Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Staat-regulering: Minder reëls en meer byt
30 Julie 2020
Foto: Shutterstock

Ons het minder staatsregulering in hierdie land nodig. Dis veral die geval indien ons die verbrokkelende ekonomie weer aan die brand wil skop.

Twee onlangse gebeure noop ’n mens om te oorweeg of landsburgers, ondernemings en die regering die lewensvatbare koers inslaan in gesprekke oor hoe om die ekonomie weer aan die groei te kry – en daarby teen ’n sneller pas. Eerstens was daar ’n gesprek oor of wit-beheerde ondernemings toegelaat moet word om die township-mark deur spazawinkels te betree.

Die tweede was die ANC se Ekonomiese Transformasie Komitee se 31 bladsy-gespreksdokument oor die heropbou, groei en transformasie van die Suid-Afrikaanse ekonomie. Albei dié voorbeelde het iets in gemeen: oproepe om groter staatsinmenging. Die regerende party het so ver gegaan as om staatsbeheerde broeiplekke voor te stel ten einde investering in die akwakultuursektor aan te moedig. Ek sou voorstel dat eerder as om openbare geld te mors op die broei van mossels, perlemoen en oesters, die prioritisering van dringende wysigings aan arbeidswetgewing ’n groter impak op die akwakultuursektor sal hê. Om nie eens van die breër ekonomie te praat nie.

In finweek se uitgawe van 16 Julie het bydraer Andile Ntingi genoem dat buitelanders ’n groot gros van die kleinhandelmark in townships en landelike gebiede besit. Dit kan maklik geverifieer word met ’n deurry van hierdie plekke. Maar ons moet vasstel waarom dit die geval is en of meer burokratiese rompslomp meer ondernemings in die hande van plaaslike inwoners sal plaas.

Landbou en kleinhandel

Eerstens staan twee sektore in die SA ekonomie uit vir hul gemak tot toetrede, veral vir mense met min opleiding: landbou (selfs die broei van mossels) en kleinhandel.

En met kleinhandel kan ’n baie eenvoudige maatstaf ingespan word om te bepaal of ’n potensiële toetreder geskik is vir die sektor: Weet die persoon hoe om ’n produk teen ’n hoër prys te smous – weliswaar aan klante wat bereid is om daarvoor te betaal – as die prys waarteen die produk aangekoop is? Dié verskil tussen die aankoop- en verkoopprys, naamlik die wins, het ’n hele paar aanspraakmakers op dit, insluitende die kleinhandelaar, die verhuurder, die regering en andere. En die regering word hier om ’n ysingwekkende rede genoem.

Baie kleinhandelaars, wat binne die landswette optree, voldoen aan die vereistes vir BTW, minimumlone, WVF, die ongevallekommissaris en ’n legio ander regulasies. Dit is duur.

Baie kleinhandelaars, wat binne die landswette optree, voldoen aan die vereistes vir BTW, minimumlone, WVF, die ongevallekommissaris en ’n legio ander regulasies. Dit is duur. As ’n mens slegs na BTW kyk, lig dit die verkoopprys van ’n produk met 15%. In ’n swaar mededingende kleinhandelmark gee die 15%-verskil in die verkoopprys aan diegene wat nie BTW-vereistes nakom nie, ’n reusevoordeel. Dit beteken dat hulle die produk, soos die wetsgehoorsame kleinhandelaar, teen R1 kan verkoop, maar 13c meer verdien.

Die wetsgehoorsame kleinhandelaar, aan die ander kant, moet die 13c aan die regering oorbetaal. Dan kyk ’n mens nog nie eers na inkomstebelasting, vaardigheidsheffings en WVF op lone of dividendbelasting nie. Rakende die toetrede tot die kleinhandelsektor: daar is duidelik ’n behoefte aan kapitaal.

Dit manifesteer gewoonlik in krediet vanaf verskaffers (waarvan Pick n Pay se balansstaat ’n sprekende voorbeeld is), maar vir iemand wat geen ondervinding of ’n kredietrekord het nie, sal dit moeilik wees om in die hande te kry.

Streng risikomaatstawwe

Formele bankkrediet sal waarskynlik ook moeilik wees om te bekom weens uitleners se streng risikomaatstawwe. Dan is daar die mikrokrediet-verskaffers, veral maatskappye wat kaartmasjiene verhuur en teen die omset van ’n onderneming geld uitleen. Kleinhandelmarkte in townships en landelike gebiede is egter inherent kontant van aard en skep ’n probleem in verband met kaartmasjiene. Dit laat vir ons met die enorme mark vir stokvels as verskaffers van kapitaal om kleinhandelaars te ondersteun wat deur plaaslike inwoners besit word.

Dit pas perfek weens ’n kritieke rede: plaaslike kennis. Geen staatsinmenging is nodig nie. Die skoonheid van stokvels is in die nabyheid van hul lede aan plaaslike aangeleenthede. Baie lede woon in dieselfde woonbuurt waar daar heel waarskynlik ’n spazawinkel uit iemand se huis bedryf word. Waar die skrywer vandaan kom, word baie van dié kamers, met ’n straataansig, in huise aan buitelanders verhuur om ’n spazawinkel te bedryf.

Hoekom bedryf die huiseienaar nie self ’n winkel op hul eie perseel nie? Die totale waarde van die geld wat deur stokvels gespaar word, verskil van bron tot bron, maar ’n mens kan veiligheidshalwe aanvaar dit is meer as R40 miljard ’n jaar.

Ongeveer 11 miljoen Suid-Afrikaners behoort aan ’n stokvel – dis amper een uit elke vyf mense. Die kanse dat die huiseienaar, wat die spazawinkel uitverhuur, iemand sal ken of self deel is van ’n stokvel is groot. Sou die huiseienaar geld by die stokvel leen, verlaag die risiko van wanbetaling wesenlik omdat baie lede van die stokvel moontlik by die winkel sal koop en met die eienaar in wisselwerking sal wees.

Geen handelsbank het hierdie voordeel oor die beheer van uitleenrisiko nie. Die laaste vraag is hoe ver ons wil hê dat die kleinhandelsmark in die townships en landelike gebiede moet formaliseer?

Die lelike ding van om enigiets te formaliseer is dat jy kreatiwiteit smoor wat die onderbou van entrepreneurskap is.
Jaco Visser

Die lelike ding van om enigiets te formaliseer is dat jy kreatiwiteit smoor wat die onderbou van entrepreneurskap is. Dis nie iets wat jy iemand deur ’n kursus kan aanleer nie, of dit nou ’n MBA of ’n werkswinkel is. Jy het dit of jy het dit nie. En vir die mikro-sakepersoon, insluitende potensiële spazawinkel-eienaars, is steun eerder as regulering nodig om die idee gestalte te gee. Die huidige sukses en aanloklikheid van spazawinkels én stokvels lê in hul hoofsaaklik ongereguleerde aard.

Ja, elke besigheid moet aan die landswette voldoen, maar nakoming aan regulasies moet so maklik as moontlik gemaak word. Op die ou einde produseer die regering niks nie en dra ook nie enige risiko vir die geld wat hy van die produktiewe sektore van die ekonomie afneem deur belasting nie.

So eerder as om mossels en oesters te broei, moet openbare geld gerig word op die inspeksie van nakoming aan bestaande (en toekomstig hopelik minder) regulasies vir ondernemings en arbeid én om dapper Suid-Afrikaners te ondersteun wat die sprong in besigheid in neem.


Meer oor:  Ekonomie  |  Kleinhandel  |  Lanbou  |  Finweek  |  Covid-9
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.