dink nie die klem op minerale sal gou verander nie. Die samestelling van SA se mineraaluitvoermandjie sal eerder saam met die verandering in China se ekonomie van die wêreld se fabriek na groter steun op verbruik verander.

Die draak verander sy skubbe

Die omvang van Chinese verbruik terwyl dié ekonomie aanhou omskakel, word weergegee in ’n 2019-verslag deur die internasionale bestuurskonsultantgroep McKinsey & Company. In 2017 het Chinese verbruikers $8 miljard aan koffie bestee – dubbel die BBP van die Wes-Afrika-land Sierra Leone in 2018, luidens die verslag en Wêreldbank-data. Verbruikers het $29 miljard aan rekenaars en verwante produkte bestee – meer as dubbel Namibië se BBP vir 2018.

In 2017 het die Chinese $162 miljard se vars vleis gekoop – byna die helfte van SA se BBP vir voorverlede jaar. China se oorgang na ’n meer verbruiksgedrewe ekonomie is voorafgegaan deur swaar steun op die produksie en uitvoer van verbruikersgoedere na ontwikkelde markte wêreldwyd. Die Wêreldbank sê sedert die Chinese regering sy ekonomie in 1978 vir meer handel oopgestel het, het die land se BBP teen gemiddeld 10% per jaar gegroei.

Die Wêreldbank sê sedert die Chinese regering sy ekonomie in 1978 vir meer handel oopgestel het, het die land se BBP teen gemiddeld 10% per jaar gegroei.

Meer as 850 miljoen mense – gelyk aan 78% van die bevolking van 1,078 miljard mense in Afrika suid van die Sahara – is sedertdien in China uit armoede verhef, sê die bank. In die afgelope dekade het ’n opmerklike oorgang na verbruikerswese in China posgevat.

Dienste, wat ’n aspek van ’n meer ontwikkelde ekonomie is, het sterk toegeneem, soos blyk uit die ontstaan van internetgegronde maatskappye soos die verkoopsplatform Alibaba, die kommunikasie-en-speletjieverskaffer Tencent en sy mededinger NetEase. Die samestelling van China se invoer sal vanweë die oorgang na verbruikerswese onvermydelik ook verander.

Dis ’n nuwe mandjie

Maarten Ackerman, hoofekonoom van Citadel

SA het vroeër baie steenkool en staal na China uitgevoer omdat dit in die vervaardiging van heelwat produkte gebruik word, sê Ackerman van Citadel. Hy meen egter dat namate China al hoe meer ’n verbruiksgedrewe ekonomie word, die uitvoer na dié land na koper, kobalt en palladium sal oorhel.

Koper word onder meer in die konstruksie van selfoonnetwerke en aanlegte vir elektrisiteitsopwekking gebruik, terwyl kobalt ’n belangrike bestanddeel van batterye is. Oor palladium word in die McKinsey-verslag gesê dat Chinese verbruikers in 2017 vir 40% van die wêreldwye verkope van elektriese voertuie verantwoordelik was. Palladium word nes platinum gebruik om motorkatalisators te bou – toerusting wat onversadigde koolwaterstowwe hidroliseer.

Eenvoudig gestel: Dit word onder meer gebruik om motorvoertuie se koolstofvrystellings te verminder. In 2017 was China verantwoordelik vir 30% van die wêreldwye verkope van passasiersvoertuie, ter waarde van $590 miljard, sê McKinsey. Die palladiumprys het in Desember verlede jaar bo $2 000 per ons gestyg en op 18 Desember op $1 936 per ons gesluit, volgens die Londense metaalbeurs. “SA is voorheen deur die ou Chinese ekonomie bevoordeel,” sê Ackerman, “maar sal ons in sy nuwe vraag kan voorsien?”

Wat van vervaardigde goedere?

Sal SA vervaardigers in Chinese verbruikers se vraag na nuwe produkte kan voorsien? Dit is weens die onaanpasbaarheid van SA se ekonomie onwaarskynlik. Om die uitvoersamestelling van minerale, staal en yster op 88,4% te verander na meer goedere wat in plaaslike fabrieke vervaardig word, sal die regering sy kant moet bring.

