Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Lesse van finansiële kundiges
4 Julie 2019

Dit het heel maklik geword om geld kwistig in die digitale era uit te gee – dink net hoeveel produkte en dienste deur middel van óf tradisionele bemarkingskanale (gedrukte media, radio, TV of plakkate langs die pad óf deur verpersoonlikte aanlyn advertensies) onder jou aandag gebring is.

shutterstock

Met laasgenoemde word dit baie moeilik om slim met jou finansies te wees.

Dink net: Jy gebruik ’n soekenjin om ’n duur paar spoggerige skoene te koop, maar jy besluit daarteen. Dan vind jy dat elke webtuiste wat jy besoek, daardie en soortgelyke skoene en selfs klere waarna jy nie eens gesoek het nie, vertoon. Klink dit bekend? “As ek ’n ouer Jaco raad kan gee ... sal dit wees: “Moenie daardie Toyota Hilux koop nie!” sê Jaco Prinsloo, finansiële beplanner by Alexander Forbes.

Prinsloo het ’n paar jaar gelede sy VW Polo afbetaal en nadat hy homself belowe het hy sal nie ’n bakkie koop nie, het hy vier maande later wel.

Prinsloo het ’n paar jaar gelede sy VW Polo afbetaal en nadat hy homself belowe het hy sal nie ’n bakkie koop nie, het hy vier maande later wel.

Hoewel die bakkie geriefliker en veelsydiger is, sê Prinsloo dat hy nie nou gelukkiger is as toe hy ’n Polo besit het nie.

Prinsloo se besteeprobleem klink heel bekend. Dis soortgelyk aan die probleem waarmee die meeste van ons daagliks gekonfronteer word; strikvrae wat ons dikwels pla veral as ons die pad na finansiële welstand byster raak. Vir hom beteken finansiële welstand om beheer oor jou finansies te hê en nie toelaat dat finansies jou lewe oorheers nie.

“Die voordeel dat jy jou nie hoef te bekommer oor onverwagte uitgawes, die aftel van die dae tot by betaaldag of die vermoë om iemand wat in die verknorsing is te help nie. Om die ervaring of ding te geniet en dat jy jou nie hoef te bekommer hoeveel dit kos nie,” verduidelik hy.

Met Julie wat deur die Suid-Afrikaanse Spaarinstituut (SASI) as die nasionale spaarmaand gedoop is, het finweek hom tot ’n paar finansiële kundiges gewend om uit te vind hoe hulle hul eie geld bestuur – van die slaggate tot die suksesse.

Jy moet ook ’n plan formuleer gegrond op jou drome en doelwitte. Laasgenoemde is nie altyd moontlik nie, maar dit beteken jy weet wat jy vir dié drome en doelwitte moet spaar en om dit dan op ’n sistematiese of geprioritiseer wyse aan te pak.

Die meeste finansiële kundiges stem saam oor wat dit beteken om finansieel gesond te wees. Dit sluit in om binne jou inkomste te lewe en om in staat te wees om jou maandelikse uitgawes maklik binne jou begroting te dek, asook om tussen 15% en 20% van jou bruto inkomste vir jou aftrede te spaar en om geld na goeie skuld in plaas van slegte skuld af te lei – byvoorbeeld, kredietkaartskuld (waar hoë rentekoerse gevra word).

Jy moet ook ’n plan formuleer gegrond op jou drome en doelwitte. Laasgenoemde is nie altyd moontlik nie, maar dit beteken jy weet wat jy vir dié drome en doelwitte moet spaar en om dit dan op ’n sistematiese of geprioritiseer wyse aan te pak.

Janet Hugo, direkteur by Sterling Private Foto: Argief I
Identifiseer finansiële doelwitte

“Elke jaar, gedurende die Kersgety, stel ek finansiële doelwitte vir my vir die komende jaar en op langer termyn op,” sê Janet Hugo, gesertifiseerde finansiële beplanner (CFP) en direkteur by Sterling Private Clients.

Hugo doen die beplanningsoefening saam met die res van die gesin, wat nie ’n maklike taak is nie omdat teenstrydige doelwitte sonder twyfel geopper gaan word. “Ons bespreek die doelwitte as gesin en prioritiseer hulle dan.”

Kenosi Magosha, hoof van kliënt-oplossingbesparing by Sanlam, en Sonia du Plessis, CFP by Brenthurst Wealth, gaan sit ook saam met hul gades en/of gesinne aan die begin van die jaar om vir toekomstige uitgawes te beplan. Dit sluit in om na te gaan of hulle groot uitgawes, soos vakansies of huisverbeterings kan bekostig.

