Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
SA ekonomie: Hoekom ons so erg misrabel is
23 Mei 2019
Foto: Gallo/Getty Images

Die Amerikaanse ekonoom Arthur Okun het in 1962 bevind dat ’n styging van een persent in ’n werkloosheidskoers ’n negatiewe uitwerking van sowat twee persent op ’n land se bruto binnelandse produk (BBP) het.

Hy het die Ellende-indeks ontwikkel deur die Amerikaanse werkloosheidskoers by die inflasiekoers te tel. Die resultaat behoort aan te dui presies hoe misrabel die land is. Hoe hoër die syfer, hoe treuriger die land.

Die ekonoom Steven Hanke het die indeks in die laat 2000’s vir gebruik buite Amerika verfyn deur die land se prima uitleenkoers by Okun se berekening te tel en dan die jaar-tot-jaar-groeipersentasie in die BBP per capita af te trek.

Die meet van ellende

1. Dis vanselfsprekend dat ’n land met ’n hoër werkloosheidskoers in die algemeen meer misrabel sal wees.

2. Inflasie dui aan hoe skerp die pryse styg van goedere wat verbruikers koop en gebruik. Ek hoef daarom nie te verduidelik hoekom ek treurig daaroor voel om vandag 350% meer vir elektrisiteit te betaal as tien jaar gelede nie.

3. Suid-Afrika se vlak van persoonlike skuld as ’n persentasie van persoonlike inkomste is steeds sowat 72%. Hoe meer die Suid-Afrikaanse Reserwebank die prima koers verhoog, hoe treuriger sal ons word.

4. Die BBP dui die land se ekonomiese groei as ’n geheel aan. Hoe laer die koers is, hoe groter is die land se stryd (wat hoofsaaklik deur punte een tot drie hierbo beïnvloed word). Ons BBP-groeikoers op ’n jaargrondslag is tans 1,1%, terwyl Afrika s’n in dieselfde tydperk sowat 3,7% was en die tien voorste ontluikende lande teen gemiddeld 3,6% gegroei het. Te oordeel na dié syfers is die rede vir Suid-Afrika se misrabele situasie duidelik.

Hoe vaar Suid-Afrika?

Nou hoe “gelukkig” is Suid-Afrika op die oomblik? Aan die einde van 2014 was ons in die tiende posisie uit 108 lande op die Ellende-indeks.

Suid-Afrika is nou in die sewende posisie uit 95 lande op die Ellende-indeks.

Selfs lande soos Soedan en Griekeland het beter gevaar. Die mees onlangse verslag skets ongelukkig ’n selfs treuriger prentjie, want Suid-Afrika is nou in die sewende posisie uit 95 lande op die Ellende-indeks.

Ek het besluit om tot professor Hanke se verslag by te dra deur die tien grootste Afrika-lande (op grond van hul BBP-grootte) met die tien voorste ontluikende lande se misrabelheidsyfers te vergelyk, om groter perspektief te kry.

Die uitslag is nie positief nie. Uit die tien lande is Suid-Afrika die derde treurigste, en die hoofrede vir die misrabelheid is ons hoë werkloosheidskoers.

Die uitslag is nie positief nie. Uit die tien lande is Suid-Afrika die derde treurigste, en die hoofrede vir die misrabelheid is ons hoë werkloosheidskoers.

Suid-Afrika het die hoogste werkloosheidskoers van al tien lande. Trouens, op 27,6% is ons werkloosheidskoers meer as dubbel die gemiddelde werkloosheidskoers (13%) van die nege ander lande.

Dis ook baie interessant om te sien dat wanneer Suid-Afrika se misrabelheidtelling met ons geldeenheid vergelyk word, daar geweldig baie korrelasie tussen die verswakking van die rand en die verswakking van ons posisie op die Ellende-indeks is.

Wat moet ons nou doen?

Schalk Louw

Die oplossing vir ons misrabelheidprobleem is tweeledig: as ’n belegger kan jy óf links óf regs gaan. As ons posisie op die indeks nie op lang termyn verbeter nie, sal sowel plaaslike as buitelandse beleggers waarskynlik beter daaraan toe wees om hul heil in ander lande te soek.

Om dié treurige vooruitsigte te verbeter, sal ons regering hard op twee aspekte moet konsentreer: dringende werkskepping en die nastrewing van ekonomiese groei van byna drie keer ons huidige groeisyfer.

Aan die positiewe kant het ons die probleme reeds geïdentifiseer en hulle moet nou net opgelos word. Suid-Afrika is immers mal daaroor om op die rugby-, krieket- en sokkerveld teen die heel bestes mee te ding.

Dis nou tyd om dit ook op ekonomiese vlak te doen.

Meer oor:  Finweek  |  Jse  |  Wisselkoers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.