Om die uitvoersamestelling van minerale, staal en yster op 88,4% te verander na meer goedere wat in plaaslike fabrieke vervaardig word, sal die regering sy kant moet bring.

SA se vervaardigingsektor het nie die afgelope ses jaar werklik gegroei nie. As ’n mens die uitwerking van inflasie weglaat en die vervaardigingsuitset in die derde kwartaal van verlede jaar annualiseer, is dit ’n skamele 0,5% groter as in 2013.

Dié ekonomiese sektor, wat die goedere vervaardig wat mense verbruik, is baie afhanklik van elektrisiteit. Weens die onsekerheid oor kragvoorsiening is dit nie verbasend dat fabrieke nie in uitset investeer of dit uitbrei nie, laat staan nog om werk te skep en belastinginkomste vir die beleërde staatskas te genereer.

Mededingendheid ontbreek

Om die nie-minerale-uitvoer na China te vergroot, moet SA sy mededingingsvoordeel in die wêreld ontdek en sy vermoë vergroot om in alle ekonomiese sektore mee te ding. “SA se mededingingsvoordeel in vervaardigde goedere bly ’n probleem,” sê Richard Downing, onafhanklike ekonoom en handelskenner.

“Volgens die Wêreld- Ekonomiese Forum se indeks vir die gemak om sake te doen, sukkel SA. Met vervaardigde goedere vaar ons sleg ten opsigte van pryse, gehalte en volgehoue aanbod.” Een van die grootste kwessies vir SA se mededingendheid in vervaardiging is arbeid. Terwyl China sy arbeidspryse streng reguleer, het SA ’n minimum loon ingestel wat die arbeidskoste in bedrywe soos kleinhandel begin verlede jaar met byna 25% verhoog het.

“China is ’n hardwerkende nasie,” sê Downing.

“China is ’n hardwerkende nasie,” sê Downing. Arbeidswetgewing is een van die sleutelredes vir SA se gebrek aan mededingendheid teenoor die res van die wêreld, sê Ackerman. Burokratiese rompslomp en die onaanpasbaarheid van arbeidswette belemmer investering in vervaardiging en die pryse waarteen vervaardigers hul goedere wêreldwyd kan verkoop, volgens hom.

“Suid-Afrikaanse arbeid is duur vergeleke met soortgelyke ontwikkelende nasies,” sê Ackerman. “Produktiwiteitsaangepaste arbeid is selfs duurder.” Die plaaslike vervaardigingsektor se produktiwiteit word belemmer deur duur ongeskoolde werkers en ’n gebrek aan tegnologie om produksie te verbeter. En dit kan veroorsaak dat SA die oorgang mis waar laewaarde-produksie nie meer China se ekonomiese model is nie.

Waar is geleenthede?

“Chinese verbruikers soek groter keuse en goedere en dienste van hoër gehalte,” lui die McKinsey-verslag. Gevolglik kan SA se landbou-, motor- (lees bl. 32) en toerismebedryf bevoordeel word deur gerigte betreding van die wêreld se grootste verbruiker

smark gemeet aan mense. “Gereelde McKinsey-opnames in China – en trouens die bestedingspatrone van Chinese toeriste oorsee – toon konsekwent ’n begeerte onder Chinese inkopiegangers na produkte en dienste van hoër gehalte, wat Chinese maatskappye nie altyd bied nie,” lui die McKinsey-verslag.

Eerstens kan die landbou- en voedselverwerkingsbedryf die gaping benut wat die huidige wydverspreide Afrika-varkgriep in China veroorsaak. Dié land het sedert die tweede helfte van 2018 na raming die helfte van sy varkkudde verloor, volgens Reuters.

  • Die invoer van varkvleis na China sal vanjaar na verwagting met 35% toeneem, volgens die Amerikaanse landboudepartement.
  • Die invoer van hoender sal na raming met 20% en bees met 21% styg, toon ’n departementele verslag.

