Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Metrofile: Sterker met minder skuld
22 Oktober 2020

Die aanbod om vir Metrofile* teen 330c per aandeel te denoteer, is verlede jaar in Desember gemaak en sou rondom Mei gebeur het, maar die inperking het dit uitgestel.

Die rede was dat die koper, die Housatonic-konsortium, nie geplaas was om reëlings oor moontlike finansiering en SEB-vennote te finaliseer nie. Met reise wat nou hervat het (insluitend vanaf Amerika vir beleggers), kan die laaste stappe afgesluit word.

Deel hiervan sluit in hoe Metrofile tydens die inperking gevaar het asook sy jaarresultate vir die jaar tot 30 Junie. Dié resultate is in September uitgereik. Dit toon Metrofile is in ’n beter toestand met minder skuld as ’n jaar tevore.

Die koper sal die transaksie in dollars finansier. Die rand het met ongeveer 10% verswak wat die transaksie goedkoper maak. Dus verwag ek dat dit vroeg in 2021 teen 330c per aandeel afgehandel sal word.

Gerugte van ’n hoër aanbodprys of ’n ander moontlike oornemer doen die ronde. Ek dink egter nie dit sal gebeur nie. Teen die huidige 261c per aandeel is die oorspronklike bodprys van 330c ’n opbrengs van 26% in minder as ses maande.

* Die skrywer besit aandele in Metrofile.

* Foto: www.metrofilegroup.com

Meer oor:  Finweek  |  Aandele-Mening  |  Metrofile
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.