Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Is stygende staatskuld werklik sleg?
Simon Brown
Simon Brown

Moderne monetêre teorie (MMT) is nie so modern nie. Dit is al die eerste keer in die jare sewentig as teorie bespreek. Maar ná die vorige finansiële krisis, het dit talle van die vrae beantwoord wat ekonome vra. Nou, gedurende die pandemie, het ons op talle maniere ’n uitstekende werklike-wêreldeksperiment van die teorie.

Die kerndeel van MMT is dat ’n ekonomie wat sy eie geldeenheid kan beheer, kan en behoort geld te druk soos nodig om die ekonomie te onderhou en dit uiteindelik te laat groei. Daar is, natuurlik, baie waarskuwings wat ek later sal bespreek. 

Eerstens, oorweeg die volgende: As ’n land, sê maar, 100 eenhede van sy geldeenheid druk om ’n brug te bou, het hy nou ’n las van 100 eenhede, maar ook ’n bate van 100 eenhede in die vorm van ’n brug. Dus is die impak neutraal. As ons ’n stap verder gaan; daardie brug het bruikbaarheid vir die ekonomie wat sonder twyfel die 100 eenhede oortref wat dit gekos het om te bou, sodat die ekonomie in werklikheid daaruit voordeel trek. 

Die risiko is natuurlik dat regerings geld sal druk vir talle ander dinge wat nie waarde byvoeg nie, maar wat hoër inflasie ontketen. Maar soos daar hierbo genoem word, sal inflasie egter eers werklik plaasvind as die geld wat gedruk word, gebruik word vir dit wat die ekonomie nie werklik nodig het nie, soos die bou van tien brûe langs mekaar terwyl een brug voldoende sou gewees het of as die koste van die brug veel meer as sy nutswaarde is.

Inflasierisiko’s word aangedryf deur te veel bedrywighede (selfs as hul nutswaarde het) waar kontant by werkers se sakke bygevoeg word. Gelukkig het MMT ook ’n oplossing vir inflasie.

In die algemeen, wanneer inflasie begin styg, sal die reaksie wees om rentekoerse te verhoog. Maar wat as belasting eerder as rentekoerse verhoog word in reaksie op stygende pryse? In plaas daarvan dat rente hul weg na die banke vind, kan belasting wat na die staatskas vloei die voorraad van die geldvoorraad in die ekonomie verwyder. Dit sal dus inflasie verlaag.

Die globale finansiële krisis van 2008/2009 was ’n vroeë eksperiment in MMT met kwantatiewe verruiming (QE) wat honderde miljoene dollars in die ekonomiese stelsel ingestoot het. Almal, insluitend Ben Bernanke, destydse voorsitter van die Amerikaanse Federale Rerserweraad, het verwag dat dit tot hoër inflasie sal lei. Bernanke het egter opgemerk dat inflasie ’n baie kleiner bekommernis was as ’n algehele ineenstorting van die finansiële stelsel en dat die Fed daaraan aandag sal skenk wanneer dit plaasvind. Dit het nooit plaasgevind nie en meer as ’n dekade later het Amerika steeds nie beduidende inflasie nie.

Die reaksie op die pandemie was ook om geld in die stelsel in te stoot, dié keer miljarde dollars. Baie van dié dollars het regstreeks in verbruikers se sakke beland wat weer eens kommer oor inflasie laat ontstaan het. Dié keer sal ons waarskynlik ’n mate van inflasie ervaar terwyl die geld in die werklike ekonomie bestee word, terwyl die stimuli van 2008/2009 gegaan het na die banke wat dit hoofsaaklik opgepot het.

Maar enige inflasie wat ons sal sien, sal matig wees en nie struktureel nie, dus kan die Fed dit bestuur met matige rentekoersstygings (om belasting in Amerika te verhoog, sal niks uitrig nie). Die huidige voorsitter van die Fed, Jerome Powell, het gesê dat selfs dit onwaarskynlik is as inflasie matig bly.

Dus, terwyl MMT as radikaal bekou word, maak dit egter sin vir ’n gevorderde ekonomie met ’n sterk geldeenheid. Plaaslik, en vir ander ontluikendemark-ekonomieë, is daar valutarisiko’s aangesien ’n verswakkende geldeenheid invoerkoste opstoot en dit kan inflasie hoër dryf sonder die voordeel van daardie brug.

Uiteindelik is die konsep nie vir alle ekonomieë nie, maar dit gebeur tans in Amerika en dit sal ekonome ’n beter begrip gee van nie net MMT nie, maar ook van die aandrywers van inflasie en groei. 

As jy dieper in dié onderwerp wil delwe, lees die uitstekende Deficit Myth deur Stephanie Kelton.

Meer oor:  Ekonomie  |  Inflasie  |  Staatskuld  |  Belasting  |  Rentekoerse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.