Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
’n Huldeblyk aan cabernet
20 Junie 2019

Vanjaar is die honderdjarige herdenking van wynmaak by die bekroonde Alto Wine Estate.

Dié landgoed, wat in 1919 op ’n plaas by Stellenbosch gevestig is, is uitgesprei oor ’n hoog geleë deel van die Helderberg, waarvan sommige hange tot 500 meter bo seespieël is.

Die geskiedenis

Alto se kommersiële geskiedenis dateer van die vroeë 1920’s, toe dit een van die land se eerste wynuitvoerders was. Alto het hom ten doel gestel om slegs vol rooiwyne te maak – ’n sakebesluit wat 100 jaar later duidelik steeds lonend is.

Alto Rouge, die eerste produkaanbieding deur Manie Malan, die eerste wynmaker, is deur die jare goed in stand gehou.

Die versameling

Onder die uitstekende wyne in dié versameling is die Alto Rouge 2012-oesjaar – ’n gemaklike rooiversnit met die kultivars cabernet sauvignon, carbernet franc, shiraz, merlot en petit verdot.

Bertho van der Westhuizen, die landgoed se huidige wynmaker van die tweede generasie, sê cabernet (hul hoofkultivar) vaar so goed in die streek (wat die goue driehoek genoem word omdat dit ikoniese wyne opgelewer het) dat hulle en ander cabernet-produsente Stellenbosch Cabernet Collective gestig het. Ernie Els Wines en Kleine Zalze is van die lede.

“Stellenbosch Cabernet Collective is ’n interessante organisasie wat nou aan die gang begin kom,” sê Van der Westhuizen.

“Ons gaan baie op gehalte konsentreer, mekaar se wyne proe en by mekaar leer, en cabernet werklik laat uittroon – en ons [Alto] is baie gelukkig om 93 hektaar te hê waarop ons cabernet van waarlik hoë gehalte kan aanplant en produseer.”

Top-klas 

Alto se diep en ryk cabernet sauvignon van 2015, een van Suid-Afrika se beste wynjare, is een van dié topaanbiedings deur die eeu-oue wynmakery.

Dit het die groot goue medalje op 2015 se Concours Mondial de Bruxelles verower en in 2016 nog ’n goue medale by die 26ste jaarlikse Veritas-toekennings gewen.

Dit is moeiteloos en smaaklik met ’n onmiskenbaar aangename boeket van sederthout. Die Alto M.P.H.S., nog ’n verruklike huldeblyk aan die landgoed se vorige wynmakers wat na Manie (1919-1959), Piet (1959-1983), Hempies (1983-2000) en Schalk (2000-2015) genoem is, is ’n getuienis van die hoëgehalte-cabernet.

Alto se diep en ryk cabernet sauvignon van 2015, een van Suid-Afrika se beste wynjare, is een van dié topaanbiedings deur die eeu-oue wynmakery.

Dis geen wonder dat ryp kase aanbeveel word as een van die dinge om saam met dié beleë wyn te eet nie – wat ’n perfekte balans van cabernet sauvignon en franc bied.

Alto Rouge se 2012-rooiversnit word tans vir R1 555 verkoop (dis ’n beperkte bottel van drie liter), terwyl die Cabernet Sauvignon 2015 R250 per (standaard-) bottel kos, en die M.P.H.S. ’n verdienstelike R1 025 (ook vir ’n standaardbottel).

Meer oor:  Finweek  |  Wynbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.