Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Multichoice: Die stygkonsolidasie kan verkopers lok
4 Februarie 2021

MultiChoice het in Desember veranderinge aan sy bestuurspan aangekondig met die doel om sy posisie op die vasteland te versterk.

Nyiko Shiburi is as die nuwe uitvoerende hoof van MultiChoice SA aangestel en vervang Mark Rayner, wat in September verlede jaar ná 14 jaar by die maatskappy bedank het.

Die aandeelprys het ondanks die aankondiging in ’n bestek tussen 14 560c en 12 705c gebly. Die groep sal binnekort twee volle jare op die JSE vier en hy het in dié tyd ooreenkomste met die stroomreuse Netflix en Amazon Prime Video gesluit.

Hy het ook ESPN na DStv teruggebring en het ’n nuwe stroomdiens genaamd Showmax Pro begin. Die Onafhanklike Kommunikasieowerheid van SA (Okosa), die uitsaai-en-telekommunikasiereguleerder, is egter nie tevrede met MultiChoice se vertikale integrasie nie. Verhore vind steeds plaas.

Op die grafieke:

MultiChoice het van sleutelsteun by 12 705c teruggespring en kan daarom verliese na 14 560c verhaal. Andersins kan hy ’n boonste draaipunt bereik – ’n negatiewe omswaaipatroon.

Kort posisie:

’n Verkoopsein sal onder 12 705c ontstaan en ’n daling na óf 11 725c óf 11 100c kan volg.

As die aandeelprys nie by 11 100c bly nie, kan die opwaartse gaping wat in Oktober verlede jaar gevorm het, na 10 425c sluit. Let daarop dat gapings altyd op ’n punt gesluit word.

Lang posisie:

Koop of vergroot lang posisies bo 14 560c omdat ’n positiewe uitbreking uit die huidige konsolidasie bo dié vlak bevestig kan word. Die eerste teiken sal 16 415c wees, met die tweede by 17 395c.

* Stuur 'n boodskap aan terugvoer@finweek.co.za

* Moxima Gama is ’n onafhanklike aandelemarkontleder by The Money Hub.

Meer oor:  Finweek  |  Multichoice  |  Aandele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.