Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Mynbou: Waarde bo volume?
10 September 2021

Nick Holland, voormalige uitvoerende hoof van Gold Fields, is voor die aankondiging van sy aftrede in Augustus verlede jaar toegejuig omdat hy in nuwe goudproduksie belê het, veral toe die goudprys relatief laag was.

Die vestiging van ’n grondslag van sowat 2 miljoen onse goud per jaar vir tien jaar was ontwikkelings in die goudbedryf voor, veral omdat die sektor belegging in nuwe goudhulpbronne teruggehou het, het ontleders gesê. Gold Fields se aandeelprys het dit in ’n mate weerspieël; dit het met 43% gestyg, teenoor sy mededinger AngloGold Ashanti se styging van net 3,5% verlede jaar.

Vandag is dit egter nie genoeg nie. Chris Griffith, uitvoerende hoof van Gold Fields, is gretig om te keer dat die maatskappy se produksie van ’n hoogtepunt van 2,7 miljoen onse in 2024 afneem. Hy hoop om dit deur ’n kombinasie van verkrygings en organiese groei te doen. Die planne is in dié stadium strategies.

Terwyl Griffith graag praat oor die najaag van “waarde bo volume” – ’n algemene mynboubeginsel – kan sy belangstelling in die vermyding van ’n produksieafname van histories hoë vlakke by Gold Fields klink of dit is om die skyn te bewaar.

Terwyl Griffith graag praat oor die najaag van “waarde bo volume” – ’n algemene mynboubeginsel – kan sy belangstelling in die vermyding van ’n produksieafname van histories hoë vlakke by Gold Fields klink of dit is om die skyn te bewaar.

Griffith sê die geheim vir ’n aandeelpryspremie is eerstens om hoëgehalte-bates, bestuursgeloofwaardigheid en hoëgehalte-bateliggings te hê. (Griffith sê al verteenwoordig die maatskappy se SA myn South Deep net 10% van die produksie, is dit geneig om ’n diskonto te veroorsaak.) Verder lyk dit egter of grootte saak maak, sê hy.

“Daar is ’n mate van korrelasie met grootte mits die ander dinge reg is,” het Griffith in ’n onderhoud met finweek gesê kort ná die bekendmaking van die groep se tussentydse resultate.

“As jy net grootte het, maar ander uitdagings beleef, vorder jy eenvoudig nie met beleggingsontleders se gradering van die aandeel nie,” sê hy. “Met die jurisdiksies wat ons het en waar ons groei en met die waarde van 2,7 miljoen onse wat ons geskep het … om dit te te laat wegsyfer voel nie na die regte langtermyn-oplossing nie.”

Wat egter nie beplan word nie, is die oorname van maatskappye. Dus lyk dit of dit ’n bod uitsluit vir die ander helfte van die Ghana-bates, wat in ’n gesamentlike onderneming met Toronto-genoteerde Asanko Goldgehou word. “Ons is goed daarmee om bates eerder as maatskappye te koop,” sê hy.

Gold Fields se Australiese myne sal 20 jaar lank bedryf word, al het hulle ’n leeftyd van minder as tien jaar gehad toe hulle gekoop is. Griffith is in wese ambisieus en daarom is dit nie verbasend dat hy Gold Fields se hoogwatermerk van 2,7 miljoen onse wil volhou nie.

Chris Griffith, Gold Fields se uitvoerende hoof

Die mark het vanweë sy voormalige rol as uitvoerende hoof van Anglo American Platinum ook bespiegel dat hy Gold Fields na metaaldiversifisering sou stuur. Dit word nie nou beplan nie. “Tans konsentreer ons nie op ander kommoditeite nie. Dit beteken nie ons sal nooit nie, maar dis nie wat die mark of aandeelhouers wil hê nie,” het hy in reaksie op ’n ontledersvraag gesê.

Dis ’n interessante manier om die strategie te beskryf, want dit word gestel asof die mark op die kwessie van diversifisering gereageer het – dalk deur Griffith self. Ook hou Gold Fields South Deep, pleks van om dit te verkoop, soos bespiegel is. Die teorie is dat South Deep, wat in 2006 vir R22 miljard gekoop is, Holland se gunstelingprojek was en dat Griffith dit sou wou verkoop – deels om van SA as liggingmeulsteen ontslae te raak.

“Dit het al die kenmerke van ’n Gold Fields-bate,” het Griffith gesê. Dis ’n logiese gevolgtrekking: South Deep het die afgelope twee jaar geld gemaak en dis veiliger om die myn te hou as om die gevaar te loop dat iemand anders voordeel uit Gold Fields se werk van die afgelope 15 jaar sal trek. 

* Stuur 'n boodskap aan terugvoer@finweek.co.za

* Foto’s: Shutterstock | Getty/Gallo Images

Meer oor:  Gold Field  |  Finweek  |  Mynbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.