Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Motor-vervaardigers vuur Duitse beleggings in SA aan
20 Februarie 2020

President Cyril Ramaphosa vertrou klaarblyklik dat Duitsland, Suid-Afrika se grootste handelsvennoot in Europa, tot handels- en beleggingsgeleenthede sal bydra ná gesprekke met Angela Merkel, die Duitse bondskanselier, tydens haar staatbesoek aan SA in Februarie.

Angela Merkel Die Duitse bondskanselier

Die gesprekke het veral gehandel oor die benutting van beleggingsgeleenthede wat die vierde nywerheidsrevolusie, asook samewerking op die gebied van hernubare energie en die verkryging van kritieke vaardighede, meebring.

Beloftes 

Ramaphosa het sy veldtog om buitelandse beleggings van $100 miljard oor vyf jaar te lok in 2018 van stapel gestuur en kort daarna beloftes vir meer as die helfte daarvan gehad.

UNCTAD se Investment Trends Monitor van Januarie, sê dat regstreekse buitelandse investering (FDI) in SA in 2018 stewig herstel het tot $5,3 miljard, teenoor $2 miljard in 2017.

FDI in 2019 was byna dieselfde as in 2018 met invloeie van net meer as $5 miljard. Die vooruitsigte op verdere FDI lyk egter minder rooskleurig. Dr Thabi Leoka, ’n onafhanklike ekonoom wat in Ramaphosa se ekonomiese adviespaneel dien, sê die huidige sosiopolitieke landskap in SA is nie bevorderlik vir beleggings nie.

Ramaphosa het sy veldtog om buitelandse beleggings van $100 miljard oor vyf jaar te lok in 2018 van stapel gestuur en kort daarna beloftes vir meer as die helfte daarvan gehad.

“Die huis is vuil binne, . . . ons moet eers daarop konsentreer om die huis op te ruim,” was haar woorde tydens Toyota SA Motors se beraad oor die stand van die motorbedryf (sien kassie).

Beleggingsveldtog 

Ramaphosa se beleggingsveldtog het nogtans byna R11 miljard van Duitse maatskappye gelok, grotendeels in die bedryfsektore vir motor- en gevorderde vervaardiging.

Sonder beleidsekerheid en aansporings van die regering deur die ontwikkelingsplan vir motorvoertuigvervaardiging is beleggings deur motorvervaardigers egter onmoontlik. Die drie Duitse vervaardigers – BMW, Mercedes-Benz en Volkswagen – het saam sedert 2018 R20,1 miljard in die land belê.

Ramaphosa se beleggingsveldtog het nogtans byna R11 miljard van Duitse maatskappye gelok, grotendeels in die bedryfsektore vir motor- en gevorderde vervaardiging.

“Die bestaan en groei van BMW in SA wys hoe lank die ekonomiese bande tussen ons lande reeds bestaan,” het Ramaphosa by ’n geleentheid gesê waar BMW R113 miljoen vir ’n skool bewillig het.

Die Reserwebank het bevestig FDI van R90,4 miljard het vanuit Duitsland ingevloei in 2018 (sien sektorgrafiek) en R55 miljard in die eerste drie kwartale van van 2019.

In 2017 was Duitse investering in SA vir €6,65 miljard verantwoordelik, het die Duitse ambassade in SA aan finweek gesê.

“SA is ’n belangrike mark en ligging vir Duitse maatskappye – van hoogs gespesialiseerde klein en middelslagondernemings tot die groter motormaatskappye,” het Martin Schäfer, die Duitse ambassadeur, per e-pos gesê. “Meer as 600 Duitse maatskappye is in SA werksaam en verskaf meer as 100 000 werksgeleenthede.”

Toyota verbind hom tot nog R4,28 miljard in SA

Toyota Suid-Afrika Motors (TSAM) het onlangs gesê hy gaan nog R4,28 miljard in die SA ekonomie belê, bykomend tot die meer as R12 miljard wat hy reeds oor die afgelope dekade belê het.

Dié jongste belegging sal nagenoeg 1 500 nuwe werksgeleenthede genereer en jaarliks nog R2,85 miljard tot die ekonomie toevoeg, het Andrew Kirby, uitvoerende hoof van TSAM, tydens die beraad oor die stand van die motorbedryf in Kyalami laat in Januarie gesê.

Die leeueaandeel – R2,43 miljard – is vir ’n nuwe passasiersmodel wat die produksielyn vir Corolla (nie Corolla Quest nie), wat in 2020 eindig, sal vervang.

Produksie van die nuwe voertuig sluit die variant Toyota Hybrid Synergy Drive in. Ander beleggings sluit onder meer R450 miljoen in om die plaaslike inhoud van die Hiace Ses’fikile te verhoog.

“Ons het dit gedoen om die prys vir plaaslike kopers te probeer beskerm,” het Kirby gesê.

“Ons voer baie in, wat ons aan die wisselkoers blootstel.As ons nie maniere vind om die inhoud meer plaaslik te verkry nie, sal ons kostes net verder klim. Die Hiace is vir ons strategies belangrike om die ekonomie aan die gang te hou. Die meeste pendelaars gebruik taxi’s.”





Meer oor:  Finweek  |  Motorvervaardigers  |  Beleggings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.