Hulle kyk ook na hulle skuld om te bepaal of dit binne beheer is. Vir Magosha, moet skuld (in haar geval, eiendom) binne ’n vasgestelde tyd betaal word. Magosha en Du Plessis gaan ook hulle spaargeld en aftreebesparings na om seker te maak dit is op die regte vlak. Kinders se opvoeding kom ook in die besprekings voor, byvoorbeeld, of hulle genoeg vir die kinders se universiteitsgelde spaar. Welvaartdeskundige, skrywer en internasionale spreker oor geld, Gerald Mwandiambira, sê dit “begin alles met ’n droom”.

“As jy nie droom nie, kan jy nie ’n finansiële doelwit stel nie,” sê hy, en verduidelik dat jy in staat moet wees om ’n uitkoms te visualiseer.

“As jy nie droom nie, kan jy nie ’n finansiële doelwit stel nie,” sê hy, en verduidelik dat jy in staat moet wees om ’n uitkoms te visualiseer. “Soos met enige droom, werk jy agteruit en dan kan jy enige finansiële plan opstel om die droom ’n werklikheid te maak.”

Bly op die spoor van finansiële doelwitte

Met finansiële doelwitte moet jy realisties wees. “Ek besef dat ek nie oor die volgende drie jaar finansieel onafhanklik gaan wees nie,” sê Prinsloo.

“Deur realisties te wees, sal jou help om nie teleurgesteld te wees wanneer dinge nie volgens plan verloop nie – iets wat wel sal gebeur.” Met dit in gedagte, besluit hy op ’n doelwit en bepaal presies hoeveel hulpbronne hy kan bekostig om aan die bereiking van die doelwit toe te wys. Hy gebruik dan eenvoudige wiskunde om uit te werk hoe lank dit gaan neem.

Gerald Mwandiambira, welvaartdeskundige FOTO: Argief I

“Ek benader my doelwitte presies hoe jy ’n olifant sal eet: stukkie vir stukkie.” Om die groot droom bereikbaar te maak, moet jy die porsies happie-grootte maak, sê Mwandiambira en beaam Prinsloo se verdeling van doelwitte in tydraamwerke.

Magosha sê sy maak gewoonlik ontledingstate (soos Du Plessis en Prinsloo, het sy ook Excel haar vriend gemaak).

Sy verduidelik dat die tydraamwerk van die doelwit afhang. Sy toets party vooruitskattings van terugbetalings en hoe om terugbetalings te versnel deur meer as die vereiste bedrag in die finansiële ooreenkoms te betaal en toets verskillende scenario’s in die ontledingstaat om ’n sin te kry van wanneer sy realisties daardie doelwit kan bereik.

“Ek raak heel opgewonde wanneer ek die syfers invoer en sien hoe die grafieke verander en rondbeweeg,” sê Prinsloo oor hoe hy ’n ontledingstaat gebruik om sy maandelikse begroting uit te werk.

“Elke maand verdeel ek my inkomste onder uitgawes, besparings en besteding. Nadat ’n bedrag aan elk toegewys is, herevalueer ek my huidige finansiële posisie en vergelyk dit met my maandelikse en jaarlikse doelwitte.”

Hoewel Barend van der Westhuizen, provinsiale hoofbestuurder by Absa Versekerings- en Finansiële Adviseurs, self ’n finansiële beplanner is, sê hy hy wend hom tot sy eie professionele finansiële adviseur, met wie hy met verloop van jare ’n noue band opgebou het, om hom te help om doelwitte op te stel.

“Hy verstaan elke aspek van my lewe (nie net finansieel nie) en het ’n finansiële plan vir my en my vrou opgestel. Saam het ons elke behoefte of doelwit op kort, medium- en lang termyn geïdentifiseer. Ons hersien hierdie plan gereeld om te verseker dat ons op die regte spoor is om ons doelwitte te bereik.”

“Jy sal net weet of jy gesond is of nie as jy deur ’n mediese spesialis gediagnoseer word,” sê Van der Westhuizen. In die finansiële bedryf, beteken dit die aanstel van ’n finansiële adviseur wat jou kan help om te verstaan wat jou huidige finansiële welstand is.

“Jy sal net weet of jy gesond is of nie as jy deur ’n mediese spesialis gediagnoseer word.”