Tweedens het Chinese verbruikers 24% van die wêreldwye wynverbruik – ter waarde van $73 miljard – in 2017 verteenwoordig, volgens McKinsey. VinPro, ’n organisasie wat 2 500 wyndruiweboere, kelders en ander bedryfsdeelnemers verteenwoordig, het in November verlede jaar gesê omtrent die helfte van SA se wynproduksie word uitgevoer.

Die wynbedryf het in 2015 deur die strategiese oefening vir die wynbedryf verskeie teikens vir 2025 vir die sektor gestel. Een daarvan is om die aandeel van wynuitvoer na China in dié tien jaar van 2% tot 7% te verhoog.

Vergeleke met Brittanje, wat sowat 20% van plaaslike wynuitvoer verteenwoordig, is daar nog geweldige ruimte oor om die Chinese wynmark te penetreer – wat Frankryk, Australië en Chili tans as premium wynprodusente beskou.

Vergeleke met Brittanje, wat sowat 20% van plaaslike wynuitvoer verteenwoordig, is daar nog geweldige ruimte oor om die Chinese wynmark te penetreer – wat Frankryk, Australië en Chili tans as premium wynprodusente beskou. Derdens was Chinese verantwoordelik vir 45%, of $132 miljard, van die wêreldwye vis- en seekosverbruik in 2017, lui die McKinsey-verslag. Met ’n kuslyn van meer as 2 800 km het SA ’n groot mariene hulpbron.

Grootste hindernis 

Die grootste hindernis om dit volhoubaar te ontgin en langtermyn-welvaart te skep, is kleinlike politiek. Die toewysing van visvangregte is omstrede sedert die aanbreek van demokrasie in 1994. Om aan ’n reusagtige mark soos China te voorsien, moet die hele produksieketting – van die vang, verwerking en vinnige uitvoer van visprodukte – ’n goed geoliede masjien wees. As dit behoorlik gedoen word, soos deur koöperasies in gemeenskapsbesit, kan SA dié natuurlike hulpbron deur verskaffing aan die Chinese mark benut.

Laastens kan SA ’n belangrike toeristebestemming vir Chinese toeriste word. Met sy doeltreffende vervoer-, akkommodasie- en lughawe-infrastruktuur vergeleke met die res van Afrika suid van die Sahara, kan SA hom as Chinese toeriste se hoofbestemming in Afrika vestig. Die aggressiewe bemarking van die land as ’n toeristebestemming onder al hoe ryker Chinese verbruikers behoort ’n topprioriteit vir die nasionale toerismedepartement te wees.

Verlede jaar se syfers vergelyk met 149 531 toeriste uit Duitsland, 183 184 uit Amerika en 220 830 uit Brittanje, volgens regeringstatistieke. Dis duidelik dat ’n reusegaping bestaan.

Altesame 46 281 Chinese toeriste het die land in die eerste ses maande van verlede jaar besoek – 1,4% meer as in die ooreenstemmende tydperk die vorige jaar, toon data van die nasionale toerismedepartement. Verlede jaar se syfers vergelyk met 149 531 toeriste uit Duitsland, 183 184 uit Amerika en 220 830 uit Brittanje, volgens regeringstatistieke. Dis duidelik dat ’n reusegaping bestaan.

Stryd tussen twee reuse

Die ontluiking van Chinese verbruikers – en hul toenemende welvaart – word egter deur die handelsdispuut tussen Amerika en China bedreig. In Julie 2018 het die twee nasies ’n tarief van 25% op invoer ter waarde van $34 miljard uit elke land gehef, volgens die Petersen Institute for International Economics. In Augustus 2018 het die twee nasies nóg $16 miljard van mekaar se ingevoerde goedere aan ’n tarief van 25% onderwerp, toon data van die instituut.

In September 2018 het Amerika gesê nóg $200 miljard se ingevoerde Chinese goedere sal aan ’n invoertarief van 10% onderwerp word.

China het teruggeslaan deur tariewe van tussen 5% en 10% op $60 miljard se Amerikaanse invoer te hef. Die twee nasies het verlede jaar die hele jaar onderhandel en in Desember het president Donald Trump van Amerika gesê dat die twee nasies in Januarie ’n handelsooreenkoms sou onderteken.

