Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Aandele-mening: Netcare
9 Mei 2019
Moxima Gama word beskou as een van die vyf voorste tegniese ontleders in Suid-Afrika. Sy is al 10 jaar lank ’n tegniese ontleder wat vir BJM, Noah Financial Innovation en Standard Bank gewerk het as deel van die navorsingspan in die tesourie-afdeling van CIB.

Netcare is Suid-Afrika se tweedegrootste private hospitaalgroep. Sy aandeelprys het ná 2009 vinnig gestyg – by die deurbreking van elke weerstandstendenslyn het momentum toegeneem.

Beleggersentiment was in 2013 die optimistiese toe Suid-Afrikaanse én Britse bedrywighede in hul geldeenhede gegroei het. Vraag na bedgetalle en private gesondheidsorg het in Suid-Afrika toegeneem, en groeiprojekte in die Suid-Afrikaanse hospitaalafdeling het “sterk uitgebrei”.

Vooruitsigte: Netcare het in 2015 begin terugtrek toe marktoestande in Suid-Afrika en Brittanje druk op sy groeivermoë geplaas het. In die finansiële jaar tot September 2014 het Netcare ’n daling van 31% in die voljaar-wins ervaar. Verlede jaar het Netcare sy vertrek uit die Britse mark aangekondig. Netcare het sy winste in sy primêre bultendens van ’n hoogtepunt van 4 375 sent per aandeel geleidelik verloor tot huidige vlakke van 2 045 sent. Sy resultate vir die jaar tot 31 Maart verskyn op 13 Mei, nadat dié uitgawe van finweek verskyn het.

Wat die grafieke sê: Hy is op die randjie van die steuntendenslyn van ’n langtermynbultendens. Hy toon ’n regstelling in die vorm van ’n beerkanaal. Die omvang van sy verhandeling krimp nou namate hy bo sy steuntendenslyn hou en groot weerstand teen die beerkanaal se boonste helling ervaar – dit toon ’n uitbreking word in enige rigting verwag.

Gaan lank: As hy stewig bo sy steuntendenslyn hou, en die relatiewesterkte-indeks (RSI) van drie maande deur die boonste helling van sy simmetriese driehoek breek, behoort ’n beweging deur die boonste helling van die beerkanaal te volg.

’n Positiewe uitbreking sal bo 2 580 sent bevestig word. Hy sal dan vorige verliese deur 3 115 sent verhaal – tot 3 685 sent.

Gaan kort: Negatiewe uitbreking van die primêre bultendens sal onder 2 045 sent bevestig word. Die beerkanaal sal tot die steunvlak van 1 620 sent of die onderste helling strek. 

Meer oor:  Netcare  |  Finweek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.