Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Meer vroue goed vir myne se verdienste
19 Maart 2020
Deshnee Naidoo Uitvoerende hoof van Vedanta Zinc International

Vanselfsprekend kan vroue nie als so goed soos hul manlike eweknieë in die mynboubedryf doen nie, byvoorbeeld soos om swaar toerusting te hanteer. Aan die ander kant is vroue beter as mans daarmee om betyds op te daag vir werk; hulle breek ook nie die groot gelede vragmotors waarmee hulle werk, soos mans nie.

Só sê Deshnee Naidoo, uitvoerende hoof van Vedanta Zinc International en lid en direksielid van die Minerale Raad van Suid-Afrika. Sy is die stukrag agter die organisasie se witskrif, wat ten doel het om vroue se rol in die bedryf te bevorder. Daar is hope inligting wat wys om vroue in die mynboubedryf te betrek, is nie slegs ’n teken van ’n regverdige en moderne samelewing nie, maar ook ’n goeie sakestrategie.

Fortune 500-maatskappye met minstens drie vroulike direksielede het meer as 53% opbrengs op ekwiteit, terwyl diverse maatskappye in die algemeen 19% meer inkomste uit innovasie lewer, sê die Pearson Institute.

Sou die gaping tussen die geslagte wat ekonomiese deelname betref met slegs 25% teen 2020 verklein word, kan dit die ekonomiese uitset wêreldwyd met $5,3 duisend miljard lig.

“Ons benodig ferm ingryping om groter vroulike verteenwoordiging in die bedryf te kry,” het Naidoo voor die bekendstelling van die witskrif op 8 Maart, Internasionale Vrouedag, gesê. “As ons dit nie op die uitvoerende hoof se agenda sit nie, gebeur dit nie.” Tans werk daar sowat 54 000 vroue in die SA mynbousektor, gelykstaande met 13% van die sektor se totale werksmag – duidelik ’n onderverteenwoordiging, aangesien daar effens meer vroue as mans in die land is.

Daar is hope inligting wat wys om vroue in die mynboubedryf te betrek, is nie slegs ’n teken van ’n regverdige en moderne samelewing nie, maar ook ’n goeie sakestrategie.

Die witskrif is egter op meer as syfers gerig. Syfers is hoofsaaklik waaroor die onlangs herontwerpte mynbouhandves gaan. Die handves vra reeds dat 5% van mynbougoedere wat die sektor aankoop, deur maatskappye geproduseer moet word wat deur vroue of die jeug besit en beheer word. “Ons wil daaraan stukrag gee,” sê Naidoo.

“Die mynbouhandves kry ons nie by die gewenste eindpunt uit nie, naamlik om nie te stop voor daar minstens 50% verteenwoordiging is nie. Ons moet ook tot verder as nakoming vorder. En ons moet gelyke geleenthede bied.” In hul stryd teen ’n swak veiligheidskultuur by myne wil mynmaatskappye hê dat werknemers veilig werk toe en huis toe moet ry en in hul daaglikse lewe veilig moet funksioneer, want die gedagte is dat slegte gewoontes nie bloot by die mynhek agtergelaat word nie.

Roger Baxter Uitvoerende hoof van die Minerale Raad van Suid-Afrika

Op dieselfde wyse wil die minerale raad se witskrif ’n algemene kultuurverandering sien in hoe vroue beskou en behandel word. SA het een van die hoogste syfers vir geslagsgebaseerde geweld ter wêreld. Daar word elke drie uur ’n vrou vermoor en elke dag word 84 verkragtings aangemeld. “Dit is syfers waaroor elke man in SA hom behoort te skaam,” sê Roger Baxter, uitvoerende hoof van die raad.

Die raad het verskeie strategiese punte geïdentifiseer en ’n taakspan van 12 lede, meesal vroue, op die been gebring (Naidoo sê meer mans behoort daarin te dien) om die saak op die hoogste vlak aan te pak. ’n Klompie bemoedigende tendense is bespeurbaar.

Anglo American en Rio Tinto se personeel bestaan uit onderskeidelik 20% en 18% vroue, maar die witskrif wil ook ondergronds beter werksomstandighede sien, onder meer byvoorbeeld wat toegang tot ablusiegeriewe betref. ’n Ander tendens is dat SA se mynbousektor toenemend digitaliseer en meganiseer. Volgens die minerale raad sal sowat 30% van die land se mynbouproduksie teen 2025 uit gemoderniseerde myne kom.

“Ons beskou modernisering as ’n dryfkrag wat ons sal help om die speelveld gelyk te maak,” sê Naidoo. Die departement van minerale en energie steun die inisiatief. ’n Mens vermoed die departement se samewerking sal deurslaggewend wees as die raad sukses wil behaal. "Ons het voorlopige gesprekke met die minister (Gwede Mantashe) gevoer,” sê Baxter. “Die departement is genooi om deel te wees van die taakspan.”

* Stuur 'n boodskap aan terugvoer@finweek.co.za

* Foto’s: Gallo/Getty Images

Meer oor:  Finweek  |  Myne  |  Arbeidsmag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.