Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Merafe Resources: Stewige resultate
10 September 2021

Merafe het ’n wilde notering gehad en in 2008 ’n hoogtepunt van meer as 400c behaal.

Toe volg beurtkrag, die vraag stort in duie en die aandeel daal tot onder 100c, waar dit die afgelope paar jaar voortsukkel en dan en wan na 200c beweeg. Die enigste bate wat Merafe besit, is ’n minderheidsaandeel – saam met Glencore – in die Glencore-Merafe-onderneming. Dit is die grootste ontginner van ferrochroom ter wêreld.

Onlangse resultate was sterk, maar wat my oog gevang het, was ’n 66%-toename in produksie terwyl pryse die hoogte inskiet. Voorraad was ook op R1,4 miljard en kontant byna R800 miljoen. Dit is R2,2 miljard in totaal, met die markkapitalisasie tans, teen ’n aandeelprys van 97c, op R2,4 miljard. Die mark het nooit van die minderheidsaandeel gehou nie, want dit beteken hy het geen beheer nie.

Die vraag na ferrochroom het opgeskiet, want die allooi word in staalproduksie gebruik, wat mettertyd kan afneem. Dit is egter bekend, en ’n mens wag op ’n sneller wat die prys sal laat styg, iets soos ’n stygende vraag of afname in wêreldproduksie, veral uit China vanweë sy beleid om sy kragsektor te hervorm. 

* Foto: meraferesources.co.za

Meer oor:  Merafe Resources  |  Finweek  |  Beleggings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.