Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Maatskappy se resultate: Dis die klein jakkalsies wat verniel. . .
22 November 2018
Foto: Shutterstock

Tydens die konferensie-oproep ná sy jongste resultate het Apple gesê die maatskappy gaan nie meer die verkoopsyfers vir sy Mac-rekenaar, iPhone en iPad aankondig nie.

Dit is natuurlik heeltemal binne Apple se reg om dit te doen, maar ’n mens moet onmiddellik wonder waarom hy nou skielik ophou – nadat hy 10 jaar lank die gedetailleerde kwartaallikse eenheidsverkope aangemeld het. Apple se amptelike rede vir dié besluit is dat hy nie glo die besonderhede van eenheidsverkope per kwartaal is ’n aanduiding van hoe sterk die besigheid is nie. Maar dis waarskynliker dat verkoopsgroei in dié volwasse mark begin afneem, en Apple wil dit wegsteek. Dit is egter belangrik om te onthou dat inkomste en wins vir die iPhone baie sterk bly, en dat lustelose iPhone-verkope steeds die omset met 29% verhoog het – vanweë hoër verkooppryse en marges.

Dit is egter belangrik om te onthou dat inkomste en wins vir die iPhone baie sterk bly, en dat lustelose iPhone-verkope steeds die omset met 29% verhoog het – vanweë hoër verkooppryse en marges.

Na my mening is dit nie vir Apple om te besluit watter syfers belangrik is nie. Ja, hulle ken die besigheid beter as enige ontleder, maar dit is die ontleder wat moet besluit watter syfers hom help om die besigheid te verstaan en waardeer. Dit het my laat dink oor die wyse waarop plaaslike maatskappye resultate aankondig.

Sekere syfers moet gepubliseer word, soos die maatskappy se inkomstestaat, kontantvloei en balansstaat. Wesensverdienste per aandeel (WVPA) en dividendbesonderhede word ook vereis, maar hoe en wat ’n maatskappy aankondig en waar hy die syfers op die Sens-aankondiging plaas, kan vir ons baie dinge oor die resultate duidelik maak. Maatskappye sal gewoonlik hul beste syfers bo-aan plaas.

Dit is hoekom ons soms die besonderhede oor die marges eerste kry. Ander kan dalk inkomste uitbasuin en dalende WVPA stilletjies ignoreer. Party begin sommer met ’n afgewaterde balansstaat. As ’n maatskappy inligting probeer wegsteek, stel ek altyd méér belang in sy resultate.

As ’n maatskappy se resultate-aankondiging op Sens byvoorbeeld begin met ’n balansstaat, gaan soek ek onmiddellik die betekenisvoller syfers rondom inkomste, WVPA, en kontant- omskakelkoerse. Kortom, dit maak my agter- dogtig. Dit het dus die teenoorgestelde uitwerking as wat hulle wou hê.

Sommige genoteerde maatskappye se eerlikheid is lofwaardig. Dit word gewoonlik aangedryf deur die voorsitter of die uitvoerende hoof, wat dan ook ’n eerlike evaluering van die handelstoestande vir die oorsigtydperk skryf. Ek het al dikwels gesê dat dit ’n plesier is om die resultate te lees, en dat ek baie daaruit leer omdat die kommentaar verduidelik hoe die besigheid werk en sy wins genereer.

Wanneer dinge moeilik raak (soos dit vroeër of later wel sal), is dit dié geskiedenis van hul eerlikheid wat ons sal troos wanneer hulle sê goeie tye sal weer kom.

As ’n maatskappy waarin jy belê het (of in wil belê) onduidelike resultate bekendstel met min besonderhede en poog om belangrike inligting oor swak of ongunstige prestasie weg te steek, dan verdien daardie aandeel regtig nie jou belegging nie. Die bestuur moet oop en eerlik wees, en wanneer dinge moeilik raak (soos dit vroeër of later wel sal), is dit dié geskiedenis van eerlikheid wat ons sal troos wanneer hulle sê goeie tye sal weer kom.

Die bestuur wat probeer om die slegte tye weg te steek, kan ons eenvoudig nie vertrou wanneer hulle ’n wonderlike toekoms belowe nie. Dit is dieselfde as die maatskappye wat allerhande nie-IFVS-syfers vir WVPA het wat blykbaar net daar is om ons te verwar. Soos ek altyd sê, ek stel net belang in WVPA en verwaterde WVPA (laasgenoemde neem in ag aandele wat in die toekoms uitgereik sal word). In my ideale wêreld sal die JSE ’n sekere standaardvorm hê vir die eerste vyf reëls van ’n resultate-SENS.

In dié ideale wêreld sal die eerste vyf reëls inkomste, WVPA, dividend, kontant voorhande en bedryfsmarges insluit. Jy sal dalk verkies om iets anders te sien. Dit is natuurlik heeltemal in orde. Maar ’n mate van standaardisering sal die lewe makliker maak.

* Stuur 'n boodskap aan terugvoer@finweek.co.za

Meer oor:  Finweek  |  Maatskappyresultate  |  Beleggings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.