Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Moet alle mynwerkers ingeënt word?
18 Februarie 2021

Suid-Afrika se mynbousektor meen dat dit tussen 2,5 miljoen en 3 miljoen mense teen Covid-19-infeksie kan inent. Met sy uitvoerige gesondheidsorggeriewe, digitale databasis en toegang tot mynbouverwante gemeenskappe is daar geen rede om te dink dat hy dit nie sal kan regkry nie. Die sektor is reeds geneig om die res van die land met Covid-19-bestuur te troef.

Volgens die Mineraleraad van Suid-Afrika is die toetskoers vir Covid-19 in die mynbousektor sowat 23% van werknemers – meer as die 19% wat wêreldwyd behaal word en die 13% in die algemeen in SA. Terwyl sowat 301 mense tot dusver in die sektor weens die siekte dood is, kan ’n mens op die laer verhouding van sterftes tot gevalle let: Besmette werkers word vinniger geïdentifiseer en die gesondheidsorggeriewe is beter, sê die raad.

Die komende inentingsprogram is egter vol komplikasies. Om miljoene mense doeltreffend in te ent, sal die mynbousektor eerstens die samewerking met vakbonde en die regering moet herhaal wat die terugkeer na werk ná die streng inperking in Maart verlede jaar gekenmerk het. Die kwessie van beroepsreg beïnvloed egter dié samewerking, spesifiek die kwessie van teëstand teen inenting.

Die prokureursfirma ENSafrica probeer bepaal hoe mynboumaatskappye ’n inentingsbeleid in die werksomgewing kan toepas terwyl die land – anders as ander regsgebiede – nie ’n wet spesifiek oor inentingstoepassing het nie. President Cyril Ramaphosa het op 1 Februarie in sy nasionale rede gesê inentings teen Covid-19-infeksie sal nie verpligtend wees nie. Die vraag is daarom of mynboumaatskappye hulle in die afwesigheid van spesifieke wetgewing op die wet op mynbougesondheid en -veiligheid kan verlaat.

“As die maatskappy kan aantoon dat dit deel van die werk is om ingeënt te word, is dit iets wat ’n maatskappy dalk sal kan verdedig.”

“Dis iets wat ons ondersoek, veral uit die oogpunt van werknemerregte,” sê James Wellsted, hoof van beleggersverhoudinge by Sibanye-Stillwater, een van die land se grootste werkgewers in die mynbousektor met sowat 40 000 werknemers. “Daar sal uiteindelik ’n opvoedingsproses moet wees,” sê hy. “Die regering moet ons ook help om inenting te demistifiseer.”

Dr. Thuthula Balfour, gesondheidshoof van die Mineraleraad van Suid-Afrika, se mening is die volgende: “Mynboumaatskappye moet ’n balans handhaaf tussen hul regte en die regte van individue. “Dis iets wat ons moet ondersteun as ons na ’n normale ekonomie wil terugkeer.” Naas die duisende werknemers wat ingeënt sal word – veral ná ’n suksesvolle, populêre opvoedingsprogram – kan daar ’n uitgesproke minderheid wees wat nie sal word nie.

Balindile Shezi, direkteur van ENSAfrica in die beroepsregafdeling

“Met al die bohaai oor die entstof en die voorkoms van sosiale media moet werkgewers die verspreiding van vals nuus oor die inenting verwag wat enige ‘hart-en-verstandveldtog’ oor die inentingsbeleid in die werksomgewing kan ondermyn,” sê ENSafrica-prokureurs. Onbillike diskriminasie sal na vore tree as ’n moontlike gevaar ingeval ’n mynboumaatskappy optree – herindiensstelling of selfs afdanking – teen ’n teëstander van inenting.

“As die maatskappy kan aantoon dat dit deel van die werk is om ingeënt te word, is dit iets wat ’n maatskappy dalk sal kan verdedig,” sê Balindile Shezi, direkteur van ENSafrica in die arbeidsregafdeling. “Indien nie, sal die maatskappy moet kan verdedig of die beleid (oor Covid-19-inenting) rasioneel was. Indien nie, sal ’n eis weens onbillike ontslag dalk ingedien kan word.”

“Dis werklik ’n balanseertoertjie,” sê Shezi. “Die oorkoepelende beginsel sal die algehele veiligheid van die onderneming wees en of die onderneming bedreig was.”

* Stuur 'n boodskap aan terugvoer@finweek.co.za

* Foto’s: Shutterstock I www.ensafrica.com

Meer oor:  Mynbou  |  Finweek  |  Inentingsplan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.