Dit is die belangrikste stap volgens Van der Westhuizen — ’n beginpunt waar jy ’n plan beraam gegrond op jou drome en doelwitte. Gereelde vergaderings met ’n finansiële beplanner en lewensafrigter sal jou, volgens Mwandiambira, in staat stel om skerp ingestel te bly.

Hy wys ook op die bykomende voordeel dat daar aan jou bevestig word dat jy goed vaar, terwyl jy deur jou finansiële beplanner uitgedaag word wanneer jy nie die mas opkom nie of stroom-op sukkel.

Hugo bevestig dat tydlyne vir kort- en mediumtermyndoelwitte realisties moet wees met betrekking tot wat jy kan bekostig en jou verwagtinge van die markte. Sy bekommer haar nie oor die prestasie van die mark op kort termyn in soverre dit dié doelwitte betref nie aangesien dié deel van die strategie buite haar beheer is.

“Wat ek wel kan beheer, is die bedrag wat ek elke maand belê en ons uitgawes. ’n Mens moet langtermyn-beleggingsaannames hê en jou by die plan hou.” ’n Langtermyndoelwit, soos die afbetaal van ’n verband sal, volgens Du Plesssis, byvoorbeeld binne tien jaar bereik kan word. “Ek werk ook aan kortertermyndoelwitte, byvoorbeeld wanneer ons ’n groot gesinsvakansie vir die einde van die jaar beplan,” sê sy.

“Jy kan jou daaglikse transaksies nagaan, doelwitte stel, en ’n uiteensetting van jou netto waarde kry – alles op een plek.”

Hoewel Prinsloo persoonlik daarvan hou om ontledingstate vir nasporing en monitering te gebruik, hou hy ook van die toepassing 22seven, ’n gratis toepassing vir begrotings en beleggings wat jou help om jou geld makliker te bestuur en om slimmer te belê.

“Jy kan jou daaglikse transaksies nagaan, doelwitte stel, en ’n uiteensetting van jou netto waarde kry – alles op een plek.”

Hoe om te spaar en noodspaargeld op te bou

Een instrument wat die meeste finansiële kundiges genoem het met wie finweek gepraat het, is die belastingvrye spaarrekening (TFSA’s). “Ek hou daarvan om munt te slaan uit gratis etes,” sê Hugo.

“Die belastinggaarder gee jou baie min belastingtoegewings, en ek beveel sterk aan dat beleggers dit gebruik. Jou bydraes tot aftreefondse is belastingaftrekbaar, wat jou marginale belastingkoers verlaag en daar is geen belasting in die fondse nie, wat groei versnel.”

“TFSA’s bied ook ’n skans teen belasting. Vir beleggers in hoë belastingkategorieë, kan ’n nuwegenerasie-uitkeerpolis baie nuttig wees omdat kapitaalwinsbelasting op 12% vasgestel is vergeleke met 18%. Welvaartskepping word ’n groot hupstoot gegee deur eenvoudig die strategie toe te pas. Aftrekorders is ’n wonderlike instrument om te gebruik. Daar is geen emosie of oorweging of jy tot ’n belegging gaan bydra of nie. Dit is soos om jouself eerste te betaal.”

Magosha beskou ’n TSFA as ’n instrument wat besparing op die doeltreffendste manier sal laat groei met ’n primêre fokus op belastingdoeltreffendheid, hoewel “’n beplanner kan help om die regte kombinasie van instrumente vir ’n individu se besondere omstandighede te bewerkstellig”.

Op ’n ad hoc-grondslag spaar Van der Westhuizen ’n paar rand in ’n TSFA. Hy het nie ’n spesifieke doel vir dié geld nie omdat sy idee is om op lang termyn uit die belastingtoegewing voordeel te trek.

Hy beplan nie om enige van dié fondse oor die volgende dekade of twee te onttrek nie. Dis ’n ingewikkelde kwessie omdat die werklike belastingvoordele eers op lang termyn benut kan word. Prinsloo se doelwit is om elke maand ’n gedeelte van sy besteebare inkomste te spaar. Op die oomblik word die oorgrote deel van sy spaargeld in ’n noodspaarfonds gestort.

“Vir aftreespaargeld, kan jy nie ’n fout begaan met ’n aftree-annuïteitsfonds nie. Jy kry die belastingvoordeel nou en jou aftreespaargeld wanneer jy aftree – ’n wenresep vir wie jy nou is en wat jy nog gaan word.”

