Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Kwaliteitaandele hou skip bo water
25 Junie 2020

Foto: iStock

Fondsbestuurder se insigte:

Die paniekverkoop van finansiële bates, wat spruit uit die verspreiding van die koronavirus, is steeds besig om plaaslike sowel as globale markte af te slag met die prys van aandele en effekte wat besig is om dramaties te daal. Suid-Afrikaanse algemene ekwiteitsfondse is hewiger as hul portuurgroepe getref.

“Ons meen nogtans dat geen bateklas op lang termyn teen ekwiteite kan meeding in soverre dit opbrengste betref nie,” sê Dave Smyth, bestuurder van die Cratos Equity BCI Fund. Maartmaand was die moeilikste maand vir die fonds sedert sy aanvang gewees met ’n negatiewe opbrengs van -8,5%.

Die fonds het daarin geslaag om in April 5,1 persentasiepunte te verhaal, wat hom tydens die markopskudding weer op positiewe terrein geplaas het met die meeste portuurfondse wat steeds sloer. “Ons meen dat ondernemings van hoë gehalte gedurende tydperke van skerp afswaaie beter vaar,” sê Smyth aan finweek.

Om ’n ou cliché van Warren Buffett aan te haal waar hy sê: “Slegs wanneer die gety sak, sal jy uitvind wie kaal geswem het.” Oor die afgelope jaar, het die fonds gepoog om sy buitelandse toelae te maksimaliseer deur hoofsaaklik nie-JSE-genoteerde aandele by te voeg. Die fonds het hom gewend tot ondernemings van hoë gehalte met gesonde groeivooruitsigte.

“Ons hou nie van maatskappye wat ten koste van opbrengste op kapitaal verkrygings doen nie, en ons het ook probeer om maatskappye te vermy wat groei bereik het deur groot hoeveelhede skuld aan te gaan,” sê hy.

“Ons hou nie van maatskappye wat ten koste van opbrengste op kapitaal verkrygings doen nie, en ons het ook probeer om maatskappye te vermy wat groei bereik het deur groot hoeveelhede skuld aan te gaan,” sê hy. Verdienstegehalte (vrye kontantvloei as ’n persentasie van verdienste) is ook ’n belangrike oorweging, sê Smyth. Derhalwe het die fonds maatskappye soos Facebook, PayPal en Illinois Tool Works oor die afgelope jaar bygevoeg.

“Hierdie maatskappye het aanvaarbare opbrengste gelewer sedert ons hul aandele gekoop het, maar die werklike toets is egter hoe hierdie maatskappye oor die volgende vyf tot tien jaar gaan presteer.” Die fonds besit ook plaaslike hulpbronmaatskappye saam met reuse soos Anglo American en BHP.

Smyth verduidelik dat Northam Platinum, byvoorbeeld, by die fonds se profiel inpas as ’n onderneming met bates van hoë gehalte, ’n stewige balansstaat en ’n bestuur wat ’n goeie geskiedenis van kapitaaltoewysing het.

“Hoewel die vooruitsig vir die mark vir platinumgroepmetale (PGM’s) op die oomblik onseker is, meen ons dat die fundamentele faktore vir PGM’s op lang termyn gesond is, veral aan die aanbodkant.” Smyth sê die fonds besit nie baie aandele vergeleke met sy portuurgroep nie en dié waarin hy belê het, genereer goeie opbrengste sonder uitermatige langtermyn-risiko.

Hoekom finweek dit sal oorweeg om dit by te voeg:

Aangesien heelwat waarde uit buitelandse beleggings verkry word, veral in die huidige beleggingsklimaat, het die fonds sy mandaat begin verander na ’n wêreldwye buigsame ekwiteitsfonds om meer buitelandse waarde te ontsluit. Dié proses sal na verwagting later vanjaar afgehandel wees.

/
/
/
Meer oor:  Fondsbestuur  |  Finweek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.