Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
’n Radikale oplossing vir grondbesit
13 September 2018

Wat sou jy sê as ek jou die volgende drie uitkomstes kon bied:

1) ’n toename in staatsinkomste tot die mate dat ’n basiese inkomstetoelaag (Big) bekostig kan word;

2) ’n Aansienlike afname in inkomste-ongelykheid;

en 3) ’n volhoubare oplossing vir die grondkrisis. En dit alles met slegs een beleidsingryping. Fantasties, sal jy sê, maar naïef en, om die waarheid te sê, absurd. Daar is geen beleid wat ons van weet wat dié reuse sosiale uitdagings opeens kan takel nie.

Ek sou byvoeg dat dié beleid dit veel makliker sou maak om infrastruktuur te skep, van verwaarloosde geboue ontslae te raak, die BBP per capita aansienlik te verhoog, en maatskaplike samehorigheid te bevorder.

Moenie jou laf hou nie, sal jy antwoord. Om dit te vermag, sou ek verder byvoeg, sal ons twee goed moet doen wat lyk asof dit lynreg met mekaar bots. Ons moet markte uitbrei.

Erik Posner, professor in regte, Universiteit van Chicago

Verstandig vir die eerste keer, knik jy dalk jou kop. O, en ons moet private eiendom afskaf. Dit is kortliks, die voorstel van twee ekonome, Erik Posner en Glen Weyl, in hulle nuwe boek, Radical Markets. Kenneth Rogoff noem dit “dalk die mees ambisieuse poging om demokrasie en die markte te herdink sedert Milton Friedman”.

Hulle idees het enorme implikasies vir demokrasie en immigrasie, maar ek sal fokus op hul eerste en waarskynlik relevantste hoofstuk vir Suid-Afrika tans: eiendom.

Hulle stel ’n algemene-eiendomsbesit- selfaangeslaande-belasting (Cost) op rykdom voor. Eiendom, voer hulle aan (soos talle ekonome voor hulle), is onvermydelik monopolisties, en monopolieë skep ondoeltreffendhede in die mark. Cost het ten doel om dié toewysings- en beleggingsondoeltreffendhede te verwyder deur ’n regstreekse veiling vir elke bate in die gemeenskap in te stel. Hoe werk dit? Kom ons neem Khulekani as voorbeeld. Hy wil ’n nuwe huis koop.

Glen Weyl, hoofnavorser by Microsoft Research

Hy gaan na ’n webwerf toe (kom ons noem dit UmhlabaWethu.co.za) en maak ’n kaart oop wat hom elke eiendom in Suid-Afrika laat sien, gewaardeer deur die eienaar van die eiendom. Hy kan enige eiendom koop deur net op die eiendom te klik, teen die prys wat die eienaar vra. Die reg om uit te sluit, ’n belangrike deel van private eiendomsbesit, word geskrap in die nuwe stelsel.

Elke eiendom wat deur ’n maatskappy of individu (of die regering) besit word, moet gewaardeer en gelys word. Wat verhinder eienaars om uitermate hoë waardasies te doen? Belasting.

In dié stelsel betaal elke eienaar ’n jaarlikse belasting op die selfbepaalde waarde van sy eiendom, en laat vaar daarmee regsgebruik, die tweede hoofeienskap van private eiendomsbesit. Die outeurs verduidelik: “In die algemene beeld van private eiendom, kom alle voordele van die gebruik daarvan die eienaar toe.

“ ’n Wêreld waarin almal voordeel trek uit die voorspoed van ander, sal waarskynlik hoër sosiale vertroue aanwakker, ’n faktor wat noodsaaklik is vir die bedryf van die markekonomie.”

Kragtens ’n Cost word ’n gedeelte van die gebruikswaarde openbaar en oorgedra aan die publiek deur die belasting; hoe hoër die belasting, hoe hoër die gedeelte van gebruikswaarde wat oorgedra word.” Daarom sal alle eiendom in ’n permanente veiling wees, waar die eienaar die prys bepaal (maar vir dié prys in belasting betaal).

Gestel ’n private belegger wil ’n hoëspoed-enkelspoor in Kaapstad bou. In dié stadium sal dit amper onmoontlik wees, omdat die eienaars van eiendomme op die voorgestelde roete hul eiendom sal terughou om ’n hoër prys te kry, met die wete dat hulle monopolistiese onderhandelingsmag het.

’n Cost sal ’n belegger in staat stel om al die eiendomme aanlyn teen die gelyste prys te koop, hulle te kombineer en die enkelspoor te begin bou. (Hy moet natuurlik ook die eiendom waardeer en belasting betaal. As ’n ander belegger meen hy kan ’n winsgewender enkelspoor bou, mag hy slegs die oorsponklike belegger se gebruiksreg uitkoop).

Stel jou nou voor dat die eiendomsbelasting aan burgers teruggegee word as ’n Big. Volgens die outeurs se berekenings, kan elke Amerikaner jaarliks sowat $20 000 uit só 'n stelsel ontvang. Slegs die rykste 1% eiendomseienaars sal volgens hulle meer belasting betaal as wat hulle ontvang – dikwels sommer baie meer.

Johan Fourie is medeprofessor in ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch.

Dit verminder nie net ongelykheid nie (met 4 Gini-punte volgens hulle berekeninge), maar is ook ’n subsidie vir die armstes. In Suid-Afrika, sal Cost gekoppel aan ’n Big ver meer doen om armoede te verminder en ongelykheid te takel as ’n beleid soos onteiening. Onproduktiewe grond sal ’n regstreekse koste vir die hele gemeenskap wees; hoër eiendomswaardes beteken meer belasting en beteken dat meer aan almal verdeel kan word.

Soos die outeurs dit stel: “ ’n Wêreld waarin almal voordeel trek uit die voorspoed van ander, sal waarskynlik hoër sosiale vertroue aanwakker, ’n noodsaaklik faktor vir die werking van die markekonomie.” “Die verdeling van rykdom sal verder ooreenstem met die algemene siening oor geregtigheid. Rykdom word selde uitsluitlik geskep deur die optrede van die mense wat onder kapitalisme daarvoor betaal word. Hulle trek gewoonlik voordeel uit die hulp van vriende, kollegas, bure, onderwysers en baie ander mense wat nie ten volle vergoed word vir hulle bydraes nie.

’n Cost sal die verdeling van rykdom of die arbeid wat dit geskep het in verhouding beter verdeel.” Dié voorstel is radikaal en kan dalk gevolge hê wat ons nie op die oomblik kan voorsien nie. Dit is waarom die outeurs ’n stelselmatige toepassing van dié beleid voorstel. Dit is verstandig. Eksperimentering is nodig, moontlik aanvanklik met net een munisipaliteit.

Maar die radikale ekonomiese transformasie wat ’n Cost kan bewerkstellig is ’n les van hoe kreatiewe denke (en dalk ’n gewilligheid om ideologiese verskille opsy te skuif) kan help om oplossings te vind vir ’n probleem wat ons dink onoorkombaar is. 

* Stuur terugvoer@finweek.co.za

* Johan Fourie is medeprofessor in ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.