Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele-mening: Nampak
6 Junie 2019
Moxima Gama word beskou as een van die vyf voorste tegniese ontleders in Suid-Afrika. Sy is al 10 jaar lank ’n tegniese ontleder wat vir BJM, Noah Financial Innovation en Standard Bank gewerk het as deel van die navorsingspan in die tesourie-afdeling van CIB.

Nampak, wat vanjaar 50 jaar op die JSE gevier het, is Afrika se grootste gediversifiseerde verpakkingsvervaardiger.

Vooruitsig:

Nampak ervaar volgehoue afwaartse momentum. Weens die uitdagings wat in die res van Afrika ervaar word, het Nampak sy Nigeriese papierverpakkingseenheid verkoop as deel van ’n plan om sy portefeulje in te krimp en verdienstes ’n hupstoot te gee. Hy het egter sy aluminium- en blikverpakkingsprodukte en -dienste in Nigerië behou. Nampak se uitslae verskyn die laaste week van Mei, ná hierdie uitgawe van finweek persklaar gemaak is.

Op die grafiek:

Nampak toets tans laagtepunte van 1999 en kan opwaarts swaai as die steun sterk behoue word teen 965 sent per aandeel en die relatiewe sterkte- indeks (RSI) vir drie weke uit sy eie beertendens breek.

Gaan lank:

Beweging bo 1 260 sent per aandeel kan nuwe kopers lok, en opwaartse potensiaal na 1 790 sent kan volg. Aangesien dit ’n herstel binne sy beertendens sal wees, behoort ’n neutrale posisie te begin. ’n Positiewe uitbreking uit die beertendens sal slegs bo 2 070 sent bevestig word – met potensiële winste tot 2 920 sent per aandeel. Stygende onderste draaipunte op die RSI-grafiek (positiewe divergensie) kan ’n moontlike herstel weerspieël.

Gaan kort:

Bly weg van Nampak as afwaartse potensiaal onder 965 sent per aandeel voortduur. Die volgende ondersteuning is 630 sent per aandeel.

  • Stuur 'n boodskap na  terugvoer@finweek.co.za
  • Moxima Gama word beskou as een van die vyf voorste tegniese ontleders in Suid-Afrika. Sy is al 10 jaar lank ’n tegniese ontleder wat vir BJM, Noah Financial Innovation en Standard Bank gewerk het as deel van die navorsingspan in die tesourie-afdeling van CIB.
Meer oor:  Finweek  |  Aandele-Mening  |  Beleggings  |  Nampak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.