Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Finweek
Nie alle aandeelhouers is gelyk nie
21 November 2019
Foto: Shutterstock

Een van die kernbeginsels om ’n aandeelhouer te wees, is dat elke aandeelhouer tydens ’n maatskappy se algemene jaarvergadering gelyk is. Jy kry een stem vir elke aandeel wat jy besit.

Ja, die groot aandeelhouers kry meer stemme, maar dis omdat hulle ’n groter ekonomiese belang het en omdat hul stemme regstreeks aan dié belang gekoppel word deur die getal aandele wat hulle besit. Dit is egter nie altyd die geval nie. Weens twee verskillende strukture word party aandeelhouers bevoordeel.

Die ou beheerstruktuur

Die eerste is deur middel van die struktuur van die beheermaatskappy wat Pick n Pay voorheen gehad het. In hierdie voorbeeld, is Pick n Pay destyds gehou deur die genoteerde Pick n Pay Group, maar ’n ander, afsonderlike entiteit, Pick n Pay Holdings, het net meer as 50% van Pick n Pay Group besit.

Dit het beteken dat Pick n Pay Group inderdaad beheer is deur die beheermaatskappy, waarvan die stigtersfamilie, die Ackermans, effektief net meer as 50% van die aandele besit het.

Dus het die Ackerman-familie effektiewe beheer van Pick n Pay gehad, al het hulle net meer as ’n kwart van Pick n Pay besit (deur die familie se aandelebesit van die helfte van die beheermaatskappy wat die helfte van die groep besit het).

Hierdie struktuur van die beheermaatskappy, wat dikwels ’n piramidestruktuur genoem word, is in 2016 beëindig en ’n nuwe struktuur is ingestel.

Hierdie struktuur van die beheermaatskappy, wat dikwels ’n piramidestruktuur genoem word, is in 2016 beëindig en ’n nuwe struktuur is ingestel.

Die nuwe struktuur

Die nuwe struktuur is ’n voorbeeld van die tweede manier hoe beheer sonder werklike beheer gehou word. Hier is die Ackerman-familie spesiale B-aandele toegeken wat geen ekonomiese belang inhou nie, maar wel stemreg bied. Die tweede metode is die algemeenste manier om stembeheer sonder enige ekonomiese beheer te hê.

Die nuwe struktuur is ’n voorbeeld van die tweede manier hoe beheer sonder werklike beheer gehou word.

In Amerika, maak Facebook sowel as Alphabet Inc., eienaar van Google, van hierdie struktuur gebruik om te verseker dat die stigters steeds beheer het, al besit hulle minder as 50% van die aandele ná notering.

Plaaslik, het Naspers* ook stemdraende A-aandele wat nie op die JSE genoteer is nie, maar wat die aandeelhouers wat hulle besit, beheer bied. In sommige gevalle, soos met Alphabet, word albei aandeelklasse verhandel, maar die meer stemdraende aandele het meer stemme.

Sê byvoorbeeld, 1 000 stemme per normale aandeel.

Beheer oor 'n maatskappy

Stigters sal dus hierdie aandele besit om beheer oor die maatskappy te behou. Gewoonlik veroorsaak hierdie beheerstrukture nie probleme nie, maar onlangs, tydens Shoprite** se algemene jaarvergadering het ’n krisis ontstaan toe gewone aandeelhouers vir Christo Wiese uit die direksie gestem het.

Ná die stemme getel is, het dit geblyk dat 61,2% van aandeelhouers teen Wiese gestem het, wat beteken dat hy nie meer ’n direkteur van die maatskappy was nie. Tog het Shoprite ook aandele met min ekonomiese waarde, maar hoë stemregte wat deur Wiese besit word.

Ek sou ’n wêreld wou sien waar een aandeel een stem verteenwoordig, sonder enige spesiale aandele wat gebruik kan word om gewone aandeelhouers te benadeel.

Jy sal onthou dat hy laat verlede jaar probeer het om die direksie sover te kry om die aandele vir meer as R3 miljard terug te koop, maar gelukkig is daar van dié idee afgesien. Dus, toe gewone aandeelhouers Wiese uit die direksie gestem het, het hy sy nie-ekonomiese aandele gebruik om in sy guns te stem en derhalwe het hy daarin geslaag om in die direksie aan te bly.

Toe, ’n dag later, het die leier-onafhanklike direkteur, professor Shirley Zinn, met onmiddellike inwerkingtreding, uit die direksie bedank. Ek weet natuurlik glad nie hoekom sy so vinnig uit die direksie bedank het nie.

Bedanking van professor Shirley Zinn

Die Sens-aankondiging oor haar bedanking het ook nie verdere lig op die saak gewerp nie, maar ek meen ’n mens kan jou moontlik die redes daarvoor indink. Kan dit wees dat toe Wiese sy aandele gebruik het om die wense van die gewone aandeelhouers omver te werp, Zinn dit as onhoudbaar beskou en bedank het? Met haar as die leier-onafhanklike direkteur, kan dit na my mening sin maak.

Per slot van rekening is Wiese ’n belangrike aandeelhouer in Shoprite, en hy kan aanvoer dat hy slegs sy regte beskerm het. Alles goed en wel. Maar uiteindelik sou ek ’n wêreld wou sien waar een aandeel, een stem verteenwoordig, sonder enige spesiale aandele wat gebruik kan word om gewone aandeelhouers te benadeel.

Stuur 'n boodskap na terugvoer@finweek.co.za

*finweek is ’n publikasie van Media24, ’n filiaal van Naspers.

**Die skrywer besit aandele in Shoprite.



Meer oor:  Aandeelhouers  |  Finweek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.