Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Inkopie-omwenteling
4 Julie 2019

Menige winkeleienaar skuif sogenaamde hoërisiko-items, soos skeermeslemmetjies, na die sigarettoonbank ten einde diefstal te probeer bekamp. ’n Plaaslike maatskappy beplan om hierdie items weer veilig op winkelrakke terug te sit. 

Oor die jare heen het items soos formulemelk vir babas, gesigrome, skeerprodukte, medikasie en seksuele welstandsprodukte toenemend van supermarkte se rakke af verdwyn om agter sigarettoonbanke weggesteek te word.

Vincent Lanz, stigter van Quattro Management Solutions

Kleinhandelaars het dié items as hoërisiko-items begin beskou, omdat dit gewonlik die meeste gesteel word. Naas hul hoë aankoopkoste gaan hulle gevolglik met enorme krimpingskoste gepaard – dit is volgens Quattro Management Systems, ’n maatskappy vir kleinhandeloplossings wat in 2015 tot stand gekom het en in Kaapstad gebaseer is.

Twee dinge tot gevolg

“Die oomblik wat jy die handelsware uit die winkelgange haal, gebeur twee dinge. Die eerste is dat die personeel, soos ons begin besef het, aanhou om die goed te steel. Die tweede, wat ’n groter bron van kommer is, is dat verbruikers dit nie meer sien nie. Hulle kan dit daarom nie meer koop nie – en koop dit inderdaad nie,” sê Vincent Lanz, stigter van Quattro.

Die gevolg, sê hy voorts, is dat die groot farmaseutiese, gesondheid- en skoonheidshandelaars groot markaandeel gewen het wanneer dit by hoërisiko-items kom.

Lanz se maatskappy het ’n tegnologies intensiewe oplossing ontwikkel wat daarop gerig is om die hoërisikoprodukte in die winkelgange terug te kry, waar klante dit kan weer kan raaksien en koop.

Quattro se oplossing, AutoAisle, berus op ’n drieledige benadering: sigbaarheid, beskikbaarheid en sekuriteit.

1. Sigbaarheid

“Ons maak seker die produk is sigbaar,” sê Lanz. “Ons haal die produkte uit die kiosk vir tabakprodukte en plaas dit terug in die winkelgange, maar agter glas . . . waar die inkopieganger verwag om dit te vind.” Die tipiese roete wat jy as ’n verbruiker volg, is om met die winkelgang af te kom en byvoorbeeld te besluit jy het skeermeslemmetjies nodig.

Jy soek na die produk wat jy benodig agter die glas van die AutoAisle-eenheid, waar sowat 40 tot 45 genommerde produkte uitgestal word.

Jy pons die nommer van die produk wat jy wil hê op die nabygeleë raakskerm in, en kry ’n strokie daarvoor. By die betaalpunt wys jy die strokie, betaal vir die items en kry die produk(te) op pad uit.

aanlyn
Grafika: iStock

Lanz was aanvanklik bekommerd oor die bruikbaarheid van die raakskerm, totdat hulle ’n loodsprojek by ’n Pick n Pay in ’n laer- LSM-gebied noord van Pretoria van stapel laat loop het.

Daar is hulle aangenaam verras deur hoe vinnig klante positief op die eenheid gereageer het.

2. Beskikbaarheid

“Beskikbaarheid is vir ons van kardinale belang. Ons taak is om te verseker die voorraad is daar. Ons wil nie hê die verbruiker moet deur hierdie hele oefening gaan, net om by die betaalpunt te moet hoor daar is geen voorraad nie,” verduidelik Lanz.

Omdat byna als geoutomatiseer en dus gekoppel is, word beskikbaarheid verseker deur Quattro se voorraadbestuurstelsel, wat intydse inligting oor voorraadvlakke voorsien en verskaffers in staat stel om vinnig te reageer wanneer tekorte dreig.

Om te verhinder dat klante teleurgestel word, sal die stelsel nie toelaat dat gebruikers ’n produk kies wanneer dit nie beskikbaar is nie.

Om te verhinder dat klante teleurgestel word, sal die stelsel nie toelaat dat gebruikers ’n produk kies wanneer dit nie beskikbaar is nie.

Lanz sê dit kom neer op Anton Rupert, een van die land se suksesvolste sakelui, se les dat daar net twee dinge is wat jy in die kleinhandel reg moet hê: eerstens om te verseker jy het ’n eersteklasproduk en tweedens om seker te maak dit is beskikbaar wanneer die klant dit wil hê.

Wat Quattro ook met sy amptelike loodsprojek by Westwood SuperSpar in Boksburg gevind het, was dat Quattro probeer het om bestellings van hoërisikoprodukte op te stoot, terwyl die winkel steeds minder wou bestel, want hulle was daaraan gewoond om minder aan te hou van die items wat voorheen nie verkoop het nie.

“Dit het ’n tydjie geneem om die aankope-afdeling in pas te kry met wat aan die gang was. Die toename in verkope het hulle onkant gevang. Wat formulemelk vir babas betref, het die winkel byvoorbeeld voorheen sowat 40 blikke per maand aangekoop, wat indrukwekkend was vir hulle. Teen die tweede maand van die toetslopie moes hulle egter 120 blikke bestel en teen maand drie 165 blikke.”

3. Sekuriteit

As gevolg van verliese weens diefstal het die eienaar van die Pick n Pay noord van Pretoria gewoonlik nie gesondheid- en skoonheidsprodukte, soos gesigrome, van duurder as R39,99 bestel nie, sê Lanz. Die AutoAisle-oplossing sou dit regstel. “Ons beveilig die produk. Dit is danksy dié beveiliging dat handelaars bereid is om met ons in gesprek te tree.”

Lanz sê party handelaars meen daar is ander oplossings, soos om sekerheidstrokies op produkte aan te bring. Hoewel dit kan help om krimping te voorkom, bly dit ’n proses wat per hand en deur werknemers onderneem word en nie altyd volmaak is nie, sê Lanz.

Lanz sê party handelaars meen daar is ander oplossings, soos om sekerheidstrokies op produkte aan te bring. Hoewel dit kan help om krimping te voorkom, bly dit ’n proses wat per hand en deur werknemers onderneem word en nie altyd volmaak is nie, sê Lanz.

“Uit ’n sekuriteitsoogpunt is dinge nou baie veiliger…,” sê George Hajimarkos, eienaar van Westwood SuperSpar. “Ons het ook gedurig ’n gevoel van die voorraad wat in die winkel is, so ons bestel nie te veel nie. Ons het altyd voldoende voorraad sonder soveel verliese.

Dit sal beslis die besteding per mandjie verhoog en die klante terugwen wat ons besig was om te verloor.” Met die loodsprojek agter die rug, sê Lanz, is dit terug na die tekenbord om die AutoAisle verder te verfyn. “Ons moet sekere besluite neem oor hoe ons dit ontwerp en uitrol, want dit is taamlik enig in sy soort.”

Quattro beplan om die AutoAisle-oplossing binnekort by nog Spar- en Pick n Pay-winkels in werking te stel.

Quattro Management is sedertdien deur OK, Checkers en ’n groot Asië-Pasifiese kleinhandelaar genader wat die maatskappy se kleinhandeloplossings oorweeg.

Quattro beplan om die AutoAisle-oplossing binnekort by nog Spar- en Pick n Pay-winkels in werking te stel.

Meer oor:  Finweek  |  Winkels  |  Diefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.