Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Implats se uitvoerende hoof meen poste kan behoue bly
16 Augustus 2018
Gwede Mantashe, Minister van mineraalbronne

Dit was asof Nico Muller, uitvoerende hoof van Impala Platinum CEO, die storm sien kom het toe hy met sy aankondiging oor die maatskappy se herstruktureringsplanne, wat tot 13 000 poste by sy Rustenburg-skagte kan raak, aan joernaliste gesê het die regering sal dit nie amusant vind nie.

Die regering het ook nie. Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne, het behoorlik onder Muller & Kie ingeklim. In ’n aankondiging op die briefhoof van die departement van mineraalbronne (DMR) het hy die maatskappy se optrede “skandalig” en “ondeurdag” genoem.

Hy was woedend dat Implats besluit het om 60 dae voor die herstrukturering met vakbonde te beraadslaag, eerder as om die proses ingevolge die Wet op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleumhulpbronne (MPRDA) te hanteer, wat nie slegs raadplegend is soos ingevolge artikel 189 van die Wet op Arbeidsverhoudinge nie, maar die maatskappy ook daartoe verbind om alternatiewe vir afleggings te vind.

Muller sê: “Dit sou heeltemal verkeerd wees om te aanvaar die regering of arbeid sal werksverliese ondersteun, maar ons gesprekke tot dusver was opbouend en hoflik. Hulle (die regering en arbeid) het ons die verantwoordelikheid op die hart gedruk om werksverliese sover moontlik te vermy. Dit is ondenkbaar om steun te verwag.”

“Dit sou heeltemal verkeerd wees om te aanvaar die regering of arbeid sal werksverliese ondersteun, maar ons gesprekke tot dusver was opbouend en hoflik.”

Die Association of Mineworkers & Construction Union (Amcu) was aanvanklik snaaks genoeg stil oor die saak, ten spyte van die DMR se openbare uiterse woede (wat terloops nie as 'n verrassing vir hom gekom het nie), maar uiteindelik het sy president Joseph Mathunjwa nie sy kans laat verbygaan om 'n woeste swaaihou na Implats te rig nie. Amcu dreig met stakings gedreig as onderhandelings met Implats nie posafleggings kan keer nie.

Die aflegging van soveel werkers enkele maande voor ’n algemene verkiesing, is egter vir die regering ’n ernstige politieke probleem. Muller meen poste kan gered word. Die maatskappy verloor 200 poste per maand weens ’n natuurlike personeelafname, en die moontlikheid bestaan dat ander werknemers verskuif kan word na skagte en myne waar Implats wel groei. Dit is dikwels iets wat die regering nie verstaan nie.

Die sluiting van dele van Rustenburg stel kapitaal vry vir ander projekte wat nuwe werksgeleenthede bied. Muller sê wat hom veral geesdriftig stem, is die Waterberg-projek wat ontwikkel word deur Platinum Group Metals (PTM), ’n maatskappy wat in Toronto genoteer is en nou ’n gesamentlike onderneming met Implats het. Implats het sowat ses maande om te besluit of hy beheer wil verkry van die projek – wat oorheers op die gebied van palladium en noord van die Bosveldkompleks, waar die platinummyne geleë is – sodra PTM ’n uitvoerbaarheidstudie gedoen het.

Nico Muller, Uitvoerende hoof van Impala Platinum

Muller sê: “Die Waterberg-projek pas ons soos ’n handskoen; ons wil juis ons portefeulje herbalanseer en meer na palladium toe begin neig. Ons is klaar baie opgewonde oor die uitvoerbaarheidstudie en is daartoe verbind om die projek op te volg.” Finansiering vir die projek sal nie kom van die maatreëls wat Implats reeds in plek het, naamlik om platinumvoorrade vir R2 miljard vooruit te verkoop en bykomende skuld in te samel nie.

Daar is ook Zimbabwe. “Ons is baie opgewonde oor Zimbabwe. Ons het wêreldklasbates in die (gebied bekend as die) Great Dyke (die geologiese kompleks wat die tuiste is van Zimbabwe se aansienlike bron van platinumgroepmetale), veral gegewe die verbeterings in die land,” sê hy met verwysing na die weermag se ingryping om Robert Mugabe uit die kussings te lig, en nieteenstaande die geweld ná die nasionale stemmery.

“Vir ons is dit ’n vanselfsprekende uitbreiding en waarskynlik die naaste en mees realistiese wat groei vir die maatskappy betref,” sê hy. Vir nou moet Muller se Implats egter eers deur die herstruktureringsproses werk. En dit kan vir aandeelhouers ’n bietjie goeie nuus oplewer.

Een moontlikheid is dat Implats die skagte kan verkoop, wat inkomste sal genereer en, belangriker nog, kan help om poste te red. Daar is ook die vooruitsig om ’n deel van die maatskappy se metaalverwerkingsgeriewe, bekend as Impala Refining Services (IRS), permanent te verkoop. Muller sê die maatskappy is “oop vir aanbiedings”.

Dit is egter onwaarskynlik dat die platinumprys sal herstel. “Dit sal vier jaar vat en ons sal waarskynlik ’n afname van 600 000 tot 800 000 onse per jaar moet sien om ’n uitwerking te hê naas dit wat ons wil doen,” sê hy. As die regering en vakbonde uiteindelik hul seën daarvoor gee, sal Implats van 2020 af 230 000 onse minder PGM’e produseer.

* Stuur 'n e-pos aan terugvoer@finweek.co.za

Meer oor:  Implats  |  Finweek  |  Gwede ­Mantashe  |  Impala Platinum
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.