Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Millenniërs maak plan met hul verblyfbehoeftes
9 Julie 2021

Millenniërs in duur stede soos New York, Londen en Hongkong het die gedagte van huisdeelopsies gemoderniseer om ’n nuwe tendens bekend as deelwoon (“co-living”) te skep, wat deftige, volledig gemeubileerde, hotelgrootte woonruimtes met gedeelde geriewe skep.

Tydens ’n besoek aan Amsterdam het Hein Ehlers, uitvoerende hoof van Devmark Property Group, ’n klompie deelwoonruimtes besoek en besluit om in Suid-Afrika ’n soortgelyke ontwikkeling te begin.

’n Straataansig van YUCO. Foto: Verskaf/Devmark

“Ehlers het besef dit is ’n oplossing wat huisvesting nie slegs bekostigbaarder maak om te koop of te huur nie, maar ook aan millenniërs se sin vir gemeenskap bevredig. Dit is iets wat nou selfs groter voorrang geniet vanweë die isolasie wat weens die Covid-19-inperkings is,” sê Dejane Steyl, bemarkingshoof van Devmark Property Group.

Die naam YUCO, die Engelse akroniem vir “your urban co-living space”, is vir die ontwikkeling gekies.

Die aantrekkingskrag

Hein Ehlers, uitvoerende hoof van Devmark Property Group. Foto: Verskaf/Devmark

Steyl sê ’n klompie ander deelwoonontwikkelings het al in SA die lig gesien, maar niks wat met YUCO vergelyk nie.

“Met die meeste ander ontwikkelingspogings het mense hul eie studio-wooneenhede, met gedeelde toegang tot ’n koffiewinkel, gimnasium, swembad of braaiplekke. Ons neem dit ’n stap verder deur ook gemeenskaplike vergaderplekke, studieruimtes, sitkamers en speelplekke in te sluit, asook ’n gemeenskaplike kombuis op elke vloer. Daarby sal die 380 studio-eenhede wat beskikbaar is volledig gemeubileer wees en weekliks gediens word.”

Die ontwikkeling vorm deel van Galleria, ’n nuwe ingeslote woonruimte van 11,4 hektaar op ’n eiendom vir gemengde gebruik in Kaapstad se noordelike voorstede.

“Galleria is bestem om ’n polsende nuwe stadsentrum te word, ’n sentrale bestemming in Bellville vir sakelui, groot maatskappye, kleinhandelaars, geleentheidsorganiseerders, toeriste en plaaslike inwoners. Dit sal ’n 4-ster hotel, handelsruimtes, leefstyl- en ontspanningsattraksies asook YUCO insluit,” sê Steyl.

’n Deel van die woongebied se aantrekkingskrag is dat dit naby verskeie hoëronderwyssentrums, deurgangspaaie en vervoerdiensroetes geleë is, boonop met die Wynland as agtergrond. Dit is ook in die middel van die tweede Kaapse stadskomgebied geleë.

“Die ontwikkeling pas goed in by die begeerte wat millenniërs het om herinnerings en ervarings op te bou, aangesien dit toegang bied tot wonderlike voetslaanroetes en bergfietspaaie, asook wynplase met unieke geleenthede vir uiteet en wynproe,” sê Steyl.

Die formele sitkamer. Foto: Verskaf/Devmark

Die produk

Dejane Steyl, bemarkingshoof van Devmark Property Group. Foto: Verskaf/Devmark

Die studio-eenhede is van 18,7 m2 tot 26,1 m2 groot, met pryse wat van R659 000 tot R1,05 miljoen wissel.

Bouwerk het nog nie begin nie, maar die ontwikkeling sal sy eerste inwoners teen die middel van 2023 kan begin huisves.

“Soos dit met alle vaste eiendom die geval is, het die Covid-19-inperkings verkope negatief beïnvloed, maar sedertdien het dit beter begin gaan en nou voldoen dit weer aan ons verwagtings,” sê Steyl.

Beleggers wat die eiendom voor einde Junie gekoop het, was in staat om 100% van hul belastingrekening in ’n 12J-eiendomsbelegging te omskep deur die 12J-beleggingsopsie te kies.

Steyl voorsien dat al die eiendomme uitverkoop sal wees voordat beleggers die geleentheid sal hê om aanstaande jaar weer so te maak.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.