Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
MOTUS: Bul kan gaffel binne beerpatroon
22 Oktober 2020

Ná ’n uitgerekte sywaartse beweging, is Motus se aandeelprys besig om opwaartse potensiaal binne sy langtermyn-beertendens te herwin.

Soos baie van dié in sy portuurgroep, is Motus swaar getref deur ’n skerp daling in toerisme, insluitend ’n afname in die vraag na nuwe voertuie terwyl die land steeds ’n resessie beleef.

Vooruitsig:

Danksy die verkoop van vervangingsonderdele – waarvoor die maatskappy reeds ’n stewige vraag ervaar – het Motus beter as sy mededingers gevaar. In die geheel, maak die verkoop en verhuur van motors meer as twee-derdes van die groep se inkomste uit.

Op die grafiek:

Motus toets die weerstandsvlak van sy sywaartse patroon tussen 4 380c en 2 300c. As hy deur die vlak van 4 380c sou breek, kan dit ’n herstel binne sy huidige beertendens ontlok.

Gaan lank:

’n Beweging tot hoër as 4 380c kan die sewemaande- lange konsolidasiefase van ’n moontlike onder-na-bo-patroon beëindig – en kan derhalwe ’n koopsein ontlok. Die stygende fase sal naby die eerste weerstand by 5 500c begin. Lang posisies kan bokant dié vlak verhoog word aangesien Motus sy lopie verder kan voer tot 6 430c of tot die weerstandstendenslyn van sy beertendens. Posisies sal miskien omgekeer moet word nadat die tendenslyn getoets is aangesien Motus miskien nie daarin sal slaag om daardeur te breek nie. Andersins, bly lank.

Gaan kort:

Motus

Moenie lank gaan as Motus stewige weerstand by 4 380c ervaar en benede 3 430c omswaai nie. Afwaartse potensiaal tot 2 300c kan volg wat dus die sywaartse patroon selfs verder kan voer.

* Stuur 'n boodskap aan terugvoer@finweek.co.za

* Moxima Gama word beskou as een van die vyf voorste tegniese ontleders in Suid-Afrika. Sy is al 10 jaar lank ’n tegniese ontleder wat vir BJM, Noah Financial Innovation en Standard Bank gewerk het as deel van die navorsingspan in die tesourie-afdeling van CIB.

Meer oor:  Finweek  |  Aandele-Mening  |  Motus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.