Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Konsekwente opbrengste uit diversifikasie
12 September 2019

Die Centaur BCI Flexible Fund belê in ’n verskeidenheid aandele, effekte, eiendom, kontant en internasionale beleggings. Hy gebruik batetoewysing en aandelekeuse om beter te presteer as sy laer-risikomaatstaf.

Wat sê die fondsbestuurder?

Multibatefondse soos Centaur se BCI Flexible Fund gebruik batetoewysingstegnieke om voordeel te trek uit markwisselvalligheid en benader elke belegging volgens die risikobeloning wat hy bied.

“Ons plaas veral klem op belegging in maatskappye wat sterk mededingende voordele het, verdienste van hoë gehalte genereer en deur doeltreffende kapitaaltoewysers op ’n aantreklike waardasie bestuur word,” sê Roger Williams, Centaur Asset Management se fondsbestuurder en beleggingshoof.

Met die meeste, indien nie alle bateklasse nie, onder druk, is dit ’n uitdaging vir beleggers om in die regte een op die regte tyd te belê. Centaur maak die meeste van die feit dat hy geen beperkinge op beleggings oor bateklasse heen het nie. Hy het byvoorbeeld 49% van beleggingskapitaal aan plaaslike aandele toegewys, 5% aan plaaslike effekte en 23% buitelands (soos op 31 Julie vanjaar).

Die fonds se belang van 4% in EXOR, die beherende aandeelhouer in Ferrari, is een sodanige strategiese toewysing wat op die regte tyd gedoen is.

Plaaslik het die fonds sy volle belang in Old Mutual verkoop ten gunste van ’n belegging in MMI Holdings, die derde-grootste versekeraar in Suid-Afrika.

“EXOR is een van die bes presterende Europese beleggingstrusts oor die afgelope dekade wat deur John Elkann, ’n buitengewone kapitaaltoewyser, bestuur word,” sê Williams. “Stel jou voor dat jy Berkshire Hathaway in 1978 geïdentifiseer het en hom teen ’n 35%-diskonto van sy som gekoop het. Dit is wat ons dink ons in EXOR het. Ons hou hom al meer as drie jaar lank, en oor dié tydperk het hy verdubbel.”

Centaur het ’n geannualiseerde opbrengs van 5,3% oor hierdie driejaartydperk behaal, 1,2% hoër as sy maatstaf. Plaaslik het die fonds sy volle belang in Old Mutual verkoop ten gunste van ’n belegging in MMI Holdings, die derde-grootste versekeraar in Suid-Afrika.

“Ons belegging is gegrond op die veronderstelling van ’n 40%-diskonto op ondernemingswaarde en ’n ommekeer onder leiding van Hillie Meyer,” verduidelik Williams. MMI vorm nou die fonds se vierde-grootste belang teen 4,1%.

Fondsinligting

Fondsinligting

Waarom finweek dit sou oorweeg om hom by te voeg:

Suid-Afrika staar die swakste winsomgewing in die gesig wat Williams sê hy “ooit gesien” het, en dit verg veral streng dissipline by die beoordeling van beleggings. Die fonds het sodanige dissipline getoon in sy prestasie en het sy maatstaf oor een jaar met 7.2 persentasiepunte geklop.

Die Centaur BCI Flexible Fund is ideaal vir ’n belegger wat ekwiteitsopbrengste wil hê, maar nie die uiterste afswaai van ’n beermark nie. Hy het histories beter opbrengste as die indeks van alle aandele gelewer, maar met veel minder wisselvalligheid.

Die fonds het die Morningstar-toekenning vir die beste buigsame toewysingsfonds verlede jaar en in 2017 verower en het ook ’n Raging Bull-toekenning gewen vir die beste Suid-Afrikaanse buigsame multibatefonds (risiko-aangepas) vir die vyf jaar tot Desember 2017.

Fondsinligting

Stuur 'n boodskap na terugvoer@finweek.co.za

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.