Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Middelkapitaal-aandele met blink moontlikhede
21 November 2019
Schalk Louw

Met die Rugby-wêreldbeker agter die rug kan ons met trots sê dat ons wêreldkampioene is. Ons het Engeland in die eindstryd vermorsel. En om te dink dat ons in Maart 2018 op plaaslike front glad nie opgewonde was oor vanjaar se Wêreldbeker nie. Min Suid-Afrikaners het verwag dat ons sou wen.

Die belangrikste les wat ons uit die hele ervaring geleer het, is hoe gou momentum in jou guns kan swaai as die wiele begin draai.

Aandelebeurs

Wanneer ons na die plaaslike aandelebeurs kyk, sien ons dat ons ’n heel soortgelyke ervaring met middelkapitaal-aandele gehad het.

Die FTSE/JSE se middelkapitaal-indeks bestaan uit aandele op die JSE wat buite die 40 grootste aandele val, maar wel binne die top-100. Met ander woorde, middelkapitaal- aandele verteenwoordig die top-41 tot 100 grootste maatskappye, volgens markwaarde, wat op die beurs genoteer is.

Wanneer jy mooi na dié 60 maatskappye kyk, sal jy sien dat die meeste van hulle hul wins binne die grense van Suid-Afrika verdien. Daarom word die meeste van hulle ook sogenaamde “SA Ingelyf”-maatskappye genoem. Hierdie aandele het uiteraard, en met ’n donker vooruitsig, swakker gevaar as die normindeks wat die totale beurs se prestasie meet.

Die FTSE/JSE se indeks van alle aandele het in die drie maande tot einde Julie ’n totale opbrengs van 5,6% gelewer, ’n opbrengs wat selfs deur die geldmark geklop is.

Middelkapitaalaandele

Nietemin het die breër indeks die middelkapitaalaandele in die stof laat byt met laasgenoemde wat -1.4% vir die tydperk gelewer het. Soos die geval met die Springbokke was, is dié aandele destyds min of meer afgeskryf. Maar net drie maande daarna is die bordjies verhang.

Ons wil natuurlik nie die tyd vooruitloop nie, maar die JSE het intussen mooi herstel, en middelkapitaal-aandele het ook sommer gou daarin geslaag om stof in die oë van hul mededingers te skop.

Nietemin het die breër indeks die middelkapitaalaandele in die stof laat byt met laasgenoemde wat -1.4% vir die tydperk gelewer het.

Aan die einde van Oktober 2019, het die indeks van alle aandele positief met 10,5% vir 2019 verhandel. In Oktober alleen het dit met 3,1% gegroei. Middelkapitaal-aandele het dié prestasie oor dieselfde tydperk van een maand meer as verdubbel (7,2%) en verhandel tans teen +9,7% vir 2019, nie ver agter die JSE se prestasie vir die jaar tot op datum nie.

Dis ’n feit dat waardegeleenthede hul lyf net só lank kan wegsteek voordat hulle weer gesig wys. PJ van Niekerk, aandeelontleder by PSG Wealth Old Oak, het vier middel- en kleinkapitaal-aandele gekies wat goedkoop lyk, veral vir daardie beleggers wat meen dat hierdie herstel steeds in sy babaskoene is.

Momentum Metropolitan Holdings

Momentum

Momentum Metropolitan Holdings is betrokke by lang- en korttermynversekering, batebestuur, besparing, beleggings- en werknemervoordele. Goeie vordering is gemaak met die maatskappy se “herstel en groei”-strategie – ’n driejaarplan wat in September 2018 ingestel is om winste in die 2021-boekjaar tot R4 mijard te verbeter.

Die groep het onlangs weer dividende ingestel na die afhandeling van ’n aandeelterugkoopprogram van R2 miljard. AECI AECI is ’n Suid-Afrikaanse plofstof- en chemiese spesialiteitsmaatskappy.

Gedurende die eerste ses maande van 2019, het die groep sy waterverwerking- en mynoplossingsegment herstruktureer. Die voordele van die herbelyningsprojekte, beter reënval in die Wes-Kaap, en beter toestande in die mynbousektor kan wins in die tweede helfte van die finansiële jaar steun.

Hudaco

Hudaco is betrokke by die invoer en verspreiding van handelsmerk-motor-, nywerheids- en elektriese verbruiksprodukte vir die plaaslike mark.

Groepverdienste sal afhang van ekonomiese groei en plaaslike sakevertroue. Ondanks uitdagende handelstoestande, het die groep daarin geslaag om ’n bevredigende stel tussentydse resultate te lewer. Hudaco verhandel teen ’n sloerende prys-verdienste-veelvoud van 9,15 en ’n dividendopbrengs van 5,18%.

Coronation Asset Management Coronation

Coronation Asset Management Coronation is ’n vooraanstaande naam in die Suid-Afrikaanse beleggingsbedryf, met totale bestuurde bates van R571 miljard soos op 30 September 2019.

Die groep se opbrengste is gekorreleer met die prestasie van aandeelmarkte. Met die skryf hiervan het die indeks van alle aandele ’n geannualiseerde opbrengs van 8,45% opgelewer.

Indien die huidige markvlakke konstant bly, verwag die bestuur ’n verbetering in die resultate vir die tweede helfte van die huidige finansiële jaar.

Stuur 'n boodskap na terugvoer@finweek.co.za

Schalk Louw is ’n portefeuljebestuurder by PSG Wealth.


Meer oor:  Middelkapitaal  |  Finweek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.