“Die spaargeld in die noodfonds word in ’n flexi- rekening op my uitstaande verband gestort omdat die rentekoers wat dit bied, hoër op die verband is as wat enige spaarrekening my kan bied. Die enigste opwindende ding aangaande my finansies is my aandeelportefeulje waar ek ’n klein bedraggie van my spaargeld elke maand belê in ’n poging om die mark te klop. Dit is my beloning omdat ek my ander beleggings veilig bestuur.”

“Ek hou van die belastingvrye spaarrekening vir besteebare spaargeld; dis goedkoop, eenvoudig en goed om langtermynwelvaart te bou,” bevestig hy. Die enigste rede hoekom hy nog nie een het nie is dat hy “sy noodspaargeld prioritiseer en hom dan op die uitskakeling van sy skuld toespits”.

“Vir aftreespaargeld, kan jy nie ’n fout begaan met ’n aftree-annuïteitsfonds nie. Jy kry die belastingvoordeel nou en jou aftreespaargeld wanneer jy aftree – ’n wenresep vir wie jy nou is en wat jy nog gaan word.”

shutterstock
Wat van aftrede?

Die onderwerp van aftrede is onafwendbaar, met die tyd om af te tree gewoonlik tussen 60 en 65. Deur vir jou aftrede te spaar, is die langste spaartermyn ná jou risiko-versekering, volgens Van der Westhuizen.

“Risiko (dood, ongeskiktheid en ernstige siekte) is iets wat ons nie altyd as besparing beskou nie. Dit is egter, volgens my, die eerste behoefte waaraan jy aandag moet gee. Dit beskerm óf jou welvaart (ingeval van jou afsterwe) of jou vermoë om geld te verdien (ingeval van ongeskiktheid en/of ernstige siekte). Sonder hierdie ‘spaar’- voordele sal jy nie enige van jou ander drome kan verwesenlik indien hierdie ongelukkige gebeurtenisse wel plaasvind nie,” verduidelik hy.

Van der Westhuizen is 42 en hoewel aftrede (wat hy op 63 stel) miskien ver in die toekoms lê, is dit slegs 232 salarisstrokies van nou af. . . “Ek het dus nog 232 geleenthede om vir my hele lewe as pensioentrekker te voorsien – wat miskien tot ouderdom 90 (324 betalingstrokies) kan wees.”

Hy begin spaar toe hy in sy middel- twintigerjare was, wat hom tot voordeel strek. “Dit is egter weer eens iets wat mense te lank uitstel. Ons dink altyd daar’s baie tyd oor.

Hy begin spaar toe hy in sy middel- twintigerjare was, wat hom tot voordeel strek. “Dit is egter weer eens iets wat mense te lank uitstel. Ons dink altyd daar’s baie tyd oor. Dit het daartoe gelei dat minder as 10% van mense op dieselfde lewensvlak kan aftree. Ek is nog nie waar ek wil wees nie, maar my plan is om aggressief hiervoor in die finale jare te spaar – veral nadat daar in die kinders se opvoedingsplanne voorsien is.”

Op die oomblik maak hy gebruik van die belastingaftrekbare voordeel deur middel van bydraes tot sy pensioenfonds en aftree-annuïteit. Toe hy ’n paar jaar gelede van werk verander het, het hy die volle voordeel na ’n bewaringsfonds oorgeplaas. Aftreespaargeld sal jou beslis noop om die dienste van ’n CFP-deskundige te kry.

Jy sal jou 100%-inkomstevervangings- toekomstige waarde moet bereken en dan inflasie, beleggingsopbrengste en bevordering by die werk en lewensgebeurtenisse in rekening moet bring, en dit dan alles in ’n huidige waarde omskep om ’n huidige bydrae te bereken. Hierdie ingewikkelde berekening kan slegs deur bevoegde kundiges gedoen word, verduidelik Mwandaimbira.

Die beloning vir deursettingsvermoë

Finansiële kundiges is ook mense, met alledaagse probleme en het ook geld nodig om daardie probleme aan te pak. Hulle benadruk egter dat beleggers onverwagte afleidings moet omseil en moet deurdruk.

“’n Paar jaar gelede, net na die finansiële krisis, het ek en my man heelwat kredietkaartskuld aangegaan; ons het so pas van werk verander, en ons uitgawes was heelwat meer as ons inkomste. Ek het egter besef dat dit ’n korttermynsituasie was,” sê Du Plessis.