Jameel Ahmad, internasionale hoof vir valutastrategie en marknavorsing van FXTM

“Die handel tussen SA en China het in die tweede kwartaal van verlede jaar sowat $10 miljard bedra – wat die risiko’s uitlig wat verlangsamende ekonomiese groei in China op die SA ekonomie kan hê,” sê Jameel Ahmad, internasionale hoof vir valutastrategie en marknavorsing van FXTM.

“Verlangsamende groei in die wêreld se tweede grootste ekonomie skep ook die risiko van kleiner vraag na kommoditeite wat SA produseer.” Die handelsdispuut wat middel 2018 tussen China en Amerika begin het en waarvan geen einde in sig is nie, dreig om ’n skadelike uitwerking op die SA ekonomie te hê wat met verloop van tyd net kan versleg, sê hy aan finweek.

“Uit ’n monetêre oogpunt was daar wêreldwyd reeds ’n drastiese verandering deurdat sentrale banke rentekoerse verlaag om ekonomiese teëstand te hanteer, en uit ’n ekonomiese oogpunt lig al die belangrike instellings en denkleiers swakker voorspellings vir wêreldgroei uit,” sê Ahmad. “Die kommer oor ’n wêreldwye ekonomiese verlangsaming is ernstig en kan nie geïgnoreer word nie.”

/
/
/
/

China en SA se metaalhandel

Palladium- en rodiumuitvoer na China het merkbaar toegeneem.
Deur David McKay Daar is verrassende ooreenkomste tussen China se ekonomie en dié van Suid-Afrika en trouens van Afrika suid van die Sahara.

Volgens data van die Wêreldbank en die SA Reserwebank is die afname in die groei van China se bruto binnelandse produk (BBP) in 2008 – van 13% tot 9% – weerspieël in SA se groeikoers, wat in dieselfde tydperk tot 3% gekrimp het. Net só is die kort herstel in China se BBP sedert 2010 in SA weerspieël.

In die algemeen daal wêreldgroeikoerse egter: China het in 2018 teen 7% gegroei en SA teen 1%. SA se mineralesektor volg die voorbeeld van China se BBP. SA het in 2018 sowat 4% van die wêreld se mynproduksie verteenwoordig, sê die Mineraleraad van SA. Platinumgroep-metale, wat deur maatskappye soos Sibanye-Stillwater, Impala Platinum en Anglo American se Anglo American Platinum geproduseer word, is op byna 50% die grootste deel daarvan.

Ondanks pogings om platinum as ’n beleggingsproduk in China en elders te versterk, is die land grootliks ’n verbruiker van plaaslik ontginde platinum in juweliersware, asook van die platinumgroepmetale in motorkatalisators – die meganisme aan motoruitlaatstelsels wat help om gifgasse, veral koolstofmonoksied, te absorbeer. Luidens ’n onlangse verslag deur Morgan Stanley is daar ’n opmerklike toename in Chinese invoer van palladium en rodium voor die nuwe China VI-vrystellingstandaarde vir strenger vereistes vir motoruitlaatstelsels inskop.

China se palladiuminvoer het byvoorbeeld op ’n jaargrondslag met 2% gestyg en sy invoer van die sustersmetaal rodium met 20%. Die vraag na platinum in juweliersware het egter in 2019 met 31% gedaal, volgens Platinum Guild International, ’n organisasie wat deur SA maatskappye ondersteun word om die metaal te bevorder. Hier het verbruikersmaak verander, met Chinese kopers wat kleiner stukke, asook goud en diamante verkies.

Die mineraalraadata dui mineraaluitvoer na Suid-Asië aan – ’n kategorie wat China en Japan insluit. Sowat 34% van verlede jaar se algehele uitvoer van R411,7 miljard was na dié streek.

Benewens die platinumgroepmetale koop China minerale wat in die produksie van staal gebruik word, soos mangaan – wat deur South32 geproduseer word – en ystererts. SA het sowat 80% van die wêreld se mangaanreserwes, ’n verhardingsmiddel wat in staalproduksie gebruik word, maar net 33% van markproduksie weens swak infrastruktuur, gebrek aan kapitaal en ’n ongunstige investeringsbeleid.

