Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Moenie vir dié foute betaal nie
6 Junie 2019

Wee Sasol*. Sy Lake Charles-uitstappie sou aanvanklik sowat $8,9 miljard gekos het, maar dit het bly styg, en vroeër vanjaar het Sasol gesê dit kan tot $11,8 miljard kos. Dit was absoluut en finaal die meeste wat dit sou kos, het die maatskappy gesê. Maar toe kom die jongste aankondiging, waarin Sasol nou erken dat dit tussen $12,6 miljard en $12,9 miljard sal kos. Dis ’n kosteoorskryding van amper 50% en is heeltemal gek.

Foto: Argief

Dis waar dat kosteoorskrydings deel van bouwerk is. As jy al ooit ’n huis gebou het (of selfs net aangebou of opknappingswerk gedoen het), sal jy van kosteoorskrydings weet. Trouens, wanneer boukoste bereken word, word daar gewoonlik presies hieroor tussen 10% en 15% bygetel – en dit lyk of dit altyd gebruik word. Maar 50%? Die probleem is dat toe die projek ontwikkel is, die langtermyn-voordele op die syfer van $8,9 miljard gegrond sou word; met dié dat nog $4 miljard bestee is, sal die winsgewendheid (kapitaalopbrengs) aansienlik minder wees.

Kan mens verder aanneem dat as die aanvanklike kosteberekening $12,9 miljard was, die projek nooit aangepak sou geword het nie?

Aandeelhouers dra die koste

Nou sit Sasol met ’n bate waarvoor hy veels te veel betaal het en wat veel kleiner opbrengs sal oplewer as wat verwag is. Die vraag is natuurlik of koppe sal rol. Maar maak dit ooit saak? Aandeelhouers dra die koste – en die wesenlik kleiner opbrengs – terwyl die bestuurders hul salarisse (dalk met kleiner bonusse) kry en met hul lewens kan voortgaan.

Hier is ook ’n groter kwessie waaroor ek al geskryf het: die begeerte om altyd te moet groei. Wat was fout met Sasol dat hy na ’n chemiekaliemaatskappy moes oorswaai, pleks van om net ’n olie-en-aardgasmaatskappy te wees? Dis waar dat veranderende dinamiek in sy kernmarkte dalk die langtermyn-winsgewendheid sou verklein het.

Maar let daarop dat die poging om die probleem op te los, die maatskappy nou reguit na kleiner langtermyn-winsgewendheid gelei het. Benewens Sasol is die JSE (en trouens alle wêreldmarkte) vol groot projekte en samesmelting-en-verkrygingsaktiwiteit.

Hulle is bedoel om wins te vergroot, maar dikwels is die teenoorgestelde waar. Die meeste navorsing oor groot projekte en samesmelting-en-verkrygingsaktiwiteit wys dat groot transaksies omtrent twee derdes van die tyd nie beloftes gestand doen nie.

Hulle is bedoel om wins te vergroot, maar dikwels is die teenoorgestelde waar. Die meeste navorsing oor groot projekte en samesmelting-en-verkrygingsaktiwiteit wys dat groot transaksies omtrent twee derdes van die tyd nie beloftes gestand doen nie.

Hoekom hou maatskappye dan aan om dit te probeer? Is dit omdat aandeelhouers voortgesette sterk groei vereis? Of word bestuurders verblind deur die idee om groter, beter, vinniger en ryker te wees? Wat is verkeerd daarmee om ’n bestendige maatskappy te wees wat skaflike groei (enkelsyfergroei wat inflasie klop) en stewige dividende bied?

'n Nuwe reël vir beleggingstrategie

Ek het ’n aantal aandele in my portefeulje wat sulke groot transaksies aangepak het, en elkeen van hulle het misluk. Daarom voeg ek nou ’n nuwe reël by my beleggingstrategie: Enige groot projek, samesmelting en verkryging sal veroorsaak dat ek die aandeel na die verkoopkant skuif.

Ek sal nie onmiddellik verkoop nie, want die mark raak gewoonlik opgewonde oor dié transaksies en laat die aandeelprys styg. Ek sal die ekstra wins neem. Maar wanneer die harde en skynbaar besliste werklikheid van mislukking begin om die aandeelprys te laat verswak, sal ek my geld vat en maak dat ek wegkom.

Dis waar dat Sasol sal oorleef en eendag weer wins sal maak. Die bestuurders sal ook nie gou weer enige groot projekte aanpak nie. Maar die skade word op lang termyn veroorsaak, en dis die aandeelhouers wat daarvoor betaal.

Ek sal nie meer vir dié flaters betaal nie. Ek sal dalk weer in so ’n aandeel belê, maar hulle sal my van die waarde moet oortuig – soos met enige ander aandeel wat ek koop.

Meer oor:  Finweek  |  Sasol  |  Aandele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.