Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
’n Skerp oog vir waarde
9 Mei 2019

Fonds in fokus: Truffle SCI General Equity Fund

Wat sê die fondsbestuurder?

Truffle se SCI General Equity Fund is gemik op beleggers wat markblootstelling aan algemene aandele verlang, met die doel om met die verloop van tyd positiewe reële opbrengste te verdien.

Die fonds se primêre doelwit is om sy kapitaal te verhoog deur beleggings in aandele in alle sektore van die JSE. Die fonds se oorgewigposisies in baie van die goedkoper industriële en kommoditeitsgebaseerde randverskansings is lonend, wat beduidende beter prestasie lewer.

Die fonds se primêre doelwit is om sy kapitaal te verhoog deur beleggings in aandele in alle sektore van die JSE.

“Die fonds se oorgewigposisie in platinum in die besonder het goed gevaar nadat ’n goeie verbetering in die mandjieprys van die platinumgroepmetale (PGM’s) die afgelope jaar tot sterk verdienste gelei het,” sê die bestuurders van die fonds.

Risikobestuur en beperking van posisiegrootte in elke belegging en sektor is ook van kritieke belang om sy beleggers ’n volhoubare en betroubare beleggingsopbrengs te bied.

As boetiekbeleggingsbestuurder, sê die fonds hy komplementeer sy beleggingsbenadering met effektiewe implementering en mededingende gelde. “Ons bereken die intrinsieke waarde van maatskappye op grond van hul genormaliseerde grondbeginsels wat oor ’n sakesiklus bevestig moet word. Ons verwag ons beleggingsbesluite sal oor ’n tydperk van drie tot vyf jaar vrugte dra.”

As ’n aandeel onder die intrinsieke waarde bly en Truffle se mening oor die maatskappy wat die aandeel uitreik, nie verander nie, hou hulle die aandeel – selfs vir etlike jare.

As ’n aandeel onder die intrinsieke waarde bly en Truffle se mening oor die maatskappy wat die aandeel uitreik, nie verander nie, hou hulle die aandeel – selfs vir etlike jare.

Sasol is ’n goeie voorbeeld van so ’n aandeel, en die fonds hou hom sedert sy aanvang in Januarie 2011. Hulle verwag ’n styging in die aandeelprys wanneer Sasol se belegging in die Amerikaanse Lake Charles Chemical Project (LCCP), inskop en kontant begin genereer.

“Ons dink dat Sasol tot by sy intrinsieke waarde sal styg as die mark tekens sien van verbeterde opbgrengs en vrye kontantvloei-opbrengs” na voltooing van die LCCP.

Hoewel hy steeds aansienlik in hulpbronne belê, verminder hy sy posisie in hulpbronne soos Anglo en Northam, ná onlangse aandeelprysstygings. Beleggers wat nie skrik vir sulke onbestendigheid in korttermynekwiteitsmarkte nie in hul strewe na reële langtermynopbrengste is dus ideaal geskik vir dié fonds.

Hoekom finweek sou oorweeg om hom by te voeg:

Die boetiekbatebestuurder het ’n hoogs ervare beleggingspan, soos sy vyf senior fondsbestuurders met ’n mediaan-ervaring van meer as 20 jaar.

Die fonds het tot ’n geannualiseerde prestasie van 10,2% die afgelope jaar behaal, met ’n geskiedenis dat hy konsekwent beter as sy maatstaf presteer. Die fonds is, sedert aanvang in 2011, in die top dekatiel van sy kategorie. Truffel word deur die eienaar bestuur en belê sy eie bates saam met dié van sy kliënte.

Meer oor:  Finweek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.