Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
’n Duur les in bestuur
7 November 2019
Sasol se hoofkantoor in Sandton, Johannesburg

Hoe lyk die skeidingsooreenkomste tussen Sasol en die span wat die Lake Charles Chemicals Project (LCCP) nalatig bestuur het?

Geen lid van die projekspan is van kriminele aktiwiteit beskuldig nie, en hulle sal vermoedelik na ander poste gaan, terwyl die gesamentlike uitvoerende hoofde wat toesig gehou het oor die korporatiewe ramp – Bongani Nqwababa en Stephen Cornell – albei die groep verlaat het. Dit is ’n stap wat die voorsitter van Sasol, Mandla Gantsho, as ’n dappere daad beskryf.

Lig in tonnel wás trein

Volgens Sasol se finansiële hoof, Paul Victor, is hulle aangestel om die soort ramp wat uiteindelik gebeur het, te voorkom. Sasol het ’n “ . . . groot kapitaalprojek ver van die huis af gehad”, het hy, tesame met Sasol se nuwe uitvoerende hoof, Fleetwood Grobler, gesê. “Ons moes sorg dat die belange van die Amerikaanse belanghebbendes opgepas word,” sê Victor, wat duidelik nie vir die struktuur verantwoordelik is nie, maar tog probeer om dit konteks te gee.

Uiteindelik het die ondenkbare gebeur, met LCCP wat ongeveer 50% meer kos as die oorspronklike prys van $8,9 miljard toe dit in 2014 beplan is. Dit is ’n hele bittersoet affêre, met Sasol wat die krisis vinnig en vlot gehanteer het (met Eskom die kontras), maar ondeursigtig.

Hy het tog die bestuurders as helde beskryf en goed betaal wat die finale verantwoordelikheid moes neem; of is dit die direksie? “Direksies stel uitvoerende hoofde aan; of dit nou alleen of gesamentlik is,” het Grobler gesê toe hy gevra is of hy ’n struktuur verkies waarin hy die enigste bestuurder van die Sasol-trein is. Gantsho was nie vandeesweek by die mediakonferensie teenwoordig nie.

Die onmiddellike taak is om skuldvlakke onder beheer te bring. Victor sê daar is geen gevaar dat die maatskappy ooreenkomste met geldleners sal verbreek nie, maar skuld sal styg voordat dit verbeter.

Hy het ’n video-boodskap gestuur met die mediaverklaring wat reeds vroeër die dag gepubliseer is. Hoe dit ook al sy, Grobler sal die opruiming begin wanneer hy voltyds in die pos begin met ’n besoek aan aandeelhouers wat vermoedelik meer sal hoor oor Sasol se planne, wat gedurende die laaste week van Oktober uiteengesit is, om meer aandag aan kleiner, hoëwaarde-projekte in sy tuisbasis te bestee.

Grobler is presies reg vir die taak: net een plaaslike, veilige paar hande. Sasol se bestaande besigheid lyk gesond, gedeeltelik danksy ’n ander uitvoerende hoof, die Kanadees David Constable.

Ten spyte van kritiek omdat hy in sy laaste jaar gedurende 2015 ’n betaling van R47 miljoen gekry het, het Constable Sasol nietemin gemoderniseer. Hy het ook poste wat deur 55- tot 65-jariges gevul is, grootskaals verminder. Die onmiddellike taak is om skuldvlakke onder beheer te bring. Victor sê daar is geen gevaar dat die maatskappy ooreenkomste met geldleners sal verbreek nie, maar skuld sal styg voordat dit verbeter. Uiteindelik sal aandeelhouers wil sien of die tussentydse dividend hervat word.

Skuldhantering

Adrian Hammond, ontleder van Standard Bank Group Securities, meen die hervatting van dividende vanjaar en selfs volgende jaar is onwaarskynlik teen huidige lokopryse.

En met die bestuur van die balansstaat sal verdere skuld slegs die ooreenkomste in gevaar stel. Die waarskynlikste, sê hy, is die verkoop van nie-kernbates, insluitende Sasol se ou Lake Charles-kraker, die Suid-Afrikaanse ammoniakbesigheid en die Kanadese skaliebates, eerder as die verkoop van die Suid-Afrikaanse steenkoolbates.

’n Aandeelverhoging van 5% kan ook oorweeg word, terwyl aanvullende verskansing van die rand ook volgens hom nodig is. Toe hy gevra is om kommentaar te lewer oor bespiegelinge dat Sasol sy Suid-Afrikaanse steenkoolmyne met hul 37 miljoen ton per jaar wil verkoop, met die meeste myne wat steenkool per vervoerband na Sasol se steenkool-tot-vloeistofaanleg in Secunda stuur, het Victor gesê geen besluit is al geneem nie.

Hy het egter bygevoeg dat die maatskappy in steenkoolreserwes tot 2050 belê het en die groep met vloeistof teen kontantkoste van $35 per vat voorsien – een van die redes waarom hy die baie lae olieprys van 2014 kon weerstaan.

In ’n konteks van besuiniging en besparing is die verkoop van steenkoolmyne om die koste van koolstofvoetspore te beperk teenoor die sluiting van potensieel duur steenkoolverkoopsooreenkomste met potensiële kopers van die myne, dalk een van die makliker besluite wat Grobler moet maak.

* Stuur 'n boodskap aan terugvoer@finweek.co.za

Meer oor:  Finweek  |  Sasol
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.