Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Momentum Resources Fund: Fonds vir hulpbron-beleggers
22 Oktober 2020

Langtermyn-groei word behaal deur belegging in ’n uitgesoekte groep JSE-genoteerde hulpbronmaatskappye.

Wat die fondsbestuurder sê:

Momentum Resources Fund is een van ’n handjievol effektetrusts wat daarop gemik is om soveel moontlik langtermyn-groei uit belegging in ’n uitgesoekte groep hulpbronmaatskappye te behaal.

Dié fonds, wat in Augustus 1987 begin is, streef daarna om op lang termyn beter te vaar as die FTSE/JSE se hulpbronindeks – ’n indeks van mynboumaatskappye op die plaaslike beurs.

Die fonds is riskanter as ’n algemene aandelefonds omdat dit gekonsentreerd is en net in een sektor van die mark belê. Die fonds se maatstaf het byvoorbeeld nie aan die wraak van die koronaviruspandemie ontkom nie en het in die eerste kwartaal van vanjaar met sowat 25% gekrimp toe die vraag na kommoditeite gekwyn het.

Die onthulling van die omvang van Sasol se finansiële ellendes, saam met die olieprysineenstorting van tot 60%, het sake nie makliker gemaak nie. Dis nie verbasend dat Norman MacKechnie, fondsbestuurder, sê Sasol was vanjaar een van die moeilikste belange om te bestuur nie.

Die fonds het teen Augustus verlede jaar 3,39% van Sasol besit en dit was toe een van sy tien grootste aandeelbelange. Hy het nou ’n ondergewig posisie in dié energie-en-chemikalieëmaatskappy. MacKechnie sê die fonds het ondanks die onderprestasie nie sy posisie in Sasol heeltemal laat vaar nie, want hulle sien “ ’n moontlike swak olie- en Sasol-aandeelprys, wat ons sal gebruik om ons Sasol-blootstelling te vergroot. Ons het vroeër weens balansstaatkommer die grootste deel van ons belang teen R250 of meer verkoop.”

Al het sake in die tweede kwartaal van vanjaar omgeswaai omdat die meeste hulpbronmaatskappye stygings in kommoditeitspryse beleef het, aangehelp deur die swakker rand en beleggers wat tydens die pandemie na goud as ’n veiligehawe- belegging gevlug het, is die onsekerheid van aansporingspakette op die fonds se risikoradar.

Die grootste uitdaging is om die grootte en uitwerking van vanjaar se aansporingspakkette te verstaan, sê MacKechnie. Hy is daaroor besorg dat die grootte van dié pakkette in verskeie ekonomieë oorweldigend is en groei in Amerika, die eurosone, Brittanje, Japan en China se ekonomie en groei op finansiële markte ondersteun. “Wanneer die omvang van finansiële ondersteuning afneem, sal daar waarskynlik ’n terugsakking op aandeel- en kommoditeitsmarkte wees, wat ’n toekomstige onsekerheid is.”

Oorgewig posisies in belange soos Pan African Resources het die fonds bevoordeel. Die goudmynmaatskappy het in sy resultate vir die jaar tot einde Junie ’n rekord- finale dividend verklaar en gesê dat hy skuld met 41,2% verminder het te midde van die hoë goudprys en beter as verwagte produksie-uitset.

Hoekom finweek dié fonds sal oorweeg:

Die fonds bied spesifieke blootstelling aan die hulpbronsektor, wat tans uitnemend presteer. Die fonds se belange bestaan uit maatskappye met aantreklike waardasies wat sterk langtermyn-groei kan bied.

* Stuur 'n boodskap aan terugvoer@finweek.co.za

Meer oor:  Finweek  |  Beleggings  |  Momentum Resources Fund
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.