Toe hulle weer ’n stabiele inkomste begin verdien het, het hulle ’n plan beraam om binne ’n jaar van die kredietkaartskuld ontslae te raak. “Ons het met die minste klaargekom, het min geld bestee en het die meeste van ons inkomste gebruik om die kredietkaartskuld af te betaal. Die moeilikste deel was om ons uitgawes werklik te besnoei.

“Die moeilike deel is om nie die pad byster te raak terwyl die lewe om jou aangaan nie. Nou is my volgende droom om my droomhuis te bou. Sodra een doelwit bereik is, moet jy die volgende doelwit stel.”

Dit het nie luukses soos uiteet, pragtige klere of vakansies ingesluit nie, maar ons geweet het dit was net vir die kort termyn. Nou gebruik ek ’n kredietkaart slegs vir daaglikse uitgawes en betaal dit elke maand volkome af.” Nadat Magosha en haar man hul eerste eiendom afbetaal het, sê sy die moeilikste ding vir hulle was om die versoeking te weerstaan om enige bykomende geld (verhogings en bonusse) uit te gee op ’n oordadige leefstyl en deur duur motors (waarvan sy hou) te koop.

Dissipline moet egter seëvier. Die laaste groot finansiële doelwit wat Mwandaimbira bereik het, was om ’n 20-jaar-verband in elf jaar af te betaal. Hy wou dit eintlik in agt jaar doen, “maar dis gedoen”.

“Die moeilike deel is om nie die pad byster te raak terwyl die lewe om jou aangaan nie. Nou is my volgende droom om my droomhuis te bou. Sodra een doelwit bereik is, moet jy die volgende doelwit stel.” 

Wenke om slegte geldgewoontes te identifiseer en om onkundige foute te vermy

Barend van der Westhuizen, provinsiale hoofbestuurder by Absa Versekerings- en Finansiële Adviseurs, bied raad oor elementêre foute om te vermy wanneer jou finansiële welstand ter sprake is.

‘Ek sal later begin’ Die werklikheid is dat hoe later jy begin, hoe groter word die gat.

In reële terme bly jy dus in presies dieselfde posisie. Mense is nie bereid om opofferings te maak nie Indien jy nie genoeg besteebare geld het om al jou finansiële doelwitte te bereik nie, móét jy iets prysgee.

Jy kan nie ’n spoggerige motor bestuur en dan nie genoeg geld hê om die motor te verseker nie; jy moet nie elke week uiteet en dan nie in staat wees om R500 per maand opsy te sit vir jou kind se toekoms nie; en jy moet nie op ’n oorsese vakansie gaan as jy nog nie jou risiko- en aftreedoelwitte vasgestel het nie.

Dit sal nie met my gebeur nie Hoekom nie?

Die lewe is onvoorspelbaar en het geen waarborge nie.

Hoekom nie beplan vir wat jy weet nie?

Versigtigheid is die moeder van wysheid . . . Luister na advies om die braai is een van die grootste gevare . . . Om die braaivuur is almal altyd kundiges. Dikwels tree mense op na aanleiding van advies van vriende en familie, in plaas van om na hul professionele finansiële adviseur te luister.

Jy sal nie jou vriende en familielede om die braai toelaat om ’n hartoorplanting te doen of om jou motor te diens of jou huis te bou nie.

Hoekom volg ons dan hul advies wanneer ons finansies ter sprake is? Hy glo daar’s ’n paar redes waarom mense die advies van vriende en familie aanvaar:

i) Ons hoor net van die keer wat iets vir hulle gewerk het en nie van die talle ander kere wat hulle geld verloor het nie.

ii) Ons het nie genoeg gespaar nie en is dus desperaat om vinnig ekstra geld te maak in plaas van om die bewese en betroubare (langtermyn-) roete te volg.

iii) Finansies is emosioneel, maar ons moet nooit emosionele besluite neem nie.

iv) Ons het nie ’n duidelik omskrewe finansiële plan nie.

v) In sekere gevalle, is ons finansiële adviseurs nie bereid om van ons te verskil nie, te argumenteer oor wat die regte ding is om te doen en die langtermynuitwerking van ons korttermyn- (emosionele) besluite duidelik te stel nie.

Hulle is bang hulle verloor ons besigheid en volg dus ons opdragte. Dikwels lei dit tot ’n langtermynverlies vir die kliënt. 

Meer oor:  Finweek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.