SA se ysterertsuitvoer word meestal geproduseer deur Kumba Iron Ore, ’n genoteerde filiaal van Anglo American waarvan hy 70% besit, asook Patrice Motsepe se African Rainbow Minerals in ’n gesamentlike onderneming met Associated Manganese (Assore), wat ook op die JSE genoteer is.

SA se ysterertsuitvoer – Kumba het verlede jaar sowat 42 miljoen ton verskeep – behaal gewoonlik ’n hoë marge danksy die nisgehalte daarvan. Steenkool is egter ’n ander storie.

Die meeste van SA se steenkooluitvoer – sowat 81,6% van die 73,47 miljoen ton in 2018 (2017: 76,47 miljoen ton) – is aan Asië verkoop, maar amper niks in China nie, wat sy steenkool uit plaaslike myne, asook van die mededingender Indonesiese en Australiese markte verkry.

China en SA se metaalhandel

Palladium- en rodiumuitvoer na China het merkbaar toegeneem.
Deur David McKay Daar is verrassende ooreenkomste tussen China se ekonomie en dié van Suid-Afrika en trouens van Afrika suid van die Sahara.

Volgens data van die Wêreldbank en die SA Reserwebank is die afname in die groei van China se bruto binnelandse produk (BBP) in 2008 – van 13% tot 9% – weerspieël in SA se groeikoers, wat in dieselfde tydperk tot 3% gekrimp het. Net só is die kort herstel in China se BBP sedert 2010 in SA weerspieël.

In die algemeen daal wêreldgroeikoerse egter:

China het in 2018 teen 7% gegroei en SA teen 1%. SA se mineralesektor volg die voorbeeld van China se BBP. SA het in 2018 sowat 4% van die wêreld se mynproduksie verteenwoordig, sê die Mineraleraad van SA.

Platinumgroep-metale, wat deur maatskappye soos Sibanye-Stillwater, Impala Platinum en Anglo American se Anglo American Platinum geproduseer word, is op byna 50% die grootste deel daarvan.

Ondanks pogings om platinum as ’n beleggingsproduk in China en elders te versterk, is die land grootliks ’n verbruiker van plaaslik ontginde platinum in juweliersware, asook van die platinumgroepmetale in motorkatalisators – die meganisme aan motoruitlaatstelsels wat help om gifgasse, veral koolstofmonoksied, te absorbeer.

Luidens ’n onlangse verslag deur Morgan Stanley is daar ’n opmerklike toename in Chinese invoer van palladium en rodium voor die nuwe China VI-vrystellingstandaarde vir strenger vereistes vir motoruitlaatstelsels inskop. China se palladiuminvoer het byvoorbeeld op ’n jaargrondslag met 2% gestyg en sy invoer van die sustersmetaal rodium met 20%.

Die vraag na platinum in juweliersware het egter in 2019 met 31% gedaal, volgens Platinum Guild International, ’n organisasie wat deur SA maatskappye ondersteun word om die metaal te bevorder. Hier het verbruikersmaak verander, met Chinese kopers wat kleiner stukke, asook goud en diamante verkies. Die mineraalraadata dui mineraaluitvoer na Suid-Asië aan – ’n kategorie wat China en Japan insluit. Sowat 34% van verlede jaar se algehele uitvoer van R411,7 miljard was na dié streek.

Benewens die platinumgroepmetale koop China minerale wat in die produksie van staal gebruik word, soos mangaan – wat deur South32 geproduseer word – en ystererts. SA het sowat 80% van die wêreld se mangaanreserwes, ’n verhardingsmiddel wat in staalproduksie gebruik word, maar net 33% van markproduksie weens swak infrastruktuur, gebrek aan kapitaal en ’n ongunstige investeringsbeleid.

SA se ysterertsuitvoer word meestal geproduseer deur Kumba Iron Ore, ’n genoteerde filiaal van Anglo American waarvan hy 70% besit, asook Patrice Motsepe se African Rainbow Minerals in ’n gesamentlike onderneming met Associated Manganese (Assore), wat ook op die JSE genoteer is.

