Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Hoe word volgehoue rykdom geskep?
9 Mei 2019
Foto: Shutterstock

Elke jaar vra ek die nuwe studente in die tweede jaar van my kursus oor internasionale ekonomiese geskiedenis om die redes neer te skryf waarom mense arm is.

Hulle skryf gewoonlik ’n lang lys van dinge neer: swak toegang tot gehalte-opvoeding, korrupsie deur leiers, uitbuiting deur maatskappye. Dan vra ek hulle om op ’n aparte vel papier die redes neer te skryf waarom mense ryk is.

Hoekom is mense ryk?

Ek vind dit altyd fassinerend dat die antwoorde op wat basies dieselfde vraag is amper nooit die omgekeerde van mekaar is nie. Mense is ryk, sê hulle, omdat hulle ryk gebore is, of hard gewerk het, of gelukkig is.

Vir die grootste deel van die mensdom se geskiedenis was byna almal arm. Entropie is die natuurlike toestand van die heelal.

Dit is ongelooflik moeilik om armoede volhoubaar te ontsnap; dit is waarom mense dit duisende jare lank nie kon doen nie.

Slegs in die afgelope twee eeue het ons die ondenkbare gedoen en baie ryk geword. Die regte vraag is dus nie “waarom is mense arm?” nie – die eenvoudige antwoord daarvoor is “dit is ons natuurlike toestand”.

Vir die grootste deel van die mensdom se geskiedenis was byna almal arm. Entropie is die natuurlike toestand van die heelal. Dit is ongelooflik moeilik om armoede volhoubaar te ontsnap.

Die moeilikste vraag, wat die denkers in ons samelewing behoort te oorweeg, is: Hoe moet ons volgehoue rykdom skep? Een antwoord waaroor die meeste ekonome sal saamstem is: innovasie. Innoverende tegnologieë en stelsels help maatskappye om nuwe en beter dinge te produseer wat verbruikers se lewens verbeter.

Hulle maak werkers meer produktief (verhoog hul salarisse) terwyl hulle wins verdien (en aandeelhouers bevoordeel) wat herinvestering en uitbreiding verseker.

Die rykste lande is nie dié met die meeste arbeid, grond of hulpbronne nie, maar die innoverendste. Maar innovasie is ’n vae begrip, want nie alle innovasie is gelyk geskep nie.

’n nuwe boek, The Prosperity Paradox, sê Clayton Christenson, Efosa Ojomo en Karen Dillon daar is drie soorte innovasie: volgehoue innovasie, doeltreffendheidsinnovasie en markskeppende innovasie.

Volgehoue innovasie

Volgehoue innovasie verbeter bestaande oplossings op die mark, soos ’n nuwe weergawe van die Toyota Corolla of iPhone. Hierdie produkte sluit gewoonlik nuwe funksies in, maar is hoofsaaklik gemik op bestaande kliënte.

Doeltreffendheidsinnovasie fokus op produksie, naamlik doen meer met minder: Die aantal boere het oor die vorige eeu afgeneem terwyl die hoeveelheid voedsel wat hulle vervaardig het, aansienlik toegeneem het.

Doeltreffendheidsinnovasie fokus op produksie, naamlik doen meer met minder: Die aantal boere het oor die vorige eeu afgeneem terwyl die hoeveelheid voedsel wat hulle vervaardig het, aansienlik toegeneem het

Maar die skrywers beweer dat hoewel albei hierdie soorte innovasie goed is vir ekonomieë deur hulle lewendig en mededingend te hou en hulpbronne beskikbaar te maak, hulle nie die kern is van wat hoër groei veroorsaak nie. Dít, sê hulle, kom net van markskeppende innovasies: Die skep van nuwe markte waarvoor geen produkte bestaan of bestaande produkte, om verskeie redes, nie bekostigbaar of toeganklik was nie. In plaas van ’n nuwe motormodel, dink aan die oorgang van ’n kar en perde na motors.

Markskeppende innovasies demokratiseer voorheen eksklusiewe produkte en dienste. In die 1980’s sou kenners gelag het oor die idee dat die selfoon revolusionêr sou wees in Afrika. Dit was duur en ingewikkeld en is min gebruik buite luukse motors of militêre situasies. Tog het die selfoon in die afgelope drie dekades die lewens van miljoene mense in Afrika verander. Dit het duisende mense werk gegee in verkope, bemarking en tegniese hoedanighede en het groot opbrengs vir plaaslike aandeelhouers gegenereer.

In die 1980’s sou kenners gelag het oor die idee dat die selfoon revolusionêr sou wees in Afrika. Dit was duur en ingewikkeld en is min gebruik buite luukse motors of militêre situasies. Tog het die selfoon in die afgelope drie dekades die lewens van miljoene mense in Afrika verander.

MTN, die grootste operateur in Afrika, het verlede jaar inkomste van R134 miljard verdien, met ander woorde effens meer as die bruto binnelandse produk (BBP) van Rwanda. Markskeppende innovasies versterk ook die stof van die samelewing.

Mense sê dalk die vrugte van innovasie kan net deursyfer as ’n samelewing goeie instellings het, naamlik die oppergesag van die reg, demokrasie en regering sonder korrupsie. Maar die skrywers beweer die oorsaak werk andersom, van innovasie na instellings. “Miljarde dollars word jaarliks deur talle organisasies belê om arm lande te help om hul instellings te verbeter.

Instellings word met die beste bedoelings aan hierdie lande opgedwing, maar kan daar ’n rede wees waarom soveel ‘gedwonge’ instellings in ontluikende ekonomieë ondoeltreffend of selfs korrup word? Ons kan nie probleme met die wet, stelsels en instellings oplos deur eenvoudig nog ’n wet, stelsel of instelling by te voeg nie,” sê hulle.

Dit gaan oor meer as net reëls

“Doeltreffende instellings behels meer as net reëls en regulasies. Uiteindelik gaan instellings oor kultuur – hoe mense in ’n streek probleme oplos en vorder. Basies weerspieël inrigtings wat mense waardeer. En dit, sien ons, moet inheems wees.

Innovasie kan in hierdie proses ’n belangrike rol speel.” Wat kan die nuwe markskeppende innovasies van die toekoms wees? In ’n aanhangsel, meld die skrywers dinge soos draagbare wasmasjiene in Indië, bekostigbare medisyne in Nigerië, matrasse in Kambodja, herwinning van afval tot energie in Ghana, en elektriese motors in Mexiko.

Ek sal byvoeg: Hernubare energie, veral sonpanele, kan miljoene nie-verbruikers bemagtig – soos die skrywers dié beskryf wat goedere begeer wat hulle nog nie kan bekostig nie. Afrika het geweldige natuurlike hulpbronne waarvan die belangrikste dalk sonlig is. Namate die doeltreffendheid van sonpanele in die omskakeling van sonlig in elektrisiteit steeds verbeter, beweeg ons nader aan kragopwekkers vir elke huis, motor of selfs selfoon.

Selfs die armstes kan markskeppende innovasies ontwikkel. Maar, sê die skrywers, die fokus moet wees op dit wat mense ryk maak. “Volgehoue rykdom vir baie lande sal nie kom uit die regstelling van armoede nie.

Dit sal slegs kom uit beleggings in innovasies wat nuwe markte in hierdie lande skep.”

  • Stuur 'n boodksap na terugvoer@finweek.co.za
  • Johan Fourie is medeprofessor in ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch.

Meer oor:  Finweek  |  Rykdom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.