Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
’n Teenstrydige tegniese aanwyser
22 Oktober 2020

Sentiment-aanwysers word selde deur tegniese ontleders gebruik omdat hulle in wese teenstrydig is. Om teenstrydig te wees, is nie altyd pret nie en jy sal heelwat weerstand kry.

Die waarde van teenstrydige aanwysers spruit uit die uiterstes waarna daar gesoek word – die menigte se gulsigheid en vrees is gewoonlik uitermatig by draaipunte. Die toestand van uitermatige optimisme is nie noodwendig ’n voorwaarde om ’n mark te verkoop nie, maar dit verhoog wel die waarskynlikheid dat ’n korttermynhoogtepunt naby is.

Dieselfde is van toepassing op laagtepunte. Daar is talle sentiment-aanwysers, maar ons sal net een dek. Die daaglikse sentiment-indeks (DSI) is in 1987 deur Jake Bernstein geskep om die menings van handelaars op alle aktiewe Amerikaanse termynmarkte in te win en later in die Europese en Oosterse markte. Die opname word daagliks gedoen, en die markte word bygewerk nadat die Amerikaanse mark elke dag sluit.

Die indeks strek tussen 0 en 100 met syfers bokant 80 wat uitermatige optimisme toon en dié benede 20 wat uitermatige pessimisme wys. Dikwels sal die syfers etlike weke bokant 80 in ’n sterk bultendens bly, maar sodra hulle in die hoë 90’s kom, stem dit gewoonlik met ’n paraboliese mark ooreen. Kom ons gebruik goud as voorbeeld.

Goud is een van die mees emosionele handelsinstrumente omdat dit van uiterste pessimisme tot uiterste optimisme beweeg en selde ’n middeweg volg. ’n Mens moet besef dat net omdat sentiment uitermatig is dit nie beteken dat die mark in die teenoorgestelde rigting gaan beweeg nie. Dis soos ’n waarskuwingsteken wat die toenemende waarskynlikheid aandui dat die mark óf gaan omswaai óf dat die wins gaan afneem.

’n Manier om die DSI te gebruik, is om ’n bewegende gemiddelde daarop toe te pas en as sentiment vir ’n sekere tydperk uitermatig gebly het, is die kans op ’n ommeswaai baie goed.

In die grafiek, wat deur @andrewThrasher op Twitter gepos is, gebruik hy ’n 21-daagse bewegende gemiddelde van die DSI op die Nasdaq en wanneer dit bokant 85 is, het die mark bykans altyd ’n hoogtepunt bereik. ¦ terugvoer@finweek.co.za Petri Redelinghuys is ’n handelaar en die stigter van Herenya Capital Advisors.

Wat is ’n sentiment-aanwyser?

’n Sentiment-aanwyser verwys na ’n grafiese of numeriese aanwyser wat saamgestel is om te toon hoe ’n groep oor die mark of die ekonomie voel.

’n Sentiment-aanwyser probeer om te kwantifiseer hoe huidige menings en posisies toekomstige optrede raak, volgens Investopedia se definisie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.