Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Klein fonds met groot trefkrag
4 Julie 2019

Individue neem dikwels op die ingewing van die oomblik besluite oor hul beleggings.

Wat sê die fondsbestuurder?

Die beleggingsomgewing was nie die laaste paar jaar maklik nie, en baie groot fondse se bates onder bestuur het gekrimp. Tog was die vyfjarige BlueAlpha BCI Equity Fund, wat relatief klein is vergeleke met van sy eweknieë, se opbrengs in vanjaar se eerste kwartaal 8,5%. Hy het ook 6 persentasiepunte beter as sy maatstaf presteer (die JSE se Swix-indeks en MSCI-indeks van alle lande).

Die fonds het ’n aandeelgerigte portefeulje wat in buitelandse sekuriteite, voorkeuraandele, genoteerde en geldinstrumente, eiendomsaandele en eiendomsverwante instrumente mag belê. Die portefeulje mag ook in ongenoteerde instrumente, soos vooruitvaluta-, rentekoers- en wisselkoersruiltransaksies, belê.

Sy kernoogmerk is om op lang termyn hoë opbrengs vir beleggers te behaal deur konsekwent beter as sy maatstaf te vaar, en om ’n ranglysposisie in die boonste sektorkwartiel te beklee, volgens Gary Quinn en Kyle Rix, fondsbestuurders. “Basies is ons grootliks gehaltebeleggers, wat veral aandag aan die verdienstesiklus gee.

Sy kernoogmerk is om op lang termyn hoë opbrengs vir beleggers te behaal deur konsekwent beter as sy maatstaf te vaar, en om ’n ranglysposisie in die boonste sektorkwartiel te beklee, volgens Gary Quinn en Kyle Rix, fondsbestuurders.

Ons is in die algemeen bereid om meer vir gehalte te betaal, want volgens ons ervaring hou hoëgehalte-maatskappye aan om hoëgehalte-maatskappye te wees wat met verloop van tyd tot buitengewone saamgestelde opbrengs lei.” Plaaslike finansiële aandele verteenwoordig ’n kwart van sy sektortoewysing (gevolg deur buitelands op 25%).

Capitec, FirstRand en Standard Bank tel onder sy vyf grootste plaaslike belange. “Ons beskou die kombinasie van FirstRand en Standard Bank as ons grootste aktiewe aandeelposisie. Dié posisie se sukses is afhanklik van randstabilisering en dat plaaslike kredietskepping weer sal toeneem.” Regstreekse internasionale blootstelling is 25% van die portefeulje, maar die effektiewe blootstelling aan buitelandse bates is nader aan 30%.

Buitelandse komponent

Die buitelandse komponent het in die eerste kwartaal die grootste opbrengsbydrae gelewer. “Baie van ons buitelandse beleggings is in Amerika. Ons beskou dit op die oomblik as die beste ekonomie en vermy ontluikende markte en Europa.”

Die fonds het R178 miljoen se bates onder bestuur. Die groot besluit om in die komende maande reg te kry, is die fonds se vermoë om van sy hulpbronposisies om te skakel na meer plaaslike verbruikersmaatskappye.

Ystererts oorheers die hulpbronsiklus, en dit sal binnekort eindig, volgens die fondsbestuurders, wat meen dat sommige van die verbruikersgerigte maatskappye “steeds baie goed bestuur word”.

Hoekom finweek sou oorweeg om hom by te voeg:

BlueAlpha BCI Equity Fund toon dat iets wat klein is, groot trefkrag kan hê. Hy meen nie dat beleggers van internasionale aandeelblootstelling moet afsien nie en behaal soveel moontlik opbrengs uit die maksimum van 30% se buitelandse blootstelling wat sy mandaat toelaat.

Die buitelandse beperking van 30% help met beleggingsdiversifikasie, asook om uit sterker internasionale finansiële toestande voordeel te trek as dié in die plaaslike mark die laaste paar jaar. Sy opbrengs is sedert aanvangs in die boonste kwartiel. Dit kan baat om hom dop te hou. 

Meer oor:  Finweek  |  Bluealpha Bci Equity Fund  |  Fondse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.