SA se ysterertsuitvoer – Kumba het verlede jaar sowat 42 miljoen ton verskeep – behaal gewoonlik ’n hoë marge danksy die nisgehalte daarvan. Steenkool is egter ’n ander storie.

Die meeste van SA se steenkooluitvoer – sowat 81,6% van die 73,47 miljoen ton in 2018 (2017: 76,47 miljoen ton) – is aan Asië verkoop, maar amper niks in China nie, wat sy steenkool uit plaaslike myne, asook van die mededingender Indonesiese en Australiese markte verkry.

Dryf SA se motoruitvoer na China aan

Kan SA motoruitvoer na China benut?
Deur Glenda WilliamsSuid-Afrika se motorbedryf is sterk en speel ’n belangrike rol in die land se voorspoed. Dis die land se grootste vervaardigingsektor en verteenwoordig 29,9% van die vervaardiginguitset en 14,3% van die uitvoer, dra 6,8% tot die bruto binnelandse produk by, en bied sowat 457 000 werksgeleenthede, volgens die Nasionale Vereniging van Motorvervaardigers van SA (Naamsa).

In 2018 het motorvervaardigers se inkomste R503 miljard bedra en dit het na verwagting verlede jaar tot sowat R554 miljard gestyg. Die uitvoerverdienste is beduidend. Die inkomste uit die uitvoer van plaaslik vervaardigde voertuie en motorkomponente wat na 155 bestemmings wêreldwyd uitgevoer is, het voorverlede jaar R178,8 miljard bedra waarvan R127,5 miljard van uitvoere afkomstig was. Sowat 58% van voertuie wat geproduseer is deur die land se sewe vervaardigers van oorspronklike toerusting – BMW, Ford, Isuzu, Mercedes-Benz, Nissan, Toyota en Volkswagen – word uitgevoer.

Sowat 60% word na die Europese Unie verskeep. Teen November verlede jaar het die uitvoer van nuwe voertuie van 374 215 eenhede reeds meer as die 351 139 voertuie vir die hele 2018 beloop. China, wat 0,06% van die voertuiguitvoer (wat 104 Volkswagen Polo’s en 93 Ford Rangers ingesluit het) en 0,5% van die komponentuitvoer behels het, was maar 50ste volgens die motoruitvoerwaarde, en in 2018 het dit R263 miljoen opgelewer, teenoor invoer van R17,7 miljard, volgens data van die Motorbedryfuitvoerraad en die SA Inkomstediens. Verlede jaar was soortgelyk, met die motorhandelsbalans wat sterk in China se guns oorgehel het.

“Die uitvoer vir die nege maande tot September het R600 miljoen bedra, teenoor invoer van R14,4 miljard,” sê Michael Mabasa, uitvoerende hoof van Naamsa, aan finweek. In 2018 het SA 292 511 voertuie ingevoer – 1,2% daarvan uit China (die handelsmerke BAIC, Foton en Haval).

Die Chinese Beijing Automotive International Corporation (BAIC) in staatsbesit sal die getal vervaardigers van oorspronklike toerusting tot agt vergroot wanneer voertuigproduksie begin – wat nou laat vanjaar verwag word. Dié projek, waarin SA se Nywerheidsontwikkelingskorporasie ’n belang van 35% het, is deur vertragings belemmer. In 2016 het die Chinese vervaardiger R11 miljard se investering tot voertuigproduksie in Coega, in die Oos-Kaap, verbind.

“China is in die algemeen SA se voorste handelsvennoot en met die BAIC-investering kan China ’n belangriker mark vir die SA motorbedryf word, veral met die land se sterk klem op elektriese voertuie en batterye vir elektriese voertuie,” sê Mabasa.

“As die grootste voertuigproduksie- en - verbruikmark ter wêreld, word daar gehoop dat die motoruitvoer na China later sal toeneem, maar tariefversperrings, tegniese handelsversperrings en kostemededingendheid sal aandag moet kry.” 



Meer oor:  Ekonomiese Groei  |  Finweek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.