Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Lae risiko, hoë opbrengs
18 April 2019

Wat die fondsbestuurder sê:

Kagiso Stable Fund is presies dit: stabiel. Die fonds is veral geskik vir beleggers met ’n klein risikoaptyt maar wat tog beduidende en bestendige opbrengs wil hê wat inflasie klop – wat die fonds konsekwent bied. Verlede jaar het hy sy maatstaf van die verbruikersprysindeks plus twee persentasiepunte met 5,3 persentasiepunte oortref.

Die Stable-fonds het 75,5% positiewe dae sedert sy stigting op 3 Mei 2011 behaal. By stigting het hy net R1 miljoen kapitaal gehad, maar het teen einde Februarie vanjaar tot R246,67 miljoen gegroei.

Groei is bereik deur beleggings teen minder as hul wesenlike waarde te koop en dié te vermy wat hy meen te duur is. “Ons meen dat alle beleggings toekomstige kontantvloei bied, wat gewoonlik met ’n mate van sekerheid gewaardeer kan word. Die wesenlike waarde ontwikkel mettertyd teen ’n taamlik bestendige pas.

By sy stigting het hy net R1 miljoen kapitaal gehad, maar het teen einde Februarie vanjaar tot R246,67 miljoen gegroei.

Batepryse wissel egter met verloop van tyd aansienlik,” sê Gavin Wood, die fonds se portefeuljebestuurder. Hy sê dis grootliks “vanweë selfversterkende siklusse van entoesiasme of negatiwiteit, gewoonlik aangevuur deur oormatige klem op korttermyn-data en -nuus.

Ons streef daarna om die wanprysbepalings te benut wat hieruit vloei.” Die portefeulje se tien grootste aandeelbelange weerspieël dit met keuses van platinumaandele soos Northam Platinum en Royal Bafokeng Platinum, wat in verskeie fases van die fonds se bestaan gehou is.

Die vraag na dié metaalgroep en, gevolglik, sy pryse het van $1 500 per ons in 2014 tot onder $800 verlede jaar geval, maar vanjaar met meer as 6% gestyg, berig Engineering News.

Wood sê die platinumbelange bevoordeel die fonds tans aansienlik vanweë die huidige markomgewing vir platinumgroepmetale (beperkte aanbodvooruitsigte en beduidende tekorte aan die nieplatinummetale) en die swak rand.

Die fonds hou in gedagte dat dié aandele siklies en wisselvallig is. Die fonds pas dus posisies daarby aan en balanseer hulle met ander en bestendiger belange.

Hoekom finweek dié fonds sal oorweeg:

Die fonds se prestasie oortref inflasie plus 2 persentasiepunte (sy maatstaf) gerieflik oor lang tydperke – al was die tweede helfte van 2015 moeilik.

Met ’n waardegerigte benadering gee die ervare beleggingspan die fonds ’n volhoubare voordeel. Die fonds voldoen ook aan regulasie 28, is versigtig met diversifikasie tussen bateklasse, het gebalanseerde blootstelling tot Kagiso se top-aandeelkeuses, geniet kapitaalbeskerming deur aandeelmarkverskansing, en het ’n hoë toewysing aan bates wat op opbrengs fokus.

Die fonds is in Februarie met ’n Raging Bull-toekenning vir die beste SA multibate-lae-aandele-fonds vereer.

Meer oor:  Finweek  |  Risiko
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.